Dosent doodgeskiet tydens oggenddraf

Prof. Saber Tayob Mohammed (Foto: Facebook)

ʼn Dosent aan die Universiteit van Limpopo (UL) is Sondagoggend doodgeskiet toe hy in Polokwane gaan draf het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die 51-jarige prof. Saber Tayob Mohammed het omstreeks 06:30 langs Munnikrylaan tussen die Sterpark- en Bendor-woonbuurt gaan draf.

“Volgens inligting het ʼn wit Volkswagen Polo verby Mohammed gery en daarna ʼn U-draai gemaak. Die voertuig het langs Mohammed stilgehou, waarna ʼn man uit die passasierskant van die motor geklim en verskeie skote op Mohammed afgevuur het,” sê Mojapelo.

“Die man het daarna terug in die motor gespring en die motor het weggejaag.”

Mohammed was ook ʼn geoktrooieerde rekenmeester in Polokwane.

Die polisie het ʼn soektog na die verdagtes begin en vra die publiek om die ondersoekbeampte, ao. Joseph Malebana by 072 492 9635 te bel met enige inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Ai dis nou ń tragedie, is mens regtig nêrens meer veilig in die land nie?

Henri

Dis weer ‘n tragedie van ons geliefde land. Die mees ontstellende video wat ek per ongeluk op FB gesien het. Koelbloedig en gewetenloos. Die skieter het defnitief al van te vore gemoor en is steeds op vrye voet. Skrikwekkend.

Lillian

Hierdie is ‘n siek wëreld waarin ons leef!

Kerrie

Mense vergeet hulle bly in Afrika . . . .

Diline

Innige meegevoel aan sy familie, SA het verander in Sodom en Gamora waar kriminele die land oorgeneem het. Hulle moor omdat hulle weet hulle kom weg daarmee! Die hopelose regering en veral USELESS CELE het geen begeerte om misdaad te hok te slaan nie