Drama toe oorlede tiener se familie huis kry 

Agnes Mosweu (heel regs) in ‘n EFF-hemp. Foto: ANA

Die oorhandiging van ʼn nuwe huis aan die familie van die oorlede tiener van Coligny, Matlhomola Mosweu, is deur drama voorafgegaan.

Mosweu se ma, Agnes Mosweu, het in ʼn EFF-hemp by die oorhandigingseremonie aangekom wat deur die ANC provinsiale regering gereël is. Beamptes van die ANC en die provinsiale regering het haar versoek om ʼn ander hemp aan te trek maar sy het geweier.

“Hulle kan nie vir my sê wat om aan te trek nie,” het ʼn ontstoke Mosweu gesê. Matlhomola se pa, Sakkie Dingake het agter in die tent wat vir die geleentheid opgerig is, gesit en beweer hy is nie na die geleentheid genooi nie.

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het die huis oorhandig. Lindiwe Sisulu, destydse minister van menslike nedersettings, het in 2017 dié huis aan die familie belowe.

Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) is vroeër die maand in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis in verband met die dood van Mosweu. Hulle is aan moord skuldig bevind.

Doorewaard en Schutte is onderskeidelik tot 18 en 23 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis. Die hof het bevind die twee mans het Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgegooi wat sy dood veroorsaak het.

Die mans se skuldigbevinding en vonnis het gekom ten spyte daarvan dat Rapport vroeër vanjaar berig het die enigste ooggetuie in die saak, Bonakele Pakisi, het erken hy het in die hof gelieg toe hy getuig het dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu vermoor.

Adv. Barry Roux SC, ʼn toonaangewende en bekende advokaat in regskringe, sal Doorewaard en Schutte se appèlaansoek behartig.

AfriForum sal die appèlkoste dra sodat Roux die saak kan hanteer. Adv. Gerrie Nel en sy span by AfriForum se privaatvervolgingseenheid lewer ook bystand om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Zelda ·

Ha ha backfire die ANC se skeinheiligheid lelik in hulle gesig

Neels ·

Wha en daar bars die ANC se verkiesings bubble toe en ou Julias kry die eer.

Louis ·

En wanneer kry die blankes wat so vermoor word se families ook huise?????? Dan praat Ramaposa hulle het apartheid oorwin!!!!!!?????2nonsense man hy veroorsaak dat apartheid nooit sal stop nie

wonder waar gaan alles eindig ·

wonder ek nou net dieselfde ding. Duisende word vermoor, maar net sekere’s kry huise?!! Eintlik BELAGLIK. mens kan net BID vir hierdie mense en hierdie land. NIKS en NIEMAND gaan dit kan reg behalwe die HERE nie :-(

Elize ·

Ek kraai soos ek lag. Nie gedink hier het iets in SA oorgebly om nog oor te lag nie, maar dit is wraggies skreeu snaaks. ANC gee huis aan gesin wat dit nie verdien nie en die vrou is n EFF ondersteuner wat weier om die hemp uit te trek. Go figure.

fred ·

ag Elize…ons die belasting betalers betaal vir als…..as die ANC iets gee is dit of van belastingsgeld of van hulle korrupte sponsors…die ANC produseer niks wat hulle kan weggee…..?

Johan ·

Die ANC het gedink hulle het stemme gekoop met ‘n huis. Maar toe is die moeder skielik EFF. Miskien het die EFF haar die plaas belowe waarop die jong man dood is. Wie weet?

Kasper ·

Lekker in your face ne anc , kry vir julle. Tog graag wil ek weet wanneer kry boere en ander mense wat so wreed vermoor word , hulle gratis huise?

Naja Nivea ·

Gaan hulle die huis terug gee indien die saak omgeswaai word?

Louis leeu ·

Wat gebeur nou wanneer die twee onskuldig bevind word ,gaan die ANC die huis terugvat.

Hanna Hoekom ·

Onwaarskynlik! Hoop hul families word ook met huise “beloon”. Onskuldig is hulle beslis. Wishful thinking.

Andreas ·

Dit is oneindig tragies dat die ANC die geleentheid met die afsterwe van ‘n persoon aangryp en aan die oorledene se behoeftige familie ‘n huis skenk.

Andreas ·

Kom ons vra verder, wat het die ANC vir daardie behoeftige huis voor die kind se dood beteken?

Chris ·

Die auntie gaan nie die titel ake van die huis kry voordat sy nie die Eff henp verbrand het en op die anc senaam n eed afgele het dat sy n geswore kader is nie

Lekker lag ·

ANC gee asb vir die jong man wat vroeer die week deur regte kriminele doodgeskiet is op die R 21 terwyl hy sy werk gedoen het se familie ook ‘n huis dalk sal dit hul troos dat hul seun van net 22 vermoor is. RIP Francois Swart.

Eben P ·

Wonder of Lindiwe se hare gekam was vir die eff geleendheid onder anc se kamstige naam. ? Altyd geweet die eff en anc dieselfde voëls

Jannie ·

Eben jy bedoel seker haar pruik! Hahaha! En tog ‘n servet vir die eier op haar gesig Hiehie!

Helena. ·

NEVER A DULL MOMENT! Ek lag my slap vir die narre. Daai vrou lag lekker oor haar huis van die anc..en dit in n eff hempie. Ag nee dit wil gedoen wees.

SjN ·

Daar gaan seker weer volgens ANC beloftes yskaste en stowe reën voor die verkiesing. Wat gaan met die huis gebeur indien die mans onskuldig bevind word?

Duimpie se Maat ·

Ogaats die anc het gehoop op die gesinnetjie se ondersteuning….. toe verloor hulle n stem ook…. Oi oi

Wessel ·

En wat moet die stemvee uit so ‘n situasie leer? Enige raaiskoot?

Jan ·

En as die appel slaag word die huis seker teruggevat……shame

George in Bloem ·

En wanneer kry die selferkende liegbek getuie sy huis wat hy belowe is vir sy gelieg in die hofsaak? Eish! En mag hy enige hempie dra met die seremonie? Die sirkus vat die laaste ruk behoorlik vlam en hoe nader die verkiesing kom,hoe snaakser word al die narre.

Bandofbrothers ·

Wil nie snaaks klink nie, maar soms lyk dit of daar geen hartseer is in sulke gevalle van die families is nie, nou is die oorlog in watse party hemp jy sit by jou eie kind se begrafnis.

PaulV ·

Bandofbrothers; waarvan praat jy? Duidelik het jy nie die artikel gelees nie. Dit was nie die seun se begrafnis nie; hy is byna twee jaar gelede reeds dood.

Koos de Meyer. ·

Ja omdat hy gesê het dat hy gelieg het kry die ma nou die huis. Wat ‘n sirkus. En juliesie hy lag lekker, mooi man.

Manie ·

Kan elke wit familie wie se mense deur swartes vermoor is ook die reg tot n gratis huis kry. Of is dit weer n verkiesings foefie van die rassiste

Bietjie baie ·

Ek werk met soveel witmense wat geen heenkome het nie. Ek voel regtig as die nood so hoog is, gaan doen aansoek vir n RDP huis. As jy kan werk kry as a skoonmaker, vat die werk. Oorsee maak witmense toilette skoon, vee strate, is skoonmakers, werk in tuine.
n Halwe brood is beter as geen brood nie.
Sorry vir die ANC wat gedink.het hulle gee vir mense huise. ONS BELASTING BETALERS gee die huise. ANC het nog net ons land kaal gestroop.
As Ramaphosa regtig ernstig is, hoekom loop al die skelms steeds vrylik rond.

Gemaskerde Sopbeen ·

As daar nog EFF ondersteuners is wat graag ‘n huis by die ANC wil kry, bring julle tieners…..my bakkie is beskikbaar oor naweke!!

Vonkprop ·

Staan daardie huis nog wat Juju in Nkandla gebou het? En as sy dan so ‘n vurige EFF ondersteuner is hoekom het sy nie nee gesê vir die huis nie? Wys jou net, verraai alles en almal as jy iets verniet kan kry.

Maria ·

Laat my wonder watter van die partye het die leuemaar omgekoop om te lieg. Hulle wil darem te graag die familie help…….ook mos maar omkopery vir stemme of hoe

Mal ·

Julle almal gaan sien die saak gaan draai en ek hoop dat die ou wat gelief het en daai familie,…… Maar weet die leun loop vooruit maar die waarheid kom agterna

Devill ·

Honderde swart tieners wors deur ander swartmense vermoor maar nie een van hulle ouers kry huise nie.
Maar weet jy as jou kind deur witmense vermoor word DAN verdien jy en jou gesin ‘n huis, free of charge.

Wa ·

Kan nie wag om te sien wat gee die anc/eff vir die “getuie”, Bonakele Pakisi, nie……..of dalk gaan hy net verdwyn want hierdie is nog lank nie die einde van hierdie saak nie!!!

jakes ·

N verkiesings foefie om stemme te lok, dis niks anders nie. ANC is ook besig om kospakkies uit te deel. Nou kan alle suidafrikaners kwalifiseer vir huise as n famiielid vermoor word. Die vrou en haar man kan darem nou hul eie sonneblomme plant.

Eben ·

Ek moet net sê: daardie twee mans weet wat regtig gebeur het en indien hulle onskuldig is (soos dit wil voorkom) is dit darem ‘n verskriklike ding wat hulle en hul families oorkom. Dat mens *so* magteloos moet wees teen mense wat jou so haat en volle beheer het oor al die staatsinstellings en masjienerie en dit *so* misbruik. Dit maak mens moedeloos, hartseer, kwaad en maak ‘n grap van reg en geregtigheid.

TLC ·

Weet die arme Moeder waar is haar ander kinders of was die dief haar enigste shame
Als is omgeswaai in stemme werwing en nou is die arme moedertjie so confused sy weet nie eers wie het vir haar die huis gegee nie

Elvira ·

Siek en sat vir hierdie skynheilige Sisulu. Gaan seker die huis terugvat as beskuldigdes se appel positief is en hulle onskuldig is soos dit behoort te gewees het.

H ·

DIS NIE DIE ANC WAT DIE HUIS GEE NIE, ONS ALMAL WAT TAX BETAAL HET SOPAS DAAI ONVERDIENDE HUIS AAN DIE KLOMP GEGEE TERWYL 2 ONSKULDIGE MANS IN DIE TRONK SIT AS GEVOLG VAN ‘N LIEGSTORIE.

S ·

As my geheue my nie in die steek laat nie was die oorledene lank nie geidentifiseerd nie ? Mense hey bespiegel oor hoe oud hy was ens. Nou kry die familie n huis en hulle het nie eers vir weke geweet hys weg nie !

Niel ·

En so word jy vergoed as jy ‘n boer tronk toe stuur! By hooks or by crooks. Lieg is een van die vereistes by hulle.

Johan ·

Ek het baie lekker gelag oor die verrassing wat die ANC gekry tov die EFF hempie. Dis natuurlik waarom dit nie deur SABC uitgesaai is nie!

oelof van wyk ·

die anc se verkiesings foefie het lelik geboemerang. shame

Adri ·

As ek so lees deur jul geselsies dan klink julle almal soos die AWB ondersteuners 1n 1994. Maar stem julle is dit net vir die EngelseDA. Stem ‘n slag reg man.

HARTSEER ·

Ek hoop net dat sy volgens die lys haar huis gekry het.

My hart is baie seer – so baie mense wag jare vir ‘n huis. Intussen word munisipale kantore afgebrand & daarmee saam seker maar die lyste. Verder is dit ‘n kommer dat baie mense huise kry watdit nie nodig het nie & dit dan dadelik verhuur aan ander.

My aanbeveling is dat daar op nasionale vlak ‘n register gehou word vlgs die persoon se ID nommer – of hy of sy op ‘n lys is / was & verder moet daar ook ondersoek ingestel word of die inwoners van die huis ooreenstem met die toekenning.
Verder moet oues van dae voorkeur kry asb. As die huis toegeken word moet daardie persoon dadelik ‘n testament opstel om te verseker dat die eggenoot & minderjarige kinders die huis kry na afsterwe – nog beter dit moet op die dokumente aangebring word name vanne & identiteits nommers – dan is daar geen gestry na die dood nie.

Sterkte vir almal wat al so lank moet wag en moet toekyk hoe ander alweer voor ingedruk word.

E.K. die eerste ·

Alles “window dressing” hier voor die verkiesing. Party sal wel daarvoor val…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.