‘Dorpskoshuise nie weens ras uitgesluit’ – NWU

Die dorpskoshuise het standpunt ingeneem. (Foto verskaf)

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se dorpskoshuise is nie op grond van hul rassamestelling van die jaarlikse verwelkomingsgeselligheid op die Potchefstroom-kampus uitgesluit nie.

Só sê die NWU aan die hand van ʼn ondersoek na ʼn beweerde voorval van rasse-uitsluiting aan die universiteit. Die ondersoek het bevind die bewerings is ongegrond en dat daar bloot net kapasiteituitdagings was.

“Ons kon geen bewyse vind wat die bewerings [van rassisme] ondersteun nie,” sê Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit.

“Sou enige bewyse onder die aandag van die bestuur gebring word, sal die nodige prosesse wel ontvou.”

Die bevindinge van die ondersoek is grotendeels gemaak op grond van samesprekings met die studenteraad (SR), die betrokke koshuisouers en huiskomiteelede (HK).

ʼn Herrie het vroeër ontstaan nadat daar glo die aand voor die eerstejaars se verwelkomingsgeleentheid vir dorpskoshuise gesê is dat hulle nie divers genoeg is om die geleentheid in die amfiteater op die kampus by te woon nie. Daar is glo ook deur ʼn SR-lid gesê dat dit “te wit gaan lyk” wanneer hulle gevra gaan word om op te staan.

Die dorpskoshuise se HK-lede is toe aangesê dat inwoners van dié koshuise na ʼn virtuele uitsending van die geleentheid moet kyk.

Volgens Jacobs is van die dorpskoshuise en buitestudente sitplekke by lokale toegeken waar die eerstejaarverwelkoming regstreeks uitgesaai is. Dit is gedoen weens die beperkte kapasiteit van die amfiteater.

“Die kapasiteit van die beskikbare lokale vir universiteitsgeleenthede, insluitend die eerstejaarverwelkoming, speel ʼn sleutelrol in die bepaling van die aantal toegekende sitplekke. Dit word gedoen in ooreenstemming met wetgewing en reëls, insluitend die Beroepsgesondheid- en Veiligheidstandaarde,” sê hy.

“Dit is jammer en betreurenswaardig dat die betrokke koshuise van die hoofgeleentheid uitgesluit gevoel het.”

Die universiteit se bestuur het gesê hulle neem kennis van belanghebbendes se teleurstelling oor die saak. Die bestuur het ook onderneem om ʼn “inklusiewe proses daar te stel wat sal verseker dat alle studente op en van die kampus ten volle deelneem en ingesluit voel by alle gebeure en aktiwiteite van die universiteit”.

“Ons herhaal ons verbintenis tot diversiteit en inklusiwiteit en sal geen optrede duld wat strydig is met hierdie fundamentele beginsels nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Laksman ·

Self nou geleer dat “nie divers genoeg” eintlik beteken……te veel. (dalk te veel van die “verkeerde” pigment) ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Iemand se neus het met ‘n paar sentimeters gegroei.

Naas ·

Indien dit waar is dat vir die dorpskoshuis gesê is dat hulle nie divers genoeg is nie en te wit gaan lyk as hulle opstaan, is die sogenaamde uitslag van die ondersoek mos blote twak. Wat die woorvoerder eintlik sê is dat die dorpskoshuis se verteenwoordigers gelieg het oor wat vir hulle gesê is.

Johann ·

Ja shure Jacobs. Die NWU glo sy eie ondersoek? Kamptig 2023 plek issues wat beteken sekere studente word sumier uitgesluit? Wat van vorige jare? Cover up!

Tewis ·

En die maan is van kaas gemaak!!!!
En dié geleerdus wil hê ons moet dit vir soetkoek op eet!!! HA HA HA BLERIE HEL.

John ·

En ons het almal geweet hulle gaan net die waarheid praat. Hulle sal mos dadelik erken as hulle so iets rasisties gesê het. Nou dat hulle, hulle eie ondersoek gedoen het, het hulle net die waarheid bevestig

Laksman ·

Die whatsapp boodskap is seker iewers beskikbaar…….laat ons sien wat dit se.

Magda ·

Regtig, lekker lag ek nou vir julle flou grappie. Dis tyd dat ons Afrikaans sprekendes ons eie skole asook universities oprig,

Republikein in die Wes Kaap ·

Begin eerder werk aan ‘n selfstandige, onafhanklike land of twee.

Francois ·

Dit is reeds die probleem – Puk is 150 jaar gelede deur Afrikaanssprekendes gestig. Met die nuwe regering moes daar samesmelting van universiteite kom. So het die destydse PU vir CHO drie kampusse gekry – Mafikeng, wat net engels sou wees, Vanderbijlpark wat Afrikaans en Engels sou wees, met hoofsaaklik engelse na-uurse klasse agv die engelse werkende persone in die omgewing, en dan was die reëling dat Potchefstroom kampus Afrikaans sou wees. Die NWU institusionele taal sou engels wees. So sou meertaligheid geakkommodeer word. Maar die oomblik toe dit geimplimenteer word, word Puk of Potchefstroom kampus, gekaap (of vir engelse – ge-hijack) en nou moet alles wat goed gewerk het, mos verander word. Al word nog suksesvolle Afrikaanse onderrig fasiliteite tot stand gebring, sal dit ook gekaap word om die te akkommodeer wat nie fasiliteite vir ander erkende tale tot stand kan bring nie.

Fran ·

Hierdie ‘woordvoerders’ van die verskillende universiteite is almal liegbekke. Maar laat daar nou ‘n wit student sy of haar gesig swart maak vir pret dan word hulle geskors! Tweegesig jakkals!

Estelle ·

Ai, jitte, en al die vorige jare was daar genoeg plek? Wat het van al die spasie dan geword? Het julle nuut aangebou of wat? Ons is mos gister gebore.

Johan ·

N SR Lid het dit dan gesê, hoe kan daar dan geen bewys wees nie. Waar is daardie persoon?

Elma ·

In die ou, ou jare, is verraaiers gehang. Dankie Louis Jacobs, vir die nonsens wat jy opdis. Al is dit waarskynlik onder dwang.

George ·

Dis presies soos die ANC wat die regering ondersoek, niks werd nie.

Alida ·

Is NWU se beplanning regtig soooo swak dat hulle nie ‘n plan kan maak om almal te akkomoodeer nie? By Tuks hou hulle bloot meer as een verwelkomingsessie in die (redelike klein) amfiteater om almal in te sluit. Dit is volgens jou van se alfabetletter – bv. A tot E is 9vm ; F tot J is 10:30 ens. Dis nie rocket science nie, NWU!

Marcello ·

Di is ‘n belaglike verskoning van kapasiteit. As die bestuur dan weet, daar kan net soveel studente die Universiteit bywoon, hoekom akkomodeer hulle dan so baie. So wat bestuur nou eintlik sê: Daar is nie genoeg fasiliteite vir die aantal studente nie. Misgis ek my, of word daar net ‘n sekere getal studente gekeur. Of het die nuwe bestuur nou besluit, die Univ. se kapasiteit moet maar uit sy nate bars??

Francois ·

Enige woordvoerder van n besigheid is veronderstel om te sê wat sy werkgewer vir hom voorskryf en om die werkgewer se saak te bevorder, waar of onwaar – anders gaan die persoon verseker nie meer baie lank daar werk nie.

Dis eienaardig dat die “voorheen Afrikaanse” universiteite, Puk (NWU Potch kampus alhoewel die stokou woord Puk ook nou mos verban is) en Maties, nou in die nuus is oor Afrikaans en Blanke aangeleenthede – gaan alles dan klopdisselboom by die ander universiteite?

My siening ·

Dis hoekom mense rassiste word want swartes sluit alle deure vir wit mense en daar is geen samewerking van swartes om n beter SA te bewerkstellig! Wit betaal swart kry dit verniet maar hulle wil nog hê! Cyrel leer dit vir hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.