Dowe meisies wat sterf in brand te ruste gelê

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die drie dowe meisies van die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad wat vandeesweek in ʼn brand in hul skoolkoshuis dood is, word dié naweek te ruste gelê.

Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes-onderwysdepartement, het Vrydag gesê ʼn gedenkdiens sal vandag by Laerskool Leeudoringstad vir hulle gehou word, waarna hulle onderskeidelik Saterdag en Sondag in hul tuisdorpe begrawe sal word.

Katlego Diseko (16) sal in Ikopeleg naby Mafikeng begrawe word, Dinah Koli (18) in Jouberton in Klerksdorp en Emily Oageng (22) in Campden in Kuruman.

Die meisies is dood toe ʼn brand Maandag omstreeks 01:00 in die koshuis uitgebreek het. Altesaam 54 ander leerlinge is beseer toe hulle van die eerste verdieping na die grondverdieping gespring het om aan die vlamme te ontkom. Ander moes vir rookinaseming behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.