Kyk ook na die interessante grafika onderaan die berig. Ryan Sandes en Ryno Griesel het Dinsdag ʼn nuwe wêreldrekord opstel toe hulle die Drakensberg in minder as 42 uur oorgesteek het.
Die roete was 207 km lank en het van die Sentinel-motorparkering in die noorde tot by Bushman’s Nek-grenspos in die suide gestrek. Sandes en Griesel het dit binne 41 uur, 49 minute voltooi. Die roete neem ervare stappers gewoonlik tussen ses en 10 dae om te voltooi.
Die twee roetedraf-marathonatlete moes self hul eie toerusting dra met geen vorm van ondersteuning al langs die roete nie.
Hulle het 41 ure lank gehardloop en slegs sowat 40 minute lank geslaap.
Die vorige rekord was 60 ure, 29 minute en 30 sekondes wat in April 2010 deur die einste Griesel en Cobus van Zyl opgestel is.
Sandes het al op elke kontinent ʼn ultra-roetedrafmarathon gewen.
Klik hier vir meer inligting oor die roete en hul prestasie.
Lees ook:
Video: Atlete mik na rekord vir 220 km oor die berge