ʼn Durbanse polisieman het na bewering sy vrou en swaer in die Durbanse landdroshof doodgeskiet en toe sy vuurwapen op homself gerig om glo sy lewe te probeer neem.
Kol. Thembeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê die polisieman en sy vervreemde vrou was vanoggend omstreeks 11:00 in die hof om hul skeisaak af te handel.
Tydens ʼn reses het ʼn woordewisseling tussen die polisieman en sy vrou ontstaan waartydens die man haar en haar broer na bewering doodgeskiet het, sê Mbele. Daarna het die man homself geskiet, maar oorleef.
Hy is in ʼn baie kritieke toestand onder polisiebewaking in ʼn nabygeleë hospitaal opgeneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Wat de hel gaan aan in die land. Ons moet op ons kniee gaan. Ek glo dat die mensdom aan depressie lei agv die politieke toestand van SA
Hoe is hy toegelaat om met ‘n pistool in die hof in te gaan? Hy was seker nie aan diens toe hy sy skeisaak in die hof beding het nie? Of hoe? Wel in SA is enige iets moontik…
as ek die laaste boek vd bybel lees gaan dit niks beter raak
sterkte aan die familie wat nou al die stukke moet optel
wens almal wil hulle beloftes hou en ernstig op neem
weteloos, godeloos, vredeloos
ons is oorgelaat aan die genade
Dalk was hy so desperaat, moedeloos, kwaad en kon nie sy gevoelens beheer nie? of gedink dat dit tog die enigste uitweg is. Kom ons judge nie as on nie self in iemand se skoene kan staan nie. Kom ons bly tog maar net op on kniee…
Lyk my mense kan nie hulle geskille woordeliks uitsorteer nie. Geweld word gesien as die enigste oplossing. So tragies dat mense hulle lewens so verwoes.