Downsindroom-man veilig opgespoor

Ryan Meyer by die stasiebevelvoerder. Foto: Verskaf.

Ryan Meyer (34), die man met Down se sindroom wat Woensdag vermis geraak het toe ʼn onbekende man met sy pa se motor weggejaag het terwyl Ryan steeds binne die voertuig was, is veilig opgespoor.

Die motor is buite ʼn winkel in Oos-Londen gesteel terwyl Ryan se pa, ʼn polisiebeampte, binne die winkel was. ʼn Volskaalse soektog na Ryan is onmiddellik van stapel gestuur.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn polisiebeampte wat Donderdagoggend amper klaar was met sy nagskof het ʼn persoon naby die Cofimvaba-hospitaal, ongeveer 170 km van Oos-Londen, opgemerk.

“Hy het met sy voertuig stilgehou en gesien dat die persoon soos Ryan Meyer, wat as vermis aangemeld, is lyk. Ryan was koud en nat en [die beampte] het hom onmiddellik na die hospitaal geneem waar die personeel aan diens na hom omgesien het,” het Govender gesê.

Die beampte het die stasiebevelvoerder gekontak en hom in kennis gestel dat hy Ryan by die hospitaal gelaat het.

“Toe die stasiebevelvoerder by die hospitaal aankom, het hy ʼn baie gelukkige Ryan aangetref wat net aangehou het om drukkies uit te deel.”

Die bestuur van die polisie het hul opregte dank uitgespreek vir die gemeenskap se betrokkenheid om na Ryan te help soek.

Maroela Media het vroeër berig Ryan het vir sy pa, ao. Floyd Meyer, in ʼn blou Mazda 3 voor ʼn bandewinkel in Cambridgestraat gewag toe hy ontvoer is. Die pa is ook die eienaar van die winkel.

“Terwyl [Meyer] binne die winkel besig was en sy seun vir hom in die motor gewag het, het ʼn onbekende man in die voertuig geklim en met die seun weggery,” het Govender gesê.

Govender het gesê almal wat met die soektog na Ryan gehelp het, is oorstelp van vreugde dat hy veilig gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Rina Kotze ·

Dankie vir die Goeie Nuus storie Maroela! Maak mens se hart warm om te hoor daar is nog mense asook Polisie beamptes wat wel omgee en hul hart is op die regte plek!

Wilma ·

Dankie Jesus vir so n oplettende omgee polisiebeampte . Dankbaar daar nog omgee mense in polisie

Francois le Cochon ·

Downsindroom kinders moet in sorgsentrums versorg word. Ouers doen hul downsindroom kinders ‘n ongelooflike onguns aan deur hulle self te versorg, want hulle kry nie die nodige stimulasie nie. Ook wanneer hulle ouer word, en hul ouers sterf, sal geen sentrum hul inneem nie, want hulle sal dan nie meer vatbaar wees vir routine nie, iets wat baie nodig is vir ‘n downsindroom kind.

Ander Annie ·

Ai Francois, ons het ook so ‘n Engel kind in ons familie, en hy is vol liefde. Hy is ‘n sonstraal. Hy het skool gegaan in ‘n spesiale skool binne die veiligheid van sy eie huis en familie. As sy ouers iets moet oorkom, het hy ‘n grooooot familie wat na hom sal omsien met liefde. Nee wat Francois, ons Engel kind het regtig nie nodig om na ‘n versorgingsoord te gaan nie. Hy is ons liefling. Ek is so bly vir hierdie ouers dat hulle Engel kind veiling is. Dankie aan almal wat hom gehelp het.

Stuiwer ·

Francois le Cochon, het jy ‘n downsindroom kind? Indien nie, neem ek nie jou kommentaar ernstig op nie. ‘n Mens kan nie so veralgemeen nie. Ek het nie so ‘n kind nie, maar kan met redelike sekerheid sê dat die ouerhuis die beste plek is vir sulke kinders (eintlik vir enige kind). Die stimulasie wat jy so van praat, kan die kind by ‘n skool kry asook by terapeute.

Ag regtig? ·

Ag regtig? En praat jy uit ondervinding? As jy navorsing doen sal jy uitvind dat Downsindroom nie by almal in dieselfde graad voorkom nie. Ook dat downsindroim in verskillende kateforieë voorkom. Bv mosaïk-sindroom wat definitief vir die mensie met Downsindroom n onreg sal wees om in n inrigting geplaas te word.
My sus se dogter is 28, ten volle funksioneel, selfstandig en sosiaal vaardig. Sy was in n doodgewone (baie bekende) hoofstroom laerskool in Centurion waar sy in Graad 7 n prefek was. Asook in n normale (baie bekende) hoofstroom hoërskool tot graad 10. Sy neem sanglesse, kunsklasse en werk elke dag met die versorging van kleuters. Sy gaan binnekort na Portugal waar sy internasionaal gaan deelneem vir SA in gewigstoot, diskus en tafeltennis.
Sy is normaal groot gemaak en sosiaal 100% funksionerend en deel van die samelewing. En self-versorgend en kan haarself versorg en n huishouding hanteer en sy kan basiese wiskunde doen, lees en haar eie opinies vorm en vir haarself praat. Sy het n opinie, voorkeure en afkeure nes ek en jy. Sy is baie intelligent en deel van ons familie en niggies en nefies. Sy word by alles ingesluit en gerespekteer soos enige ander lid van ons familie.
Jy is duidelik oningelig en maak aannames wat misplaas is.
Sy hoort nie in n inrigting nie.
Inteendeel, ek dink ons “Downie” het beter oordeels vermoë as jy wat jouself as hul regter aanstel en jouself as normaal klassifiseer.

Eloise ·

Wow!!! Ek het ook n Down Syndrome kind en wat sover goed normaal aangaan. Jy weet nie wat hy se nie! Hey jy kinders en as jy het stel jouself voir iemand se vir jou om jou kind te gaan opsluit erens! Ek nooi jou graag uit om n koffie saam met ons te kon drink – ouers van kinders met Down syndrome en die kinders – sodat jy kan sien watter seening hierdie kinders is.

Bella ·

Dankie Jesus dat U hom bewaar het en veilig terug besorg het. Amen

MJ ·

Nie alle downsindroon-kinders hoort in ‘n sentrum nie.. genugtig! Kyk net na Sheri Brynard.. Hoe ‘n inspirerende mensie is sy!

Francois le Cochon ·

Ek het Sheri Brynard en haar ma al vele male ontmoet. Alhoewel Sheri hoogs funksionerend is, sal sy egter nooit selfversorgend kan wees nie. As haar ma te sterwe sou kom, sal iemand na Sheri moet omsien, Gelukkig vir Sheri sal kostes geen probleem wees nie.

Stuiwer ·

Fantastiese nuus! So lekker om te hoor hoe mooi die polisie na Ryan omgesien het. Alles is nie net altyd doom en gloom in hierdie land nie.

Francois le Cochon ·

Gaan na Alta du Toit Nasorg Sentrum vir Volwassenes se webtuiste en Facebook blad. Indien jou kind ‘n inwoner daar was, sou hy/sy die laaste twee aande ‘n verhoog gedeel het met oa Kurt Darren, Snotkop, Lea, Adam, Pieter Smit, Dowwe Dolla, Pedro Kruger, Therese Benade (Die Groot Charity konsert)

Ook n ma ·

Ai ja dit is seker so. Ongelukkig is meeste van hierdie sentrums baie duur en ongelukkig word hierdie kinders nie net altyd in ryk huise gebore nie. Goeie sentrums is ook baie vol en glo my in van die ander gaan daar goed aan wat n mens laat nagmêrries kry. My eie seun was in n dagskool en nadat ons agter gekom het hy word gemolesteer in die kleedkamers het ons besluit om hom tuis te hou. Dit is ook interessant hoeveel downies by plekke afgelaai word en dat die ouers nooit weer gesien word nie. Het self lank by n sentrum gewerk en geleer dat almal se omstandighede verskil en daarom oordeel ek niemand ontrent die besluit wat hy rakende sy kind neem nie.

TP ·

Regtig @Francois? En wat is jou voorstel vir kinders wat leergetremd is, kinders wat op ‘n jong ouderdom met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer word, vir mense ouer as 60? Ons sal jou weldeurdagte en waardevole raad waardeur.

Francois le Cochon ·

Die oplossing nie so eenvoudig nie. Vanaf die ouderdom van so 25, sal dit elke jaar moeiliker wees om ‘n intellektuele gestremde kind in ‘n (goeie) versorgingssentrum te kry. Vanaf so 40-45 jaar en ouer, bykans onmoontlik.

Net nog n ma ·

Francios niks is eenvoudig as jy n gestremde kind het nie en daarom haal ek my hoed af vir elke ouer met so n kind hetsy in n sentrum of tuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.