Dosent met mediese verlof ná Facebook-plasing

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

Die dosent aan die Universiteit van Kaapstad se ingenieursdepartement wat ʼn Facebook-plasing gemaak het waarin hy vroue aangeval het omdat hulle die bewoording “men are trash” gebruik het, is op mediese verlof geplaas.

ʼn Deel van die plasing het gelui: “Ek was nie daar toe jou gemors-ma jou gemors-pa aangetrek het nie. Vir sommige van julle loop die gemors-aantrekkings in die familie. Leer jou geskiedenis en kyk of dit nie in jou bloed is om gemors aan te trek nie.”

Mamokgethi Phakeng, visekanselier van die universiteit, het gesê die bestuur het ʼn besluit geneem om die dosent nie af te dank nie, maar op mediese verlof te plaas.

Phakeng het in ʼn brief wat aan studente en personeel gestuur is, gesê ná die voorskorsingverhoor en die voorleggings wat gemaak is, het die bestuur al die inligting wat ontvang is, oorweeg.

“Ons het die besluit geneem om wel dringend met die voorlopige ondersoek na die saak voort te gaan. Ons het ook die besluit geneem om die personeellid nie te skors nie, maar op verpligte verlof om mediese redes te plaas. Ons het verder besluit dat die nodige ingrypings vir hom beskikbaar gemaak sal word om hom te ondersteun.”

Phakeng het gesê die universiteit wil aan die personeel, ouers en die studente die versekering gee dat hulle dringend optree ingevolge dié kwessie en die belangrikheid daarvan besef.

Phakeng het dit verder gestel dat die dosent ʼn reg het op ʼn regverdige “proses” en dat die universiteit sal verseker dat alle arbeidswetgewing stiptelik nagekom word.

Talle sosialemediagebruikers het Dinsdag die dosent se afdanking geëis ná die Facebook-plasing aan die lig gekom het.

Die dosent het glo onder meer gesê mense wat ander verkrag, ly aan depressie en toe hý depressief was, wou hy sy eie tweejarige kind leed aandoen en verkrag. “Ek het niks in haar gesien nie, geen liefde nie,” het die plasing glo gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jannie ·

Sal interressant wees om te weet wat die rasse-verdeling in hierdie scenario is – wie is wat! Tyd sal leer!!

Piet Pompies ·

Mediese verlof, slegs ‘n mediese gekwalifiseerde persoon kan mediese verlof toestaan….
Jaag die person weg, hy benadeel die Universiteit se beeld

Karolis ·

Geestelik versteurd of onstabiel val ook onder mediese verlof.

Nettie ·

In ‘n mate, het dié persoon reg: om alle mans as “gemors” af te maak, is onregverdig. Ek weet nie of dié dosent manlik of vroulik is nie (ek neem aan dit is eersgenoemde). Geeneen van ons sal daarvan hou om op grond van ons geslag as “gemors” uitgemaak te word nie.

Om egter te sê dat mense wat verkrag, aan depressie ly, is ‘n vergesogde, onjuiste begrip. Seksuele aanranding en/of verkragting is veel dikwels die produk van ‘n gemeenskap of samelewing wie se morele kompas rigting verloor het.

Om depressie te blameer vir verkragtings in die algemeen, gebaseer op sy/haar persoonlike ervaring is blatant ontkennend van die werklikheid. DÍT is werklikwaar ‘n uitspraak waarvoor hierdie persoon aanspreeklik gehou moet word. ‘n Mens moet versigtig wees om uitsprake soos dié op sosiale media te maak.

HESTER ·

Net die feit dat hy daaraan gedink het om sy kind skade aan te doen se vir my die man het n helse problee.

Piet ·

Mediese verlof ? Ek hoop sy kind is in veilige bewaring geplaas.

GM ·

Hopelik ondersoek hul die kindjie, want die man is heelduidelik onstabiel. Ek ken BAIE depressielyers, en nog nooit het enige van hulle, hul kinders verkrag nie. So om verkragting te probeer regverdig deur te sê die verkragter is depressief en daarom doen hy/sy wat hy/sy doen, is belaglik. Ek sou beslis my kind vir ‘n tydjie van die man af weggehou het as ek die kind se ma was, tot die man vir hulp gegaan het. Hoe vertrou mens ooit weer ‘n man na hy so iets kwytraak? Ek sou nie kon nie.

LouE ·

Die ou klink baie onstabiel en daarom is daar waarskynlik mediese verlof aan hom toegestaan. Hoekom word daar nie opgetree teen die persone wat skryf “men are trash” nie?

Lui ·

Sy uitsprake was verkeerd maar so ook was die ander party sin. Om ‘n hele geslag onder een kam te skeer is n lui persoon se manier van dink.

IK ·

Dankie aan van die voorgaande kommentare oor die moontlike diagnose vd persoon. In ‘n vorige berig het MM my kommentaar laat sneuwel omdat ek nie doekies omgedraai het en soetsappige woordjies gebruik het. Ek weet wat die toekoms gaan inhou indien daar toegelaat word om sy beroep voort te sit. Gee hom ander werk by die universiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.