Drama in hof toe polisieman glo losbrand

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Durbanse polisieman het na bewering sy vrou en swaer in die Durbanse landdroshof doodgeskiet en toe sy vuurwapen op homself gerig om glo sy lewe te probeer neem.

Kol. Thembeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê die polisieman en sy vervreemde vrou was vanoggend omstreeks 11:00 in die hof om hul skeisaak af te handel.

Tydens ʼn reses het ʼn woordewisseling tussen die polisieman en sy vrou ontstaan waartydens die man haar en haar broer na bewering doodgeskiet het, sê Mbele. Daarna het die man homself geskiet, maar oorleef.

Hy is in ʼn baie kritieke toestand onder polisiebewaking in ʼn nabygeleë hospitaal opgeneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dries du Toit ·

Wat de hel gaan aan in die land. Ons moet op ons kniee gaan. Ek glo dat die mensdom aan depressie lei agv die politieke toestand van SA

L ·

@Dries, depressie maak jou nie homicidal nie. Die is eenvoudig n moordenaar.

Swak ·

ag tjol, dit wys jou net hoe wreedaardig die polisie deesdae is .. hulle is van SWAK gehalte en baie aggressief en verseker moordlustig.

Trots n Polisie beampte ·

@Swak kom vertel my twee Dogters 12 en 15 , wat jy van hulle pa Dink as n Polisieman !!!

Onnie ·

Hoe is hy toegelaat om met ‘n pistool in die hof in te gaan? Hy was seker nie aan diens toe hy sy skeisaak in die hof beding het nie? Of hoe? Wel in SA is enige iets moontik…

Honeybird ·

@swak. Watse snert praat jy nou!! Ek is ‘n trotse vrou van’ n polisieman. Vir jou informasie is hy glad nie wreedaardig en swak soos wat jy weergee nie.

Aande as jy heerlik in die bed le met jou gesin by jou sit ek alleen tuis omdat MY MAN ondankbare mense soos jy moet veilig hou. Jou kommentaar is nie net ‘n klap in die gesig vir goeie hardwerkende polisiemans en vrouens nie maar ook’ n klap in die gesig vir ons as hulle gades en kinders!!!

linda limbo ·

as ek die laaste boek vd bybel lees gaan dit niks beter raak
sterkte aan die familie wat nou al die stukke moet optel
wens almal wil hulle beloftes hou en ernstig op neem
weteloos, godeloos, vredeloos
ons is oorgelaat aan die genade

Michelle ·

Dalk was hy so desperaat, moedeloos, kwaad en kon nie sy gevoelens beheer nie? of gedink dat dit tog die enigste uitweg is. Kom ons judge nie as on nie self in iemand se skoene kan staan nie. Kom ons bly tog maar net op on kniee…

horst ·

hoe is dit moontlik om met n wapen hof toe te gaan, dit lyk vir my na voorbedagte rade, daar is geen verskoning wat vir my aanvaarbaar is. ons hoef nie te orrdeel nie, dis eenvoudig moord.

Geregtigheid ·

Lyk my mense kan nie hulle geskille woordeliks uitsorteer nie. Geweld word gesien as die enigste oplossing. So tragies dat mense hulle lewens so verwoes.

VRAAG ·

@Horst
As jy ‘n SAPS lid is met amptelike drag aan en nie gewone klere nie. Kan jy sekerlik ‘n hof gebou binne gaan met jou wapen. Die man was moontlik aan diens ook en sou na sy kantoor of stasie terug keet na die hofsaak. Polisie beamptes sovêr ek weet mag met hul SAP uitgereikte wapens die hofgeboue binne gaan. Daar is wel enkele beamptes wat glad nie wapens dra nie.

humor ·

As hyself in die hofgeding betrokke is dan is hy nie aan diens nie en behoort hy nie met n vuurwapen teenwoordig te wees nie.

Alida ·

As sy die Eiseres was het hy nie nodig gehad om hof toe te gaan nie.

Wonder maar net ·

Wonder maar net as hulle reg geleef het sou daar geen reg tot egskeiding gewees het nie. Vlgs Bybelse wette behoort die egbreker gestenig te word. Niks mee fout dat hy haar dus gedood het nie.

Marius ·

Elke knieg sal buig, elke tong sal belei dat Jesus Christus die Koning is. Kom ons leef dan vir Hom, Hy is al antwoord wat ons in hierdie land het. Bid vir mekaar, dra mekaar se laste. Sterkte aan daardie familie wat vanaand seer het. Ek bid vir julle.

Linda ·

Hierdie Polisieman het Maandagaand om 22h00 in die hospitaal gesterf.

JoeV ·

Enige iemand wat in die hof verskyn, was nog altyd so, is ongewapen… hoe het die een skeef geloop?

jakes ·

Dis snert dat polisiemanne nie wapens mag drae in die hof nie. Hulle drae juis wapens vir ingeval aangeklaagdes probeer ontsnap. Die polisieman moes dus sy uniform aangehad het en sou dus nie bevraagteken word as hy sy wapen by hom gehad het nie. Die publiek mag geen wapen s in die hofsaal inneem nie.

Louise ·

Ek ken paar mense wat na egskeiding vriende gebly het. Saam nuwe eggenote braai ens. Ter wille van kinders hul soos VOLWASSENES gedra. Maak nie saak wie wat aan ander party gedoen het nie.

Hoe kry mense wat eens op tyd smoorverlief was dit reg om mekaar so te haat. Ek het ook al alle rede gehad en KIES om lief te wees. Al verskil ons. As God my daagliks kan vergewe, hoekom kan jy nie ander vergewe? Hoekom nie net skei en aangaan met jou lewe? Hoekom ma van jou kinders dood skiet? En nog hul oom ook? Vir wat???

lolla ·

as ek jou nie kan kry nie sal niemand anders jou kry nie…… dit is nog teveel die siening van mans wat glo die man koop die vrou en dis sy reg op wat met haar lewe gebeur…. maar nog baie mense neem nie dit ernstig op as n man aggresiewe gedragsprobleme het en dreig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.