Dr. Danny Titus sterf

Dr. Danny Titus (Foto: Verskaf/ATKV)

Dr. Danny Titus, regsman, taalman, historikus en meningsvormer, is Vrydag in die ouderdom van 63 jaar oorlede.

Titus, voormalige uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV, was sedert einde Julie in ’n koma weens komplikasies tydens ’n operasie om ’n katarak te verwyder.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk), het Titus se dood as ’n baie hartseer dag bestempel.

“Dr. Titus het diep spore getrap in tydperke van verandering in Suid-Afrika en by die ATKV. Sy leierskap, integriteit en empatie sal [my] altyd bybly. Hy was die regte man op die regte tyd,” het Brits Vrydagaand in ’n verklaring gesê.

Titus is in 1983 as advokaat tot die hooggeregshof toegelaat waarna hy as staatsaanklaer by die departement van justisie gewerk het.

Hy is in 1987 Nederland toe om sy studie aan die Universiteit van Leiden voort te sit waarna hy in 1993 met ’n meesters- en ’n doktorsgraad na Suid-Afrika teruggekeer het.

Titus het hom egter die afgelope 12 jaar vir taal en kultuur beywer.

Titus word oorleef deur sy twee dogters, Daléne en Neriska.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

My innige meegevoel aan familie.
Dankie Dr Titus wat u vir Afrikaans gedoen het. Rus sag

Santie Gildenhuys ·

Baie jammer om te lees van dr Titus se afsterwe. Gereeld sy artikels gelees en na hom oor die radio geluister. Sy liefde vir Afrikaans was altyd hoorbaar en aanvoelbaar. Ons eer sy nagedagtenis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.