Drama by lughawe oor gidshond

Foto: SA Guide-Dogs Association for the Blind/Facebook

Foto: SA Guide-Dogs Association for the Blind/Facebook

ʼn Siggestremde teoloog het ʼn klag by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) ingedien nadat ʼn beampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo nie wou toelaat dat sy gidshond saam met hom vlieg nie, het Beeld Vrydag berig.

Dr. Willem van Deventer en sy vrou Claire het amper ʼn familietroue in Kaapstad misgeloop nadat die beampte aanvanklik nie wou toelaat dat Van Deventer se gidshond Tonto saam met hulle vlieg nie.

Van Deventer het die vlug al in Oktober verlede jaar bespreek en die reisagent het aan hom gesê daar sal geen bykomende reëls rakende Tonto wees nie. ʼn “Arrogante en ongeskikte” beampte by die lughawe het egter daarop aangedring dat Van Deventer ʼn gesondheidsertifikaat en ʼn sertifikaat om te bewys dat Tonto by die Suid-Afrikaanse Gidshond-vereniging geregistreer is, moet indien.

Gail Glover, voorsitter van die vereniging, het tussenbeide getree en die Van Deventers en Tonto is op ʼn latere vlug geplaas.

Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder van Acsa, het gesê die maatskappy het ʼn beleid dat lugrederye hulle twee dae voor die tyd in kennis moet stel oor diere op vlugte. Volgens Batyashe-Fillis word die beampte se beweerde gedrag ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Die beampte wou net weer ‘n magsposisie gebruik en misbruik omdat daar ‘n totale afwesigheid is van opleiding en respek.

Ek vertrou dat die nodige stappe teen die beampte geneem sal word en dat Dr Willem moet aandring op ‘n skriftelike apologie, en asook terugvoer oor die stappe wat geneem is oor die bullebak houding en reaksie van die beampte. Mense soos die beampte wat nie met mense kan werk nie, moet asseblief in sulke poste aangestel word nie, veral nie by ‘n Internasionale lughawe nie, swak beeld vir Suid-Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.