Drama met aankondiging van nuwe Zoeloekoning

Prins Misuzulu Zulu is as die nuwe Zoeloekoning aangewys. (Foto: AFP)

Prins Misuzulu Zulu is Vrydagaand as die nuwe koning van die Zoeloes aangekondig waarna hoogdrama gevolg het.

Zulu (46) is die oudste seun van die ontslape koning Goodwill Zwelithini (72) en sy ontslape vrou, koningin Mantfombi Dlamini Zulu (65).

Hy is in die testament van die koningin as opvolger aangewys. Haar testament is na haar gedenkdiens deur haar prokureur voorgelees en dit is regstreeks uitgesaai.

Chaos het kort daarna ontstaan toe die nuwe koning se broer, prins Thokozani, opgestaan het om ʼn mening te gee.

Familielede het heftig kapsie gemaak teen die onderbreking waarna die nuwe koning vinnig deur swaar gewapende lyfwagte omring is en hulle in ʼn konvooi daar weggery het.

Die koningin, wat die tussentydse leier van die Zoeloes was ná haar man se dood, is einde April dood. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie. Koning Goodwill is in Maart aan Covid-19 dood. Hy het ses vroue en 28 kinders agtergelaat.

Die koningin het agt kinders, insluitend vyf seuns, by Goodwill gehad. Daar is reeds vroeër bespiegel dat sy waarskynlik haar oudste seun, prins Misuzulu, sou aanwys as die volgende Zoeloekoning.

Sedert die dood van die ontslape koningin, Goodwill se derde vrou en suster van Eswatini se koning Mswati III, het verskillende faksies in die koninklike familie probeer om hul kandidate as troonopvolger te laat aanwys.

Die IVP het intussen die aanwysing van die nuwe Zoeloekoning verwelkom.

Velenkosini Hlabisa, leier van die IVP, het gesê die nuwe koning bestyg die troon in ʼn tyd van geweldige ekonomiese ontbering en te midde van die Covid-19-pandemie.

“Baie sal na hom kyk vir leiding. Die IVP is dankbaar dat die Zoeloe-nasie ʼn koning sal hê wat in die buiteland studeer het, baie gereis het en die tyd waarin ons tans lewe verstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Knorknaap ·

Die wenner kry 50 miljoen per jaar danksy die belastingbetaler.

Jaco ·

Die regeringsbeleid om tradisionele stamhoofde en konings salarisse te betaal, kom vanaf Britse kolonialisme. ALLE wit regerings in SA vanaf 1910 het met dié beleid voortgegaan. Die Nasionale Party se apartheidsbeleid het dié stelsel die meeste uitgebrei. Na 1994 het die ANC die beleid net so behou. So as daar nou gekla word oor geldmors met dié stelsel, moet die blaam so 150 jaar of meer teruggaan.

Hoekom ·

@Jaco

Ons as jong mense het nou genoeg gehoor van hoe dit was en hoe dit nou is. Ek het my diens gedoen oorsee, die kaartjie betaal deur die ouer garde wat nie ‘n besluit kon maak in 94’ nie. Ek blameer julle nie maar kom ons werk aan ‘n Afrikaner toekoms en hou ons nie by die verlede se dom besluite nie…

Joe Olivier ·

Die zoeloenasie se koning , maar almal se belastinggeld moet hom verryk.

Johanna ·

Ek sal graag will hoor wat die ontslape Koningin se oorsaak van dood was.
As die Zulu Koning dan soveel verdien uit belasting betalers se geld, will ek weet wat doen hy om dit te verdien. Ek wonder soms hoekom hulle as Zulu nasie nie vir Zuma aanvat oor sy skande nie.

Jr ·

Gaaaap maak my wakker asb as daar geniune regte nuus is. Ek gee nie n dut om nie. Boring gaaaaaap

JohanR ·

En die sirkus skop af met die eerste vertooning van die naare!

Althes ·

Wel ten spyte daarvan dat ons belastinggeld hom onderhou, is ek bly dat as die IVP tevrede is met sy aanstelling, ek ook. Ek het nog altyd baie respek gehad vir Buthelezi en hoop hy word nog baie oud.

Sarel ·

Tekenend van die tyd waarin ons lewe. Die A C gaan nie stilsit nie

Jack ·

Wonder wat doen hy heeldag amper soos die koningin van Engeland. Monargie het geen plek meer nie en beroof slegs die land van waardevolle bronne.

Grassie ·

Jy kan mos sien wat doen hy heeldag. Ses vroue en 28 kinders.

Pappa Beer ·

Oorsee gestudeer? By kolonistiese universiteite? Asseblief die witman is dan die vyand en onderdrukker! ????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.