Drama by Zondo-kommissie

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het in ʼn uitspraak van 55 minute geweier om homself aan die kommissie van ondersoek na staatskaping te onttrek.

Hy het uitspraak gelewer nadat oudpres. Jacob Zuma vroeër gevra het hy moet homself onttrek omdat hulle vriende sou wees en omdat Zondo bevooroordeeld teenoor die oudpresident sou wees.

Zondo het hierdie aansprake van Zuma met breedvoerige opgaaf van redes verwerp en uitgewys hoe Zuma dit deurgaans probeer vryspring om voor die kommissie te verskyn.

Zondo se uitspraak oor die voorgestelde onttrekking het daartoe gelei dat Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane SC, gesê het hulle sal Zondo se uitspraak op hersiening na die hooggeregshof neem en dat hulle hul van die verrigtinge verskoon.

Adv. Paul Pretorius, vir die kommissie, het gesê die beplande kruisondervraging van Zuma moet dadelik voortgaan. Sikhakhane het egter aangevoer die beoogde regsproses in die hof moet nou eers sy gang gaan.

Zondo het die kommissie vir 15 minute verdaag om verskillende opsies te oorweeg.

Zuma was deurgaans aanwesig en het die verrigtinge uitdrukkingloos gevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Rentia ·

Ag dankie tog!! Regter Zondo, dankie. Dankie dat jy nie ook steier onder Zuma en die res nie. Staan vas en sterk in jou beginsels.

Suzette ·

Ek is bly dat Regter Zondo hom nie onttrek het nie – want dit is presies wat zuma wil he. Sy regsverteenwoordigers moet ook sommer vas gevat word omdat hulle hom help met sy vertragingstaktiek en dan het hy die cheek om te kom sê die saak sloer nou al so lank as gevolg van al die uitstel wat reeds plaasgevind het. Hy is die oorsaak daarvan en kom elke keer daarmee weg.

Adam Adriaan ·

Baie bly dat Zondo sy rug styf gemaak het. Zuma sal nog st straf kry!!!!

Paul ·

As ek reg verstaan kom die kommissie Feb.Maart tot n einde wat gebeur as zuma nog besig is om te appeleer ?

Wat op dees Aarde ·

Dan gaan al die bewyse en leêrs net so oor na die NVG toe. Al 32 getuies wat hom ook geïmpliseer het se geteuienis kan hule dan strafregtelik gebruik.

Dries ·

Volgende gaan jy sien dat elke skelm wat Zondo kommissie toe geroep word nou skielik in die hooggeregshof wil gaan protesteer. Daar moet tog sekerlik maniere wees om hierdie gesloer stop te sit??

koos10 ·

Daar is. Die kommissie moes nooit toegelaat word om soos ‘n hof te werk nie, want dit is waarvoor die howe daar is. Die mense moet krimineel aangekla word en hulle “onskuld” in die hof gaan verdedig. Hulle almal het mos hulle onskuld verkoop en gevra dat hulle hul dag in die hof moet kry.

tweeling ·

Die kommissie werk nie soos ‘n hof nie. Gaan lees die riglyne van die kommissie.

JohanR ·

Hy moes maar net gese het dat hy nie dink dat Zuma het ENIGE vriende nie!

Anton ·

En dan sal hulle seker die uitspraak na die volgende en die volgende hof verwys

4ntj13 ·

Vriende is veronderstel om ʼn aangeklaagde te BEVOORDEEL, nie te benadeel nie, of het Zuma sóveel hartseer in die wêreld veroorsaak dat hy selfs sy “vriende” se vooroordeel vrees?
Ek hoop dus sy aansoek beteken vir die howe dat hul besluite dienooreenkomstig dringender versnel moet word!

Pierre ·

Mr Zuma het Mr Zondo seker strategies aangestel met die hoop dat sy “vriend” hom goedgesind sal wees maar die bordjies het verhang en nou probeer hy uitkom

Misky ·

Ek begin my opinie van Zondo verander…. ja nee, Zuma se uitsteltaktiek gaan nie werk nie. Dankie Zondo en kry die “ball aan die rol” asb. Halleluja!!!

Kokerboom ·

Dankie Regter Zondo. U het NIE toegelaat dat die desperate Duisternis die oorhand kry. Gaan nou vir hom asb!!

Sarel ·

Zuma beskou homself, met hulp van sy Regzverteenwoordigers . As verhewe bo die wet.

Johnny ·

Zuma het die kommissie verlaat. Onwettiglik. Hy het die dagvaarding ignoreer, en alle wetgewing oor kommissies van ondersoek ook ignoreer.
Tyd om hom te arresteer. NOU. Voordat hy verdwyn. Gaan haal hom VANDAG NOG by sy verblyf vir die duur van sy (nooit beplan om te lewer nie) getuienis.

My siening ·

Vat so Zumpie jy het te ver gegaan en SA uitgedaag en jou slim geite haal jou in. Zondo is my hero!!

Anoniem ·

Zuma het blykbaar kort daarna, sonder toestemming uitgestap. Nou behoort hulle die skurk te arresteer.

Leon ·

Ten spyte van al Zoempie se vertragingstaktiek kry ek tog die idee die gety het teen hom gedraai. As hy nou maar tronk toe kan hy nog uitkom voordat dit te laat is.

Boer ·

Dit is reg Zondo Moet nie nonsens vat van Zuma nie. Zuma moet nog 27 jaar tronk toe.

Gato ·

Hallo Mnr die President. Wys nou dat daar tog iets in jou steek en ruk vir Zuma in die bek. In hierdie leierlose land is dit seker te veel gevra. Die Openbare Beskermer sit ook nog vierkantig in haar stoel nadat soveel bewyse teen haar gebring is. Lyk my CR het nie n paar nie. Dalk is daar n Kubaanse dokter wat pille het dat hy n paar kan groei.

Johann ·

Nee kyk…dom is hy beslis maar STUPID nie! Die domastrante Zumpie en sy Zumaikies weet hoe om onverandwoordbaar te wees. Uitstel. Uitstel. Wag wag wag…speel vir tyd….. En intussen kos dit MULTI MILJOENE om die proses te dryf om hom actually te laat praat?

gpsa ·

Zondo kommissie is ‘n kommissie sonder tande wat miljoene rande kos. Wie is tot nou al skuldig bevind en gestraf of in die tronk en hoeveel kos dit al? Hulle speel ook maar vir tyd, Seker al ‘n jaar later en kon nog nie eers Zuma ordentlik ondervra nie.

Aai ·

Zumpie dink om nie te getuig en stil te bly hy gaan nie in die tronk sit nie so maklik.Die getuienis teen jou is baie sterk so jy sal jou dag kry in die oranje pakkieen dan ‘n dag na dit sal jy terminaal siek wees en dan kry ons jou golf speel na die terminall siek wees.

Kirst ·

Zuma het klaar reggekry wat hou wou. Hy sou die week moes getuig, maar het dit uitgestel tot vandag met die versoek dat Zondo hom onttrek. Toe dit nie werk nie kom hy met ‘n ander slenter sodat hy ook die vandag of more hoef te getuig nie. Kry die skurk voor ‘n hof en sluit hom toe. Dan kan hy nog van ons belasting vreet.

Connie ·

Dankie Regter Zondo, doen nou net die regte volgende stap en laat hy getuig. Geen verdere uitstel nie asb, en asb gaan arresteer hom hy het al die wette oortree deur uit te loop.

Wat op dees Aarde ·

Ek dink Zondo se volgende stap is bevel vir arrestasie.

Mariana ·

Hy spartel nou met alle mag, die Zuma. Regter Zondo het reg besluit deur nie te onttrek nie. Zuma moet betaal vir sy wandade net soos enige ander misdadiger.

Hennie J ·

Dankie Regter Zondo dat jy jou man staan. Ek glo jy sal nou ook waar sy eksellensie stortkop sommer die pad gevat het, bepaal dat hy onder arres geplaas word. Sy eksellensie stortkop moet ook weer dat al loop die leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.

Stofbakkies ·

Dankie tog regter Zondo staan sterk! Trots op ‘n man met integriteit.

Ria ·

As hy nie die beskuldigings teen hom verkeerd kan bewys nie, dan staan daardie uitsprake mos vas as aanklagte teen hom. So as hy swyg dan skiet hy homself mos in die voet, of hoe.

Eddie ·

Ek wonder hoeveel hase Zuma nou uit die hoed gaan haal om nog vertraging moontlik te maak ?

Sylvia ·

Uiteindelik iemand wat nie geswig het onder die politieke druk nie, hoop dit hou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.