Konst. Mncedi Mbombo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Nomakhaya Mazomba (46), ʼn inwoner van Soweto-on-Sea, is omstreeks 15:00 deur haar kêrel, Siyanda Mdekazi (44), gevind. Mdekazi beweer hy het die huis vir net 30 minute verlaat en toe hy terugkom, het hy haar liggaam op haar bed aangetref. Sy is in die bors gesteek.
The Herald het berig Mdekazi het die moord as “vreemd” beskryf. “Ek is geskok. Ons het albei ʼn sleutel vir die deur. Ek het die deur gesluit toe ek weg is, maar toe ek terugkom, het ek dit probeer oopsluit en dit was klaar oopgesluit. Ek het ingegaan en dit is hoe ek haar aangetref het,” het hy aan die verslaggewer gesê.
Mbombo het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Dis regtig vreemd. Sterkte Siyanda.