Drama tydens Zuma-toespraak by OVK-sentrum

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Groep vroue het Saterdagaand tydens pres. Jacob Zuma se toespraak by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria betoog.

Lede van die EFF het die uitslagsentrum verlaat terwyl Zuma na die podium beweeg het. ʼn Groep vroue het intussen voor die verhoog waar Zuma sy toespraak gelewer het begin saamdrom en plakkate omhoog gehou.

Die vroue wat in swart geklee was het glo teen verkragting betoog. “10 years later” en “Remember Khwezi” het van die plakkate gelees, glo met verwysing na Zuma se verkragtingsaak. Die betogers is ná Zuma se toespraak deur lyfwagte uit die uitslagsentrum verwyder.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Khwezi is die vrou wat Zuma van verkragting aangekla het. Zuma is later vrygespreek op die aanklagte.

Die OVK het kort hierna vir Zuma en ander afgevaardigdes om verskoning gevra en gesê die betoging het hulle onkant gevang.

Zuma het tydens sy kort toespraak die miljoene mense wat gestem het bedank en gesê die verkiesing was grotendeels vreedsaam, vry en regverdig. Hy het gesê die verkiesing het politieke partye die geleentheid gegee om met Suid-Afrikaners om te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

William ·

nie eens graad 5 nie. Dankie vir die vroue wat opstaan teen verkragting.

Ouman ·

Tyd vir Zuma en al sy trawante om die pad te vat. Die”clever people” het hom nou duidelik die boodskap gegee.

Sarel Strydom ·

Verkiesing verb, nou gaan die politisie weer soos skaars raak soos verkeersbeamptes op ‘n vakansiedag.

Jaco ·

Ek sukkel al 4 maande om die kaapse Munisipaliteit Sover te kry om hulle eie lekkende pompstasie reg te maak. Duizende liters water verdwyn PER DAG daar. Die amptenare is regstellende aksie aanstellings en die DA raadslid gee eenvoudig nie om nie. Nou met n 2derde meerderheid gaan die DA in die Kaap seker nog minder doen. Dis mos veilig om die Kaap te wen, so sit daarna agteroor en geniet die vet salaris, kar, huis ens ens. As die DA al so lyk, sidder ek om te dink hoe ANC-beheerde rade lyk en niks doen nie.

Eugene ·

Jaco jy sit in die beste provinsie! Hoekom kla jy so? Oplossing: Orania toe!

snoefie ·

Jaco stuut vir Tannie Patty n persoonlike brief via die argus as jy moet.

E ·

Kan iemand dalk sê hoe die meisies met die plakate toegang tot die gebou gekry het?, daar was dan sekuriteit.

E ·

Skies nog iets. Hul het ingekom net na die eff uit is, dalk is dit so beplan dat eff hul aandag moes aftrek? of net toevallig?

snoefie ·

hulle was voor die vergadering dalk deel van die hoogskop trompoppies. niemand gaan dan na hulle hands kyk nie.

johann du preez ·

Ons geagte President het ‘n 4 jaar kwalifikasie. 4 jaar om graad 4 deur te kom.

Lance ·

Hy kan maar bly tot 2019 …werk bie goed om stemme te kry :)

Eugene ·

Die vier vrouens en die EFF het hul punt gemaak! Tenminste nie draadsitters nie.

Tong innie kies ·

Mooi so.Hulle moet die man herinner van al sy sondetjies.Nogal op n gepaste wyse,plek en tyd gedoen! “They had a good story to tell” He he he

Pietman ·

E. vir wie propageer jy dan nou eintlik ? Feit is: die vroue was daar en het die moed van hulle oortuiging aan die dag gele-bravo vir die vroue!

Albert ·

1.Stem saam dat Zuma die DA se beste wapen is om die ANC me af te takel-in teendeel -by doen dit sommer eiehandig-hoe langer hy vasbyt-hoe swakker word sy party.2.Lyk tog of Regter Harmse korrek was-die waarheid maak seer-veral as jy kleinserig is ?

Louwrens ·

Ek hoor (tong in die kies) dieselfde ou wat destyds die sekuriteit tydens Mandela se begrafnis hanteer het toe Obama sy toespraak gelewer het, was ook die hoof van sekuriteit by die OVK sentrum.

Jeannie du Plessis ·

As mense verder geluister het, na onderhoude, net na die dames verwyder was, met twee mans sou jy duidelik gehoor het dat die mense nog bitter is oor al die sake wat nog steeds na al die jare (2006 tot nou) teen Zuma (jammer ek het geen respek vir die man) hang en onafgehandeld bly.
As jy na die dames wat die plakate gehou het luister (net een het met pers gesels) kom jy agter dat daardie saak van verkragting nog duidelik in mense se gedagtes is, en dat mense voel die meeste mans kom weg daarmee (sy sê hy was vry gespreek maar dit was duidelik dat die landros wat die saak hanteer het, nie gelukkig was omdat hy Mnr Zuma hard aangespreek het.
Al die sake bly net hang, en hy gaan aan met sy lewe asof niks gebeur het nie. Wat van al die uitsprake in die howe. Baie mense het saam gestem dat die vier dames die reg gehad het om die stille protes aan te teken.
Niks van hierdie verdere onderhoude kom in enige nuusberigte voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.