Dramat en polisieminister bereik glo ooreenkoms

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Lt.Genl. Anwa Dramat Foto: Diana Neille, ENCA

Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, is op verlof geplaas nadat hy en Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, ʼn ooreenkoms bereik het.

“Genl. Dramat en die minister het ooreengekom dat hy op verlof sal wees terwyl hulle ander prosesse probeer finaliseer,” het Musa Zondi, die minister se woordvoerder, gesê.

“Hulle het op 29 Januarie vergader en het ooreengekom dat die generaal [Dramat] op verlof sal wees terwyl hul regsverteenwoordigers probeer om tot ʼn vergelyk te kom.”

Regter Bill Prinsloo het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof Nhleko se aansoek om te appelleer teen ʼn bevel dat Dramat se skorsing tersyde gestel moet word, van die hand gewys. Prinsloo het ook beslis dat Nhleko se besluit om genl.maj. Berning Ntlemeza as waarnemende hoof van die Valke aan te stel, onwettig en ongeldig was.

Dramat is op 23 Desember geskors hangende ʼn ondersoek oor sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van vier Zimbabwiërs in November 2010.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tjaart ·

Dit alles net om vir zuma te beskerm, minister dink jy die mense van suid afrika is onnosel om te besef wat aangaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.