Dowe vrou se lyk in huis aangetref

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Familie en vriende van ʼn dowe vrou van Port Elizabeth is in rou gedompel nadat haar liggaam Maandag in haar huis gevind is.

Konst. Mncedi Mbombo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Nomakhaya Mazomba (46), ʼn inwoner van Soweto-on-Sea, is omstreeks 15:00 deur haar kêrel, Siyanda Mdekazi (44), gevind. Mdekazi beweer hy het die huis vir net 30 minute verlaat en toe hy terugkom, het hy haar liggaam op haar bed aangetref. Sy is in die bors gesteek.

The Herald het berig Mdekazi het die moord as “vreemd” beskryf. “Ek is geskok. Ons het albei ʼn sleutel vir die deur. Ek het die deur gesluit toe ek weg is, maar toe ek terugkom, het ek dit probeer oopsluit en dit was klaar oopgesluit. Ek het ingegaan en dit is hoe ek haar aangetref het,” het hy aan die verslaggewer gesê.

Mbombo het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.