Dors plunderaars teiken al meer as 200 drankwinkels

‘n Drankwinkel in Vosloorus wat gestroop is. (Skermgreep: Twitter)

Die skares plunderaars wat die afgelope paar dae honderde winkels gestroop en ʼn spoor van grootskaalse vernietiging in veral KwaZulu-Natal en Gauteng agtergelaat het, het oënskynlik ʼn groot lus na drank.

Die Suid-Afrikaanse Drankhandelsnaamvereniging (Salba) en die Nasionale Drankhandelaars (NLT) het Woensdag ʼn dringende beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om ʼn noodtoestand af te kondig om mense, gemeenskappe en sakeondernemings in die geraakte gebiede te beskerm.

Volgens die organisasies is meer as 200 drankwinkels die afgelope paar dae in die twee provinsies geplunder.

“Die massaplundering, bedreiging vir lewens en inkomstes en die verwoesting van eiendom het afmetings aangeneem wat die vinnige en doeltreffende ontplooiing van soldate benodig om sakelui te help” sê Kurt Moore, uitvoerende hoof van Salba.

“Talle van die klein  en mediumgrootte ondernemings kan nie hul werkers, ondernemings en inkomste self beskerm nie.”

Moore sê die drankwinkels word in die afwesigheid van soldate en polisiebeamptes spesifiek geteiken en gestroop. Miljoene rande se voorraad by pakhuise en kleinhandelaars in die twee provinsies is gesteel en winkels beskadig.

Nadat kleinhandelaars gestroop is, het die pakhuise van drankmaatskappye en verspreiders in stropers se visier beland en die primêre teiken van plundery en vandalisme geword.

Lucky Ntimane, sameroeper van die NLT, sê die bedryf glo talle van die aanvalle is “polities georkestreer” en gekoördineer deur georganiseerde misdaad wat net die onwettige drankbedryf baat.

“As die verwoesting ongebreideld voortduur, gaan die drankbedryf ʼn kantelpunt bereik van waar hy nie sal kan terugkeer nie en meer as 200 000 mense gaan hul werk kwyt wees.”

Die jongste verliese is nog ʼn spyker in die doodskis vir ʼn bedryf wat steier ná die vorige verbodsbepalings op die verkoop van drank. Meer as 233 000 werksverliese is in die weegskaal en belastingverliese beloop sowat R34,2 miljard. Die verlies in aksynsbelasting is in hierdie stadium R10,2 miljard.

Die bedryf doen ʼn beroep op die president om die nodige stappe te doen om die land te stabiliseer, hulpbronne te mobiliseer en wet en orde te herstel om verdere geweld, lewensverlies en ekonomiese verwoesting te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Keith ·

Industry can talk and plead with the authorities but it won’t help because El Presidente has got his headphones on and is listening to his ancestors advice instead.

Naomi ·

Cele waar is julle mense jul het mos geweet hul gaan dors word van die ge hardlopery hul soek iets om die yskaste,tv’s ens mee af te sluk wens die regering wil wakker skrik

Kokerboom ·

Dis NIE dors maar wetteloosheid en blatante boewery. Die Polisie was geweeg en te lig bevind.

H.A. ·

Dit is nie meer black friday waar alles goedkoper is nie, dit is nou black week waar alles 100% free is. Jy kry tot n paar polisiemanne om toe te sien dat alles flot verloop en nog weermag hulp ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.