Dramatiese aanval op geldwa

(Argieffoto)

ʼn Amperse oorlog het naby Witrivier in Mpumalanga uitgebreek toe gewapende rowers Woensdag ʼn geldwa probeer beroof het.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, sê vier voertuie en 15 aanvallers het net buite Kabokweni op die voertuig toegeslaan.

ʼn Taktiese ondersteuningseenheid het nagenoeg 80 m agter die voertuig gery en die eerste aanval is op dié voertuig uitgevoer. Vyf verdagtes in ʼn Ford Ranger het van agter nadergery en op die ondersteuningsvoertuig losgebrand.

“Ons bemanningslede het uit hul skietgate teruggevuur. Terselfdertyd het drie verdagtes wat in ʼn Ford Fiesta langs die pad gewag het, op die geldwa gevuur,” het Bartmann gesê.

Die bemanningslede in die ondersteuningsvoertuig het sowat 20 m verder tot stilstand gekom en die pad versper sodat die geldwa kon wegkom. Hulle het op die rowers gevuur en een van die verdagtes gewond. Die verdagtes in die bakkie het gevlug, terwyl diegene in die motor ʼn ander motoris gekaap en weggejaag het. Dié voertuig het sy opsporingstoestel geaktiveer.

Terwyl die beamptes die geldwa van agter probeer beskerm het, het ʼn ander groep van voor aangeval. Dié verdagtes, na raming vier in ʼn dubbelkajuitbakkie en nóg drie in ʼn Volkswagen Golf, het volgens Bartmann beslis saam met die ander aanvallers gewerk.

Die bestuurder van die bakkie het die geldwa van agter gestamp, terwyl diegene in die motor met vuurwapens losgebrand het.

“Die beamptes in die geldwa het teruggevuur en kon die bates beskerm. Die bestuurder is twee keer gewond. Dit was net vleeswonde en hy is in ʼn bestendige toestand, het Bartmann gesê.

Volgens hom het die groep rowers almal in die motor geklim en weggejaag. Nie ʼn enkele sent is gebuit nie.

“Dit is kommerwekkend om die ongelooflike druk waaronder die verdagtes ons beamptes plaas, te sien. Ons ondersteuningsvoertuig is nagenoeg 50 keer met ʼn AK-47 raakgeskiet en die geldwa omtrent 30 keer.

“Ons is geweldig trots op die manier waarop ons beamptes ʼn uiters gevaarlike en stresvolle situasie hanteer het,” het Bartmann gesê.

Volgens hom was die polisie se forensiese ondersoekeenheid ná die voorval op die toneel om vingerafdrukke en DNS te probeer bekom.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oudste ·

Hierdie aanvallers is nie gewone kriminele nie maar het ongetwyfeld polisie of weermag opleiding gehad. Die artikel beskryf ‘n takties beplande aanval.

minnie muis ·

inside job, die roetes en tye verander daagliks….. hul moet begin by die mense wat gefire is laaste ruk

J ·

WELGEDAAN Fidelity!!!

Doen so voort!

‘Shoot to kill … take no prisoners!”

SomeOne ·

sterkte aan beseerdes, goeie werk aan almal wat die geldwa beskerm het – GOOD SHOW

Johan ·

Hierdie is definitief ‘n “inside Job” en sal nie verbaas wees as dit opgeleide lede is nie, ander kere word dit oopgeblaas en die geld geroof, Hier het hulle gesien hulle kry op herrie en slaan toe op vlug om nie gevang en uitgeken te word nie

Michael 1 ·

Ek glo dat terugbaklei altyd beter is as net oorgee maar die kenners verskil van my.

Pieter J ·

Hierdie wys net dat hierdie tipe rowers wel met die regte stategieĕ op hul plek gesit kan word. Veiligheidspersoneel moet ook die regte tipe voertuie, opleiding en wapens hê.

Sarel ·

Bravo manne bly almal leef. Menister Cele….hoekom.pntwapen jy nie die Rowers nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.