Die dosent aan die Universiteit van Kaapstad se ingenieursdepartement wat ʼn Facebook-plasing gemaak het waarin hy vroue aangeval het omdat hulle die bewoording “men are trash” gebruik het, is op mediese verlof geplaas.
ʼn Deel van die plasing het gelui: “Ek was nie daar toe jou gemors-ma jou gemors-pa aangetrek het nie. Vir sommige van julle loop die gemors-aantrekkings in die familie. Leer jou geskiedenis en kyk of dit nie in jou bloed is om gemors aan te trek nie.”
Mamokgethi Phakeng, visekanselier van die universiteit, het gesê die bestuur het ʼn besluit geneem om die dosent nie af te dank nie, maar op mediese verlof te plaas.
Phakeng het in ʼn brief wat aan studente en personeel gestuur is, gesê ná die voorskorsingverhoor en die voorleggings wat gemaak is, het die bestuur al die inligting wat ontvang is, oorweeg.
“Ons het die besluit geneem om wel dringend met die voorlopige ondersoek na die saak voort te gaan. Ons het ook die besluit geneem om die personeellid nie te skors nie, maar op verpligte verlof om mediese redes te plaas. Ons het verder besluit dat die nodige ingrypings vir hom beskikbaar gemaak sal word om hom te ondersteun.”
Phakeng het gesê die universiteit wil aan die personeel, ouers en die studente die versekering gee dat hulle dringend optree ingevolge dié kwessie en die belangrikheid daarvan besef.
Phakeng het dit verder gestel dat die dosent ʼn reg het op ʼn regverdige “proses” en dat die universiteit sal verseker dat alle arbeidswetgewing stiptelik nagekom word.
Talle sosialemediagebruikers het Dinsdag die dosent se afdanking geëis ná die Facebook-plasing aan die lig gekom het.
Die dosent het glo onder meer gesê mense wat ander verkrag, ly aan depressie en toe hý depressief was, wou hy sy eie tweejarige kind leed aandoen en verkrag. “Ek het niks in haar gesien nie, geen liefde nie,” het die plasing glo gelui.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Sal interressant wees om te weet wat die rasse-verdeling in hierdie scenario is – wie is wat! Tyd sal leer!!
Hoekom word die dosent se naam nie geplaas nie?
Mediese verlof, slegs ‘n mediese gekwalifiseerde persoon kan mediese verlof toestaan….
Jaag die person weg, hy benadeel die Universiteit se beeld
In ‘n mate, het dié persoon reg: om alle mans as “gemors” af te maak, is onregverdig. Ek weet nie of dié dosent manlik of vroulik is nie (ek neem aan dit is eersgenoemde). Geeneen van ons sal daarvan hou om op grond van ons geslag as “gemors” uitgemaak te word nie. Om egter te sê dat mense wat verkrag, aan depressie ly, is ‘n vergesogde, onjuiste begrip. Seksuele aanranding en/of verkragting is veel dikwels die produk van ‘n gemeenskap of samelewing wie se morele kompas rigting verloor het. Om depressie te blameer vir verkragtings in die algemeen, gebaseer op… Lees meer »
Net die feit dat hy daaraan gedink het om sy kind skade aan te doen se vir my die man het n helse problee.