Dramat en nog twee Valke kry borgtog

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Anwa Dramat, voormalige hoof van die Valke, is Vrydag in die Pretoriase landdroshof saam met nog twee geskorste senior beamptes op borgtog vrygelaat.

Dramat, genl.maj. Shadrack Sibiya, gewese Gautengse Valke-hoof, en kapt. Lesley Maluleke is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die drie het in die hof verskyn in verband met hul beweerde betrokkenheid by die uitlewering van vier Zimbabwiërs in 2010.

Die mans staan tereg op sewe aanklagte insluitend vier van ontvoering, twee van regsverydeling en op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet. Die saak is tot 6 Mei uitgestel en word deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

Die ondersoekbeampte se beëdigde verklaring is in die hof voorgelees en daar is bevestig dat die saak teen die drie ondersoeke vereis en dat daar bewyse is om voort te gaan met vervolging.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het uitgevaar teen bewerings dat die saak teen die drie politiek gemotiveerd is of dat daar ʼn verband is met die saak van Robert McBride, geskorste hoof Opod.

Daar word beweer dat die drie verdagtes in November 2010 en Januarie 2011 betrokke was by die inhegtenisname van sewe Zimbabwiese immigrante en later vier van die Zimbabwiërs onwettiglik aan die Zimbabwiese polisie oorhandig het.

Die vier Zimbabwiërs was glo verdagtes in die moord op ʼn polisiesuperintendent in ʼn restaurant in Bulawayo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

So dis reg dat 3 miljoen onwettige immigrante uit zimbabwe nou maar net hier bly en bly en bly, en dis verkeerd, ja selfs onwettig, om hulle na Zimbabwe te deporteer

vernon ·

Vir een keer word reg en geregtigheid toegepas en kyk hoe fo$ afrika dit op om hulself te pas. As hulle nie na hul eie mense kan omsien nie hoe nog vir ander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.