Dr. Pieter Mulder kap Zuma oor minderhede

Dr. Pieter Mulder. Foto: DoC

Dr. Pieter Mulder. Foto: DoC

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het Woensdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede, pres. Jacob Zuma versoek om op te hou om Afrikaners en ander groepe aan te val en weg te dryf.

“Agbare president, hou op met sondebok-politiek. U stel ʼn verkeerde voorbeeld. Dit is presies die teenoorgestelde van wat president [Nelson] Mandela gedoen het. U speel met vuur in ʼn land wat niks nodig het om aan die brand te slaan nie. Wat is sondebok-politiek? Dit is waar die party ander vir sy mislukkings blameer,” het Mulder gesê.

Hy het gesê in Suid-Afrika maak beurtkrag almal kwaad maar dat Zuma nie Eskom se gebrek aan beplanning blameer nie maar apartheid. Mulder het Zuma veroordeel vir sy uitlatings dat die land se probleme begin het toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het.

“Ek kan aantoon hoe die president verkeerd is – maar wat sê hy in gewone taal? Hy sê toe die witmense hier aankom, het die moeilikheid begin. Wat verstaan die gewone ANC-ondersteuner daarvan? Hy verstaan dat as jy van die witman ontslae raak, dan is die probleme weg. Raak ontslae van die kakkerlakke, dan is die probleme weg. As ek sê dit speel ʼn rol in baie van die plaasmoorde, lok dit ʼn histeriese ANC-reaksie uit.”

Mulder het Zuma verder gekap oor sy voorstelle vir grondhervorming. “Wat landbougrond betref is u voorstelle onrealisties en onuitvoerbaar. Ek het dit meer as een keer in Kabinet Lekgotlas gesê. Georganiseerde landbou het hard gewerk aan praktiese voorstelle vir hulle gesprekke met die regering in Maart. Voor daardie gesprekke plaasvind, kondig u hierdie voorstelle af en verongeluk daardie gesprekke. Hierdie voorstelle gaan nie die EFF tevrede stel nie, gaan landbou vernietig en voedselsekerheid in gedrang bring.”

Mulder het gesê in die parlement is mens net ‘n goeie Suid-Afrikaner en van Afrika indien jy by die ANC aansluit. “Indien jy nie aansluit nie en durf waag om te kritiseer, dan is jy die vyand van die mense, gekant teen transformasie en tien-teen-een ‘n rassis. Sondebok-politiek. Suid-Afrika is vir my en die meerderheid van Afrikaners en Engelsprekende wittes en ander minderhede ons enigste tuiste en ons sal nie toelaat dat iemand anders vir ons besluit of ons van Afrika en patrioties is nie.

“Ons is kwaad vir die regering, maar ons is lief vir die land. Daarom wil ons help om Suid-Afrika te laat werk. Gaan kyk in Ethiopië en in Europa hoe minderheidsregte en selfbeskikking gebruik word om daar minderheidsgroepe se samewerking te kry,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elna ·

Ek wonder of ons agbare President ooit nuus kyk? Sien hy wie veroorsaak al die probleme in ons land? Wie staak, hou optogte by Universiteie, skole ens, en brand af? Wie toi toi en brand motots, wie brand winkels af, wie voer gewapende rooftogte uit….so kan ons aangaan…..
Ons pragtige land word deur inwoners waaroor geen beheer is vernietig…ons Here huil!!

Gwen ·

Dit is verblydend om te sien dat daar iemand in die parlement sit wat namens my praat. Dankie dr. Mulder, u is goud werd vir die Afrikaner.

Elize ·

Agbare President sit en lag…. ek glo nie hy luister nie, sy smile druk sy ore toe.

DIRK BOSMAN ·

Vra my hoekom ek nie vir die D.A stem nie dan se ek hulle staan nie vir my Afrikanervolk nie.
.

HEVW ·

Ja, dankie Pieter, was saam op Pukland. Ek verlang sommer na jou pa. Miskien sal dit tog iewers deurdring. As dit nie die geval is nie stuur ons op n revolusie af wat deur jakop aangeblaas is. Moet asb. nie dink dat dit verregaande is nie. Dit is realiteit. Kyk maar rondom die w ereld heen dit word n al hoe slegter plek. n Tweede donker eeue na die val van die Romeinse ryk is in sig.

W ·

As a english man my view has also changed, I have no time for the DA especially due to that sell out helen, she is a pawn in a chess game. VF+ only!

JAYDEE CLOETE ·

Dankie Dr.Muller.ek is so bly daar is Darem Een persoon in Ons Vernielde land..wat kan realisties dink…doen so voort Dr..miskien sien Andere ook die Lig

scalla ·

Hulle almal is in elk geval te dikvellig om dit in te neem.

Bazler ·

By die een oor in, sonder om iets te tref, by die ander oor uit. Jy kan met n breindood brood redineer maar nie met die prezzie nie want hy het net st3!!!

ladybug ·

Ag oom Pieter, hierdie lot sit almal en lag in hul mou vir jou, jy mors jou asem! Enigste manier om dinge reg te ruk in hierdie land is om drastie op te tree, maar dit is iets wat julle nie verstaan nie!

pop ·

Nouja Ladybug, begin jy en vertel ons watter optrede ons moet volg. Dalkies verstaan ons dan.

Dave ·

Ons is die ene ore, lazybug. Ek sal net so graag soos pop jou voorstelle wil hoor. Moet nie jou tyd mors nie, vertel ons hoe om te doen anders gaan ons lag in die mou vir jou.

chris ·

Los die opstokers uit,meeste van hulle het nie ‘n benul van die gevolg wat hulle probeer propageer nie .Die wat weet is gewoonlik net daar om die witman weer die probleem te maak of te vang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.