Dramat glo nooit vir lêers gevra nie

Lt.Genl. Anwa Drama Foto: Diana Neille, ENCA

Lt.Genl. Anwa Drama Foto: Diana Neille, ENCA

Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het glo nooit enige gesprekke gehad met Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, oor hoëprofielondersoeke nie.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens neem kennis van verskeie mediaberigte oor die voorkomende skorsing van lt.genl. Dramat, veral met verwysing na bewerings oor genl. Phiyega,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Phiyega het nooit vir Dramat versoek om lêers oor ʼn aantal hoëprofielondersoeke in te dien nie. Die Valke se ondersoeke oor Nkandla, ʼn R60 miljoen-bedrogsaak in KwaZulu-Natal, mnr. John Block of die sentralisering van sekere lêers is ook nooit bespreek nie.”

Die Sunday Times het vroeër berig ʼn brief van Dramat aan polisieminister Nathi Nhleko is aan hulle uitgelek waarin Dramat onderneem om op vroeë pensioen te gaan op voorwaarde dat sy skorsing teruggetrek sal word. ʼn Anonieme bron het aan die koerant gesê Dramat het geweier om lêers van die Valke te oorhandig rakende kwessies soos Nkandla, ʼn R60 miljoen-bedrogsaak in KwaZulu-Natal en ʼn ondersoek oor John Block, Noord-Kaapse voorsitter van die ANC en nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega.

Intussen het die waarnemende hoof van die Valke, genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, in ʼn verklaring gesê hy wil die publiek verseker dat alle sake die nodige aandag sal geniet tydens sy ampstermyn.

Lees alle vorige berigte oor Anwa Dramat op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Dit lyk vir my die generaal het die wit vlag gehys. Die oormag was te groot. Hy sal waarskynlik ‘n stewige handdruk aangebied word by die onderhandelingstafel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.