Dramatiese foto’s van Somerset-Wes-brand

Foto: Justin Sullivan/Sullivan Photography

Foto: Justin Sullivan/Sullivan Photography

Die brand in die omgewing van Somerset-Wes woed steeds voort.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het aan Maroela Media gesê die brand het nog nie drasties versprei nie, maar hulle is bekommerd, aangesien die wind spoed opgetel het. “Daar is steeds ongeveer 120 brandbestryders wat probeer om die brand onder beheer te kry en hulle sal deur die nag werk om dit te doen.”

Die brand woed sedert Dinsdagoggend in die Helderberg-area. Minstens sewe eiendomme is reeds in die brand beskadig, terwyl ʼn uitgebreide plantegroei-gebied ook reeds deurgeloop het.

Die onderstaande foto’s is die afgelope twee dae deur Justin Sullivan van Sullivan Photography geneem en word met sy vergunning gepubliseer. Besoek sy Facebook-blad en webtuiste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Celia ·

Ek woon in Brackenfell- van hier kan ons die choppers hoor en die rook is reg rondom ons.
Alle waardering aan die brandbestryders wat onverpoos veg teen hierdie brande en almal wat diere verwyder het uit omgewing.
By my is daar ook geen twyfel dat dit brandstigting is nie. Ons kyk reg op die omliggende berge af. Ons kon sien hoe rook skielik optrek vanuit verskillende rigtings. Sal graag wil weet wat brandbestryding ons kos elke jaar- en dis vir my of dit erger word.

Charles ·

Geen twyfel dat dit ANC trawante is wie die Wes Kaap “onregeerbaar” wil maak, of totaal wil vernietig nie !!

Hasie ·

Hoop die brand stigters gaan gevang word en swaar gestraf word. Daar is geen verskoning vir dit nie.

Nita ·

Lyk my nou word n verskroeide aarde beleid ook ingespan om verwoesting te saai.

Ben ·

Dit is in die meeste gevalle brandstigting. Werkloses word gebruik om in brandspanne te werk en kry dan vergoeding vir hulle werk. As daar nie brande is nie, sit hulle by die huis. Kinders word dan gebruik om brande te stig sodat brandslaners ‘n inkomste kan kry.

Johannes Meintjes ·

Die aspek van moontlike kwaadwillige brandstigting om bronne en manekrag uit te put, asook om skade en vrees aan te wakker, is ook in my GPF woongebied buite voorstede ter sprake. Weereens lewer ek as belastingpligtige landsburger ‘n pleidooi vir effektiewe en uitgebreide GPF funksionering, deelname en burgerlike beskerming op ‘n breer front. Die WNNR het verelde jaar ‘n praktiese model vir effektiewe kommunikasie en sensors vir GPF gebruik aan die publiek aangebied. Die stelsel kan op nasionale vlak toegepas word deurdat elke inwoner bv. R90 p/m op die munisipale belastingrekening bydra sodat die GPF stelsel, toerusting en opleiding vir ge-integreerde burgerlike vrywiligers, die SAPD, die Metro en Nooddienste baie meer effektief en voorkomend kan funksioneer. O.a. word satelliet waarneming benut om brande op die GPF diens operateurspan se rekenaarskerm te identifiseer. Intussen kan buurt patrollies baie bydra om misdaadvoorkoming en midsdaad te help bestuur, asook om ramp skade te verminder of vroegtydig waar te neem vir spoedige en beperkende reaksie. oor die algemeen, voer ek aan, is die publiek te apaties. Kom ons werk saam waar inisiatiewe ons aktiewe burgerlike deelname en selfbestuur in SA fasiliteer, asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.