Dowe skoolseun neem eie lewe

(Argieffoto: Unsplash)

’n 17-jarige leerder aan die Dominican School for the Deaf in Hammanskraal, noord van Pretoria, het Woensdag sy eie lewe geneem nadat hy en sy meisie glo ’n uitval gehad het. Die meisie (17) is ook ’n leerder aan dié skool.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die skoolseun het ná die bakleiery sy skoolmaats in die etensaal agtergelaat en na een van die skoolkoshuise gegaan.

Dit is hiér waar hy homself om die lewe gebring het. Medeleerders het op sy liggaam afgekom en hulp ontbied. Paramedici het sowat tien minute later by die toneel opgedaag en hom dood verklaar.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê dit is “baie jammer” dat ’n leerder besluit het om sy eie lewe te neem. “Dit is ’n baie sensitiewe saak en ons wil ons innige meegevoel aan die leerder se gesin betuig. Ons wil ook ons ​​medelye aan die skoolgemeenskap oordra,” het die LUR gesê.

Nóg ’n Gautengse leerder is Woensdag dood nadat sy gesukkel het om asem te kry by die skool.

Die matriekleerder aan die Sekanontoane Secondary School in Soweto het uit die klas na ’n kraan gehardloop terwyl sy gesukkel het om asem te haal.

Die skoolhoof het die meisie se ouers gebel, maar het later besluit om haar self na ’n nabygeleë kliniek in Chiawelo te haas.

Die kliniekpersoneel het die meisie te hulp gesnel, maar besef dat sy verdere mediese behandeling benodig. Sy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gehaas waar sy egter later die middag oorlede is.

Die oorsaak van haar dood is nie in dié stadium duidelik nie.

Lesufi het ook sy medelye met dié leerder se gesin en skoolgemeenskap uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

As mens vir tienderjariges sê om eerder weg te bly van ernstige verhoudings en eerder op skoolwerk en ander goed te konsentreer, dan reën die beskuldigings terug met woorde soos “outyds” en “pretbederwer” en “agter die klip”.

Jdb

Wat maak dit saak wat Lesufi sê? Waarom is dit enigsens relevant?