Dozi reageer ná chaos by kuierplek

Dozi, oftewel Henk Opperman. (Foto: Facebook)

Sondag se chaos by die konsertvenue en -restaurant, Dozi’s Back to the Roots, in Hartbeespoort sal nie komende Sondag herhaal word nie.

Só het Dozi, oftewel Henk Opperman, Maandag gesê in reaksie op hordes negatiewe kommentaar en reaksie op sosiale media na aanleiding van Sondag se vertoning van Jo Black. Talle lesers het Maroela Media ook genader oor hul ondervinding.

Mense is boos omdat hulle glo vir ure in ʼn ry in die warm son moes staan, daar swak organisasie en diens by die venue was en tafels wat bespreek is deur ander mense gevat is.

“Baie teleurgesteld! Ons het al maande terug vir die hele gesin ʼn tafel bespreek om vir Jo Black te sien. Moes drie uur in son en stof staan net om te hoor ons het nie meer ʼn tafel nie, daar is nie meer plek om te sit of staan nie. Die nuwe bestuur het blykbaar dubbelbesprekings gemaak. Ons en nog honderde mense het omgedraai en is huis toe,” lui een van die inskrywings op sosiale media.

‘n Foto van die rye voor Sondag se vertoning. Foto: Facebook

Volgens Dozi het hy en sy verloofde, Kim Viljoen, self al die reëlings vir die konsert gedoen. “Daar was ʼn moewiese klomp mense wat daar aangekom en nie kaartjies gehad het nie en toe voor in die rye ingedruk het. Ons het vooraf gesê daar is nie kaartjies by die venue te koop nie en dat al die kaartjies klaar uitverkoop was.”

Daar is 2 000 kaartjies vir Sondag se vertoning verkoop. “Daar was glad nie dubbelbesprekings nie. Mense het ingegaan en sommer net by tafels gaan sit wat bespreek was en van die mense was baie ongeskik gewees. Dit was die eerste keer dat ons self als gereël het, maar dit sal volgende week met Steve [Hofmeyr] se show beter gaan.”

Dozi het gesê daar sal mense aangestel word om seker te maak alles verloop volgende naweek vlot. “Die mense wat hul kaartjies daar by ons by die terrein ingehandig het, sal hul geld terugkry, maar ons kan ongelukkig nie vir mense wat nou agterna kom hul geld teruggee nie. Hoe weet ek dat daai mense nie op die terrein was en die show gekyk het nie?”

Dozi en sy verloofde Kim.

Volgens Dozi het die mense wat wel daar was en die vertoning gekyk het dit baie geniet. Hy het gesê dit is vir hom vreemd dat mense kla oor hulle in die son moes sit. “Ek kan nie vir almal skaduwee gee nie. As mens by Loftus gaan rugby kyk, sit jy ook partykeer in die son.”

Rakende bewerings dat daar meer kaartjies verkoop is as wat die plek kan akkommodeer, het Dozi gesê daar is plek vir 2 000 mense. “Ek moet bieg dat ek die plek nog altyd as ʼn restaurant wou bedryf, maar jy kan nie vir so ʼn klomp mense gelyk kos en drank gee nie en daarom het ons nou die stalletjies gekry.”

Dozi het gesê hy is jammer dat daar chaos ontstaan het. “Ek is egter gewoond daaraan dat mense my met klippe gooi. Dit het al gebeur toe ek nog nie eens ʼn restaurant gehad het nie. Maar ek gaan dinge beter maak. Ek sal verseker dat dinge gladder verloop volgende keer.”

Dozi het mense wat Sondag Steve Hofmeyr se konsert by Back to the Roots gaan bywoon, versoek om al teen 09:30 by die perseel te begin opdaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

koos1 ·

Maar hoekom adverteer jy dan op radio dat almal welkom is, en dat almal nooi? Ek was Sondag in die omgewing en het oorweeg om na jou plek te kom na jou radio advertensies op LekkerFM. Ek het nie geweet dat jy vooraf moet bespreek nie. Kom beskou dit as ‘n leerskool. As jy sangers soos Steve, Bobbie, Jo, Karlien ens. laat optree, moet jy nie verbaas wees as hordes opdaag nie.

Santjie ·

nou moet ons vroeër opdaag…. en dan kom daar weer “mense sonder kaartjies” en druk voor in. Wat dan?

Veronica ·

Ons het ook die show bygewoon en was dit nie vir Jo Black wat so professioneel was nie, sou Dozi meer probleme gehad het. Net ‘n paar feite. Dozi het Sondag gesê hy het 50 tafels bestel wat nie afgelewer is nie. Hyself het ook gesê dat daar dubbelbesprekings was. Het het ook teen 12h30 gesê die mense kan inkom en enige plek gaan sit. Hy het op die sms gesê die deure maak 10h30/11h00 oop. Dit het net voor 12h00 oopgemaak. Ons burger se vleis was nog gevries toe ons dit kry. Verder het verskeie mense aan tafel by kinders gesit en rook. Toe ons een groep vra om dit nie te doen nie, vra hul die waiter of hul mag en dié sê hul mag. Volgens my is dit teen die wet. Weet iemand waar ek dit kan aangee want dit is onaanvaarbaar.

ou storie van Dozi ·

AI, Hy stel mense so teleur, selfs met sy eie vertonings, dan is hy so gedrink en sing 5 of 6 liedjies, te onvas op sy voete, ag nee swak! kom ons kyk hoe lank hou die “verlowing” ek kry daardie meisie jammer.

hy foeter altyd alles op.

Patriot ·

Hoop van harte die naweek sn sal beter afloop, aangesien Steve gaan optree

Albaster ·

Ek glo dit sal. Dis die eerste keer wat ek van so iets hoor en glo dit was net ‘n fout waaruit geleer was. Dankie Dozi vir jou inisiatief en ek sal jou beslis volgende keer weer ondersteun.

Adri ·

Miskien moet hy liewer nie shows reël nie – dit werk duidelik nie. Probeer volgende keervertonings reël, ek is seker dit gaan werk.

Huh? ·

Adri, wat is die verskil tussen ‘n show en ‘n vertoning?

Johannes ·

Huh? Die verskil tussen ‘n “show” en ‘n “vertoning” is goeie Afrikaans…

Attie ·

‘n “Show” is iets uit die nuwe (!) SA se Afrikaanse-leerplan.

Carol ·

Ek was een van die gelukkiges wat gister die vertoning kon sien maar sluk swaar aan hierdie verduideliking. Waarom is daar dan kaartjies verkoop aan dié wat voor in die ry ingedruk het? Sonder ‘n gekleurde armbandjie kon jy nie ingaan nie. Volgens kommentaar op die fb blad blyk dit mense wat maande terug bespreek en betaal het dié is wat weggewys is.Misverstand tussen die ou en nuwe bestuur. Dit sal goed wees as dit nie herhaal nie. JoBlack was uitstekend!

Arrie ·

Ons het 18 kaartjies gekoop en soek nog 8. Sukkel al ‘n week om reaksie uit Dozi en of Kim te kry. Geen reaksie. As ek so na die chaos luister dink ek ek gaan maar vroegtydig my geld terugvra vir die Snotkop show. Weens my vrou se velkanker problem het ek al drie maande terug gevra vir plek in die skaduwee, maar klink my nou Dozi kan dit nie verseker nie. Dis sad, was so lekker venue en atmosveer…

WatchMeDoziWatchMe ·

Gaan nie geld terug betaal nie? Kom ons kyk wat se die verbruikers wet. Kom ons kyk.
Se mos op die verhoog mense wat 3 ure gewag het en moes huis toe gaan is soos water op een se rug en kan maar in die Spur gaan eet.

Daan Erasmus ·

Ry hom tot by oom Daantjie in die kallerhok. As hy nou daarmee wegkom gaan dit weer en weer gebeur. Duidelik dink hy nie veel van sy kliënte se reg nie.

Judgedred ·

Aanmanings brief reeds afgelewer – nie net vir kaartjies maar alle verspilde kostes.
Mr Opperman jou argogansie, gaan jou baie geld kos. stel voor dat alle mense hom dagvaar in Landros of kleineise hof.

Anti ·

Los maar eerder die reëlings vir iemand wat gesout is in organiseer. Jy is ‘n kunstenaar nie ‘n organiseerder nie. En jou verloofde seer sekerlik ook nie of is ek verkeerd? Dit kom daarvan as mens wil geld spaar en nie ‘n event planner wil kry om dit te behartig nie.

Jaco ·

Moenie op die rus dag kerk toe gaan en bekering soek nie dis baie “overrated” !! Die Here het dit ook nie so vir ons gese in sy gebooie nie dis oud tyds en nie van toepassing in vandag se tyd nie – Ontspanning is mos rus !
Snaaks hoe almal kla maar kyk hoe lyk die Afrikaner. Mammon en die “Ek” in my lewe is al wat tel. Dit maak my bitter om te sien wat van n Godsvreesende volk geword het en mede volksgenote wat met dwaalleer of sommer net geen Godsdiens besig is.

Piet ·

…. en tewyl jy nou so na die splinters soek maak net seker jy mis nie die balk nie.

Dell ·

Jaco, ek verstaan jou punt, maar die laaste kunstenaar wat jy oor Sondag vertonings kan aanvat is Jo. Sing is sy bysaak, sy Christenskap kom eerste. Sy musiek spreek daarvan. Jy hoef ook nie in die kerk te sit elke sondag om te “wys”jy is ‘n Christen nie. Persoonlik dink ek dit is omdat Jo so gewild is en mense vandag by hom aanklank vind, dat Dozi nie opgewasse was teen die ondersteuners wat daar was nie.

kierantjies ·

Wait for it….. wait for it. yes there it is that over the top hollier than thou nonsense

Lucindy J. v. Rensburg ·

Dozi kan maar my geld hou en sy gesin Spur toe vat. Ons kry beter diens by die local Take-away. Shame, hoop maar regtig hy leer iets hieruit maar sy vel is seker te dik daarvoor……Baie kindertjies se droom gister verwoes wat huistoe moes gaan met ‘n booking want ons kon nie eers by jou staff uitkom om te hoor wat aangaan nie. Skaam jou!

Staak ·

Daai relings is miskien aanvaarbaar by zumavill, sing of boer met jou twee perde, bly net weg van die reelings af.
Moenie jou gehoor vir die gek hou nie anders sal al jou optredes in die toekoms in Zulu wees.

Louisa ·

Sorry we wont get our money back – who do you think you are Dozi? You fail to mention how you said we can get our R100 and rather go eat at the Spur… you will refund those like me who stood in the sun (not the real issue) but eating your farm dust for 3 hours and watching cars go in and out leaving the venue.. we were not those that pushed in and got an unallocated table you took our money 2 weeks before the time and we got there at 11am. We left your circus it was Badly organised and yet you still try to pass the buck!! Like your tshirt says – “there are no words!!!”

Nuwe SA ·

Dozi het sy truuks by Zuma geleer. Sê en belowe enigiets om mense te lok en as die paw paw die fên strike is hy nooit skuldig nie. En almal wat so kla op hierdie blog oor Dozi en kie, moet weet dat as jy suiplappe aanhang gaan jy die prys betaal…daar gaan chaos wees…elke keer

Anti - Back to the Roots ·

Ons ry van ver af om daar te kom show kyk. Maar na ons laaste show met Touch of Glass het ons nooit weer gegaan nie. Was presies dieselfde probleem en hy was baie arogant daaroor. ek gaan eet veel eerder by die Spur as om weer daar ‘n show te gaan kyk.

Verstom ·

Miskien sal kerkdienste meer gedisiplineerd en van pas wees. Al ooit daaraan gedink om julle siele met die Kos van Woord te vul in plaas van wêreldse plesiere en drank.

Hector Jooste ·

Dit sal mense leer as hulle die heilige dag van die HERE wil ontheilig met allerhande konserte, ens. Sondag is die HERE se dag, dan hoort jy in die kerk besig met die dinge van die HERE; nie by een of ander konsert-plek nie! Die mense van SA gaan nog duur betaal vir hulle minagting van die HERE en sy Woord! ‘n Mens sou nou dink dat al die plaasmoorde en chaos op die verskillende regeringsvlakke in SA, mense al laat besef het dat hulle moet omdraai terug na God en sy Woord! Maar nee, ons gaan maar net aan met ons goddelose maniere. Steur ons glad nie aan God se Woord nie. Maak net soos ons wil. Dit help nie ons kom so dan en wan met ‘n Angus Buchan byeenkoms bymekaar om dan vreeslik te bid en ‘n show op te sit, maar intussen gee ons nie ‘n flenter om vir wat God in sy Woord sê nie. Gaan lees bietjie wat sê Samuel vir Saul in 1Sam. 15: 22 en 23. Saul het dieselfde gesindheid teenoor God en sy Woord gehad as die mense van SA vandag.

@Hector ·

Kan jy asb jou neerhalende idee van christenskap vir jouself hou? Ja kan dit dalk nie glo nie maar nie almal is christene nie en nie almal waardeer jou siening wat jy afdwing nie.

Nel ·

@Hector: Hector het niks afgedwing nie. Neem sy kommentaar ter harte of hou verby.

Andre ·

@Hector – ons wie Christene is gee niks om wat jy dink nie; ons luister na God. As dit jou nie pas nie hou eerder jou niksseggende kommentaar vir jouself. En as jy steeds nie kan insien waarom dit gaan soos dit gaan weens die faktore wat Hector na verwys het nie is jy sekerlik blind. Tyd om na God te draai vir jou.

Letitia ·

@ Hector – hiermee die korrekte feite: Eerstens is Vader se Woord in Hebreërs geskryf – vir Sy Hebreërse volk.

Vader het die dae as volg genoem Dag 1 tot by Dag 7. Vader se Woord is al duisende kere vertaal. Hoe kom ons by Maandag tot Sondag uit – dit is deur Constantine verander & dit is afgode se name.
Jy is welkom om alles te google & dan sal jy verstaan dat Dag 1 eintlik ‘n sondag is. Glo jy sal alles kan uitfigure met google.

Dus die rus dag wat aan Vader behoort is Dag 7, vandag noem ons dit die vertaalde / veranderde “Saterdag” – verander deur die mens….

Niks fout met konserte hou op Dag 1, of te wel die vertaalde sondag nie.

Estelle ·

Uhm… nee, Sondag is NIE die Here se dag nie. Dis wel die son s’n. Die eerste dag van die week is aan die son gewy toe die pagans (Rooms Katolieke) hul hande so lekker in die “Christen” broodjie ingedruk het. Selfs die Rooms Katolieke kerk het erken en dit amptelik gemaak uit ou geskrifte dat hul die Here se dag van Saterdag na Sondag verander het deur die eeue. So julle wat so klippe gooi oor wat mense doen op die “Here se dag”… wat sit julle en doen op die regte dag van die Here? Kyk rugby en suip!! En nee, ek is nie Joods nie, nie ñ Sevendagste Adventis nie. Net ñ gelowige wat huil oor wat JULLE doen op “die Here se dag.”

Thea Swart ·

Hector, ek stem saam met jou! So sit ek Sondag vir Sondag en kyk na die leë kerkbanke rondom my en dan wil ek huil daaroor. Vir elkeen van daardie leë sitplekke is daar ‘n verskoning of ‘n slim storie oor die hoekom en waarom dan nou. Wanneer Angus Buchan egter ‘n byeenkoms hou stroom daardie selfde verskonings en slim stories met hul kampstoele agter hom aan om te luister hoe hy God opkommandeer, asof God op sy payroll is, om dan tog hierdie volk/land te help. Dan vra ons hoekom SA brand? God versorg my. Elke dag. Daarvan kan ek getuig. God is goed, God is groot God is getrou! Die HELE tyd. Daarvan kan ek ook getuig. God is egter nie my speelmaat nie en ek dien ‘n jaloerse God wat nie aanbidding van enige ander afgode sal duld nie. God is ook nie op my payroll dat ek Hom kan hiet en gebied of net kan nader roep as ek Hom nodig het nie. Daarom, as daar volgens gebod van my verwag word om die Sabbat te onderhou, dan doen ek dit so. Sonder enige stories…

Henk ·

Jy slaan die spyker op die kop Hector. Aan die mense wat meen dat Saterdag die eintlike Sabat is, dis regso as julle dit glo. Hou julle dan julle Sabat dag op Saterdsg en ons sal ons dag op ń Sondag hou. Dit is kinderlik onsinnig om te stry oor watter dag nou eintlik die Sabat is. Dit is die sewende dag na die skepping begin is… en waar was ons toe die skepping begin is… nie hier nie. So om werklik vas te stel watter dag is nou eintlik die regte sabat is haas onmoontlik. Om te stry oor watter dag dit is het niks te doen met die verheerliking van God nie,maar met ons eie behoefte tot self verheerliking.

Liefde en vrede vir ons almal.

Steven ·

Nou blameer Dozi almal behalwe homself of sy swak diens en swak behandeling van ons mense, tipies!! Roots kan maar begrawe word, da wa die wortels hoort, daai plek sien my nie wee nie!! SWAK, UITERS SWAK!!

Carol ·

Dankie JoBlack dat jy jou dank betuig het aan almal wat lank in die son gewag het om jou te sien en jou hartseer uitgespreek het vir die mense wat moes omdraai.

VanAfrika ·

Dozi ek was nog net een keer op jou plaas met Bok Van Blerk se optrede toe hy vark griep gehad het. Dis nie n wat wonderse plek nie, siende dat mense op komberse en kampstoele moet sit of lê en net sekeres tafels en skadu kry omdat hulle bespreek het. Daar was ook nie een stalletjie wat kos voorsien het nie. Jou aanmerking dat mense agterna hul kaartjie geld wil opeis en jy nie bewys het dat hulle wel op die gronde was nie, is absoluut arrogant. Wanneer jou gaste deur daardie hekke loop, is jy veronderstel om daardie kaartjie te vat en n band om die gewrig te sit, of die kaartjie te skeur, of te stamp as bewys dat die mense wel op die gronde was. Jy het geen verskoning om die mense se gelde te hou want dis nie joune nie. As dit jou houding is sal ek nooit weer my voete op jou gronde sit al sing Steve Hofmeyr n miljoen keer in een maand daar.

Rita ·

Talle mense het alreeds bespreek en betaal vir opkomende vertonings.
Ek dink dit sal net regverdig wees dat hierdie mense sodra betaling ontvang is nie net verwysings nommer kry nie maar ook bevestiging van tafel nommer.
Mense wat laat bespreek en betaal kan dan gevra word om stoele te bring.
Waarom bespreek ons dan as daar nie voorsiening gemaak word vir ons wat vroegtydig bespreek en betaal nie?

GM ·

Dit klink vir my na ‘n knaap wat met sy meisie sal opbreek met ‘n :”Ek is jammer, MAAR dis nie ek nie, dis jy”-tipe houding.

VanAfrika ·

Hy is daai knap, hy het dit met Muriel gedoen, sal ons dit ooit vergeet. Uproot haar hele lewe vir hom en toe dump hy haar soos n vrot patat, kon nie eers reguit wees met haar tot sy maar gepak en terug getrek het na haar mense toe. Het geen respek vir hom nie.

Huh!!! ·

Met alle respek, Dozi dink ons is “common en stupid”! Om die chaos van Sondag voor die voete van sy ondersteunners te plaas is lagwekkend en agterbaks! Hou maar my R100 randjies, hoop dit bring hom groot vreugde. Dis tyd dat hy terug gaan na sy “roots” en bietjie sy ondersteuners respekteer. Nederigheid kos niks maar arrogansie is die ondergang van vele! Beter volgende week met Steve?? Watwou, nee dankie nooit weer!

tinker ·

Hulle is baie duur en jy wag lank vir drink goed. Ek het gese ek sal nooit weer daarheen gaan.

Pikkie en Margie Bence ·

Ons was daar met Ray Dylan het ook bespreek vir n koelte plek redelik voor en moes toe op die agterste verhoog in die son sit.Toe was die verskoning ook n nuwe bestuurder.

Roosknop ·

Ek het my respek vir Dozi verloor toe hy nou die dag ‘n liedjie vulgêr op TV gesing het. Dalk moet hy iemand aanstel om dinge te behartig en eerder net aangaan met sy rowwe lewe tot hy groot word. Hartbeespoort sien my ook nie weer nie. Alles is vrek duur daar.

Gerrit ·

Ek dink hy moet Theuns Jordaan kry om sy reēlings te tref. Dit is nou n man wat sy sous werd is. Moenie iets probeer doen indien jy nie 100% seker is hoe dit gedoen moet word nie….jy lyk agterna alteveel na n skaap.

Boet Fasie ·

Dozi smile al die pad na die bank en voel vere of jy in die son gestaan het ha ha

hesterbester ·

Ja nee swak . was op n vorige geleentheid daar met Elandre het 2 enhalf uur gewag vir ons kos pateties. het elders gaan eet.
kelners weet nie wat aangaan nie swak organisasie van almal daar .

Suzette ·

Dis waar, maar bestel nou drank, dit kom bitter vinnig. In elk geval het ek lank terug ophou hom ondersteun, want dit is n dronkspul waarmee ek my nie wil ophou nie en elke keer dieselfde storie, hy blameer ander

Uitkyk ·

Baie bly dit het julle oorgekom, verdiende loon. Kunstenaars, sport, films, enige soort word jul helde, kry hulself duurste van geld, bv., huise behang met duur kunswerke, voertuie van die beste, deesdae private vliegtuie, ens, ens,. Geld waarvoor julle hard gewerk het. So is dit deesdae. Ongelukkig kom trane tog so laat omdat ons hulle wat ons vermaan wil koggel…………………..

John Montgomery ·

@maroela het nie my OPREGTE comment nie goedgekeur nie :::

Ek vra dat Maroela egter albei kante van die “storie” key nie net Dosi se weergawe nie :::

Baie Dankie !

Vibes ·

Was self ook daar met vriende en ook teleurgesteld toe ons na 2 ure se wag moet hoor daar is nie meer pleknie, selfs al het ons reeds vooraf bespreek.
Dozi het oor die luidspreker gesê dat ” die wat nie plek gekry het nie by die spur moet gaan eet” so asof dit ons skuld was dat daar nie plek was nie.
Dit was onvanpas van Dozi om dit sê en ek is regtig teleurgesteld hoe hy dit hanteer het.Persoonlik sien die plek my nooit weer nie.

Harties ·

Dit gaan al meer as 6 jaar so aan. Elke keer hoor ons maar dieselfde storie. Lang rye vir kos en drinkgoed. Het laas maar Kentucky gaan koop en was by die hek gestop want geen kos toegelaat. Na n redelike streng antwoord aan die knapie by die hek het ons toe geeet. Dit was toe Bok en Theuns daar was. Gaan nie weer terug ek 1.2 km vandaar. As hulle na so n lang tyd nog sukkel gaan hy nooit reg kom nie

Plaasjapie ·

Ek was eenkeer (5jaar terug, net nadat Muriël slim genoeg was om haar tasse te pak en te waai) by sy plaas vir n country “show” (show your money) Dizi het by ons aan tafel kom kuier. Hy was só neerhalend teenoor ons vrouens dat ek opgestaan en geloop het. Ek sal nooit weer my voete daar sit nie, ek het al my respek vir hom verloor. Kim, waai voor die troue, ou girl. Hy is nie wat hy voorgee om te eees nie.

Rianto ·

Ons was vorige keer by Dozi se plek toe Jo Black ook daar opgetree het… daar was groot manne wat seker gemaak het jy kom nie in sonder kaartjie… en toe ons binne was … wat n teleurstelling … te veel mense vir plek se infrastruktuur…

Mans toilette loop oor , nie genoeg kelners en kombuis te klein vir hoeveelheid mense …

Was lekker saam my vriende maar Dozi se plek nie op standaard vir baie groot geleenthede..

Hein ·

Dozi jy is arrogant verby.
Ons het nie ons kaartjies by Jade kon kry nie.
Kim antwoord ook nie haar foon nie. Duidelik is jy te arrogant om selfs nou jammer te se.
Mr Opperman – ek sien jou in die hof- daar kan jy nie jou strooi kwytraak nie.
Jy SAL alles terugbetaal sowel as die gevolgs Skade wat ek en my gaste gely het.

J O H A N N E S !!! ·

Ek het nou nie al die “show ” gevoelens gelees nie,maar glo nou vir
JOHANNES……
Moet nie die onderlinge byeenkomste mis nie.
Gaan na die HUIS VAN DIE HERE !!!
Groete

Jovaro ·

Verskuil tussen ‘n opvoering en show is die gemors wat daar aangaan; vuil, agterlik, swak dissipline, rumoerig, vuil of geen toilette, swak kos en diens en ‘n “rip-off” – alles tipies Dozi-ville. Nee dankie. As dit nie vir sy gaskunstenare was nie – nog patetiese musiek ook.

WillieN ·

Baie bly ek het toe nie gegaan nie. Het na Deon en Ruhan (Touch of Class) by Vettemossel gaan kyk. Puik musiek, lekker kos en ‘n baie vrolike atmosfeer. Kaalvoet op die sand. Gaan beslis weer.

Francois ·

Swak diens daar kom al n lang pad. En net ter inligting vir komende Sondag met Steve, hy sal nie voor 15:00 optree nie. Daar is eers n lang rits “rookies” wat optree. Onthou daar is 2000 mense al gedink hoeveel hulle drink hoe langer hulle wag.

Fiemies ·

Wie, wat beter gewoond is, ondersteun sulke shows/vertonings??

anton ·

Was nog nooit iemand wat van Dozi gehou het nie en sal nie iets wat met hom te doen het ondersteun nie!!!
As ek my redes moet gee, sal MM dit nie plaas nie.

Jax ·

Sit nie my voete daar nie – al betaal hulle my der duisende!
Grillerig – die hele spul!

Minx ·

Oplossing. SLEGS kaartjies toegelaat. As daar ‘n 2de ry is vir die wat bereid is om te wag in die son great stuff.
Was julle al by ‘n rock show??
Sal graag DAN julle wil hoor… Pffft
Ons het amper ‘n 2km vanaf parkering af geloop en het met kaartjies 3ure gestaan vir Linkin Park. Die helfte van die show was al verby.

Susan ·

Ja ons was al by verskeie groot shows, almal weet jy moet maar vroeg daar wees en eerder 5 ure op jou sitplek wag as wat jy dink ander moet vir jou wag omdat jy nie jou tyd kan bestuur nie.

Janee ·

Nou kan Gert (Dozi) weer n kas of twee Johnny Walker Blue Label koop … man raak mos dors en drank is duur …

E ·

Was een keer daar, en sal nie weer gaan nie. Hul is glad nie georganiseerd nie. Jy bestel ook een ding en kry heeltemal iets anders, en dan het jy laaaaaaank gewag ook daarvoor.

martin cilliers ·

wie dink in 2018 nog dat die Skepper van DIE HEELAL EN al sy mense en diere geskape het moet rus dit maak nie sin nie !!!!!!

Bison ·

Dit is totale waansin dat Afrikaners nog wil kuier en suip met alles wat in die land aangaan. Waansinnig!

Belaglik ·

Ons was van daai mense wat in die tou gestaan het vir amper 3 ure, met 6 kinders tussen die klomp van ons, en moes omdraai en huistoe gaan. As dit nie was vir ons seuns wat so baie van Jo Black hou nie, het ons lankal omgedraai en geloop. Dit het nie gegaan oor drink en kuier, ons wou graag vir Jo Black sien optree. Dit gaan ook nie oor die feit dat SA’ners geld aanbid nie, ons is net al so moeg om te betaal vir swak/geen diens. Dis reg dat almal hulle stemme dik maak, want dit is onaanvaarbaar. Ons kaartjies en tafel was al in Mei geboek.

Pebbles ·

Dozi se arrogansie het my laat ophou om Back to the Roots te besoek. Hy dink hy swaai die septer oral – maar as dit by klientediens kom, swaai kliente die septer. wat het jy gedoen om die mense wst moes omdraai te akkommodeer ???

HUH>? ·

DALK MOES JULLE NIE SELF DIE REELINGS GETREF HET NIE, EN TWEEDENS, mense sonder kaartjies kry nie sitplekke nie . DIT WERK SO OP LOFTUS ook . of hulle voor of agter indruk .. GEEN KAARTJIE< GEEN SITPLEK, hoe werk julle nou? Kry tog asb iemand wat event management kan doen.

Antoon ·

Nou ja, ek sê nie Dozi is onskuldig nie. Ek sê ook nie hy is skuldig nie. Wat my meer pla is die mense wat, in eie reg, voor gaan in druk het, tafels oorgeneem het ens… Het ons al so verval?

ChrisE ·

Ek was ook al by konserte waar te veel mense opgedaag het. Ek is ook al die hek gewys want toegang is geweier. Ek was ook al kwaad omdat daar nie dit of dat is nie. Ek glo elke storie/insident het drie kante. Ek het net besluit ek gaan nie weer na sulke konserte wat nie deur erkende promotors of organiseerders hanteer word nie. Ek het nie die kunstenaar blameer en of ook in sy karakter ingeklim nie. Dit spreek van swak smaak. Ons volkie ai jai jai….sê maar liewer niks.

HPV ·

Indien volgehoue swak diens gelewer word vermy so ‘n besigheid, dan sal daar geen rede vir klagtes wees nie. Persoonlik vermy ek plekke met twyfelagtige dienslewering soos pes. So maklik soos dit!

Rina ·

Dit lyk nie soos hy by Kim nie!
Dit sal miskien meer van pas wees indien elkeen ‘n piekniek mandjie kan saamvat-‘n honger maag maak jou meer ongeduldig wanneer jy moet wag!
Hoekom vir Dozi,die mens, aanvat- dis die reelings wat swak was!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.