Dossier word saamgestel oor Birdeiland-bewerings

Chris Steyn en Mark Minnie

ʼn Dossier word saamgestel na aanleiding van inligting wat een van die skrywers van Die seuns van Bird Island-boek ná die publikasie van dié omstrede boek ontvang het.

Die uitgewer, Tafelberg Uitgewers, het Dinsdag ʼn verklaring namens Chris Steyn uitgereik.

Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, en Mark Minnie, ʼn oudspeurder, beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Skaars twee weke ná die boek se bekendstelling is Minnie dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hy is met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom gevind. ʼn Selfmoordbrief is op die toneel gevind.

“Dit was Minnie se laaste wens dat slagoffers en mense met meer inligting na vore sal kom en dat daar ’n behoorlike ondersoek sal wees,” sê Steyn in die verklaring. “Hy wou hê die stemme van die slagoffers moet gehoor word. Kom ons maak sy laaste wens waar. Enigiemand met inligting oor die seuns van Bird Island kan ’n e-pos aan ons stuur by [email protected].”

In Minnie se laaste brief sê hy dat hy moeg is en uitsien na ewige rus. Die res van die brief is aan sy familie gerig.

Aan Steyn het hy geskryf:
“Die jammerlike krete van die seuns van Bird Island spook die afgelope 31 jaar by my.
Uiteindelik is hulle storie bekend.
Chrissy, moenie nou opgee nie. Jy is amper daar.
Geen staatsamptenare wat jou hierdie keer verhinder om ondersoek in te stel nie.”

Steyn sê dit was Mark Minnie se laaste woorde aan haar. “Dit kom uit ’n brief wat kort voor sy dood geskryf is. Hy het dit sy ‘laaste skryfstuk’ genoem. Hier is my antwoord:
‘Mark
Ek sal aanhou.
Jy het dit geweet.
Ek wens net jy kon hier gewees het om saam met my deur al die nuwe leidrade te werk.
As jy net nog kon gelewe het om te sien watter inligting en ongelooflike bevestiging ons gekry het sedert die boek uitgegee is.
Jy sou uiteindelik ’n mate van vindikasie gevoel het.
Maar ek het goeie nuus, Mark. Daar is reeds genoeg om ’n nuwe dossier te begin saamstel. Wanneer ons gereed is, sal ons dit oorhandig vir verdere optrede. Dit is al wat jy ooit wou hê. ’n Behoorlike ondersoek.
Maar jy hoef jou nie meer daaroor te bekommer nie.
En niemand gaan hierdie dossier steel nie.
Chrissy.’”

Die boek vertel die verhaal van “visvanguitstappies” wat glo deur voormalige minister Magnus Malan, die welvarende sakeman Dave Allen (wat in die ouderdom van 37 sy eie lewe geneem het), en voormalige minister van omgewingsake John Wiley gereël is. Wiley het in die ouderdom van 60 ook sy eie lewe geneem, net weke nadat Allen dood aangetref is met ʼn soortgelyke skietwond aan sy kop.

Volgens die boek het Malan, Wiley, Allen en nog ʼn voormalige minister, wat steeds leef, jong seuns na Bird-eiland naby Port Elizabeth geneem waar die minderjariges na bewering verkrag en seksueel aangerand is.

Lees alle vorige berigte oor Die seuns van Bird Island op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kloekie ·

Wat!!!??!! Hulle moes behoorlik ondersoek het vóoór hul n boek uitgegee het. Baie min bewyse, baie min getuies.

Willem ·

Ek dag hy is vermoor en het die briewe onder baie druk geskryf? Per die media het selfs Jacques Pauw geglo dat dit moontlik was. Dit was toe wyd berig.

Antoinette ·

Jo kan nie glo die ou het toe selfmoord gepleeg nie, die brief is darem getik. Weet nie so mooi van hierdie een.

Willem ·

Soos wat hy normaalweg op sy skootrekenaar met sy skrywes gedoen het.

willie ·

Ek wil graag glo die boek is ñ storieboek, maar ongelukkig het die NP te veel vir die naiewe mense gelieg in daardie tyd! Ook is hier te veel toevalligheid ter sprake wat jou twee laat dink! Kom ons hoop die waarheid sal hoogty vier!

Thinus Oosthuizen ·

Julle moet verseker en julle kan dit nie eers verseker met die hawe registers dat slegs daardie persone op die eiland was en die Emily Hobhouse EN Maria van Riebeeck, spes magte ingebring en lede van die BSB. Ek gaan hulle gatte skop. Van wanneer af is hierdie regering gemagtig om kadawer verhore te hou? Dit is my voorreg? ?

Wonder ·

Nou sal ons sien of dit n sprokie is. Hoe gaan hulle die gestorwenes aankla wonder ek.
Gaan hulle die nageslagte aankla?
Die nageslagte gaan onnodige groot skade ly en ek hoop die skryfster besef dat sy dalk nog in die hof daaroor gaan beland
Daar word net aan die oomblik gedink en nie aan die toekoms nie kom ek agter.

marous ·

Waarom word die enigste lewende se naam weerhou op regsadvies ? Antwoord dit eerste me steyn!

Daan Erasmus ·

Jy vra die vraag en antwoord dit sommer ook. En dan weet jy steeds nie wat die antwoord is nie. Dit is op regsadvies.
Dit is op regsadvies.

Willem ·

Marous, omdat dit nog nie bewys is nie, ook is dit onbewese beweringe wat in die boek gemaak is. Nou soek dit naarstelik na die tyd mense wat met bewyse na vore kan kom.

JoeV ·

Die hele ding klink meer soos ‘n smeer veldtog. Daar was beslig homoseksuele vergrype in die weermag, maar van die range wat hulle van praat glo ek bitter min aan,
Indien die manne daar by bird island misbruik was, is daar baie bewyse! En dit sou a uitgekom het.

Dereck Le Roux. ·

Die einste Tafelberg Uitgewers en die skrywers van die boek is so vrek bang vir die regsgevolge van die “blywende lewende persoon” dat hulle nie sy naam bekend wil maak nie en ook nie hulle bronne nie, sover is alles gedoen op hoorse sonder enige feite of waarheid, sou daar dan genoeg “getuienis” wees, gaan hulle die oorledenes verhoor in postuum en die “oorlewende persoon” in absentia????

Infanteris ·

Waarskynlik ‘n geregtelike ondersoek aangevoer deur ‘n mak regter aanstel, en bevind dat daar ‘n oorwig van waarskynlikheid is dat die bewerings waar is. Dan gaan almal glo dit is die waarheid. Hierdie Bell Pottinger-tipe oefening het egter ontspoor. Lyk of almal nou aanvaar Minnie het homself uitgehaal. Eergister nog het almal geglo daar was gemene spel deur BSB’s in hul looprame. Die een-wie-se-naam-nie-genoem-word-nie moet Steyn, Thamm en die poppie by Tafelberg in hul persoonlike hoedanighede vir kriminele laster aankla, nie siviel nie. Naspers se sakke is diep, so hulle lag vir enige bedrag waarmee die verontregte kan opkom. Strafregtelike vervolging is ‘n ander storie. Dit laat hierdie narre met kriminele rekords.

White Rhino ·

Jip Tafelberg se naam is nou al klaar deur die modder gesmeer . Ek hoop hulle kom tot hulle sinne. Iemand het hulle van hulle sinne beroof – en hulle sal vinnig hulle sinne moet soek en kry of hulle gaan saam met Steyn die onderspit delf.
Hierdie sg boek is uit en uit op hoorse en die skryfster het nog nie besef dat sy groot skade aan baie mense bring nie – sy wil nie leer nie en is totaal buite haar diepte.

Jerry ·

Daar moes eers n dossier gewees het wat die bewerings kon staaf. Om nou n dossier saam te stel is soos mostert na die maal. Net soos dit n boek van bewerings is gaan dit n dossier van bewerings wees. Die doel om nou n dossier saam te stel gee regverdiging aan die boek en die bewerings en beskerm vir Steyn en die uitgewers, deurdat die ondersoek geen bewerings teen Malan gaan staaf nie en nooit afgehandel gaan word nie. Dit was en is steeds die modus operandi van die anc vanaf 1994 toe hulle kaders in die staatsdiens in top poste geintegreer het dat ondersoeke teen die hooggeplaasde anc staatsamptenare jare sloer en nooit afgehandel word nie. Intussen word hulle bevorder en gaan aan met hulle lewens asof niks ooit gebeur het nie, net om weer te kan oortree. Pluk Steyn se geraamtekas oop dan sal julle sien wie en wat val uit die kas uit, die anc/sakp en dit is waarmee Minnie nie meer kon saamleef nie. Teen die tyd dat meeste mense al van die ondersoek wat sloer vergeet het sal die klad op Malan se naam steeds kleef en daarom gaan dit belangrik wees dat die F.W. de Klerk stigting die ondersoek monitor en na n redelike tydperk daarop aandring dat die ondersoek as afgehandel beskou word en Malan se naam in ere herstel word en Steyn en die uitgewers vervolg word vir een van die GROOT LEUENS van ons tyd!

Lynette ·

Julle almal.wat nie glo dit.kan waar wees, is almal naïef! Julle glo seker almal ook dat Solly Osrovech en Bill Cosby nie skuldog was nie?? Bloot omdat die mans hoë range gehad het? En Afrikaners is?? Ek kan nie glo julle is so stiksiende nie.

Domvraag ·

Ja Lynette die verskil is net dat Solly, Zuma, Bill nog gelewe het toe hulle ontbloot is vir hul misdade. Die verskil hier is dat nog n lewende eks minister is glo betrokke maar word nie genoem op grond van regsadvies? Hoekom word sy naam weerhou want hy sal n lastersaak maak en dan sal hulle “bewyse” in n hof gestaaf moet word. Ek bevraagteken Steyn want was dit nie sy wat landuit is in 1985 toe sy in die hof moes ģetuig oor haar feite nie?

Lynette. ·

Infanteris. Sê my – hoe kla mens iemand aan van laster as jou naam nooit genoem is nie?

Liewe Heksie ·

Ek voel net Mark Minnie was lafhartig om selfmoord te gaan pleeg, hoekom nou na al die jare bring jy ‘n boek uit en sodra dit te warm raak, hardloop jy weg.

Nuuskierig ·

Weet jy hoe dit voel om moeg te wees vir die lewe ? Jy word gedreig daar word dinge van jou gesê wat nooit weer reg gemaak kan word in die lewe nie. Daar word vir jou gesê en gedreig mee dat jou familie seer gemaak kan word as jy nie self al deur so iets is bly liewers stil. Vir meer as 30 jaar swoeg en sweet meer as een persoon om die waarheid te onthul. Ek glo al het Minnie sy eie lewe geneem dat daar nou Justice sal wees want die ou regering en Ministers is nie meer die “High almighty” nie

Domvraag ·

Ja Lynette die verskil is net dat Solly, Zuma, Bill nog gelewe het toe hulle ontbloot is vir hul misdade. Die verskil hier is dat nog n lewende eks minister is glo betrokke maar word nie genoem op grond van regsadvies? Hoekom word sy naam weerhou want hy sal n lastersaak maak en dan sal hulle “bewyse” in n hof gestaaf moet word. Ek bevraagteken Steyn want was dit nie sy wat landuit is in 1985 toe sy in die hof moes ģetuig oor haar feite nie?

Elize Nicholas ·

Bespiegelinge, bespiegelinge!! Nie een van julle wat hier bo kommentaar lewer weet wat die waarheid is nie. Sover my kennis strek, is die ondersoek na Minnie se dood nog nie eers afgehandel nie en almal praat van sy selfmoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.