Dramatiese verhoging in brandstofpryse: ‘Verbruikers uitgelewer’

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Die verhoging in brandstofpryse wat Woensdag in werking tree, laat opnuut die kollig val op die mate waartoe Suid-Afrikaanse verbruikers uitgelewer is aan sake waaroor hulle geen beheer het nie, soos die waarde van die rand en die olieprys.

“Slegs volgehoue ekonomiese groei sal die langtermynneiging van duurder brandstof kan omkeer,” sê Wynand Boshoff, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor energie.

Maroela Media het vroeër berig die sentrale energiefonds het Maandag aangekondig dat diesel van 0,05 sulfaat en 0,005 sulfaat onderskeidelik met ʼn astronomiese R2,84 en R2,76 per liter sal toeneem. Albei grade petrol (93 en 95) sal op 6 September met R1,71 per liter styg. Paraffien neem met R2,78 per liter toe en gas met R2,26 per liter.

“Die olieprys is aan buitefaktore onderworpe. Die waarde van die rand, daarenteen, word grootliks deur valutahandelaars se opvatting van die land se ekonomie beïnvloed,” voeg Boshoff by.

Olie, waarvan die prys in Amerikaanse dollar vasgestel word, word met rande aangekoop. Hoe minder die rand werd is, hoe duurder is brandstof dus in Suid-Afrika.

“Slegs wanneer vertroue in Suid-Afrika se ekonomiese en politieke stabiliteit herstel word, sal die waarde van die rand op ‘n volgehoue grondslag herstel. Dit sal goedkoper brandstof, laer inflasie en gevolglik sterker ekonomiese groei in die hand werk.”

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het verlede week ‘n aantal voorstelle gemaak om wegholbrandstofpryse te tem. Dit gaan veral oor die aannames waarvolgens winsmarges en ‘n basiese prys van geraffineerde brandstofsoorte bepaal word.

“Hoewel prysbepaling voortdurend heroorweeg moet word, word die verskil wat dit kan maak, verreweg deur skommelings in die wisselkoers en die prys van Brent-ru-olie oorskadu. Uiteindelik verdien die brandstofprys, soos die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie, beter as ‘n ANC-regering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

J. J. ·

Beter beheer en minder belastings op petrol sal die probleem grootliks verbeter. Ja, die referring is verantwoordelik vir die bevolking se verarming.

Pieter ·

Die probleem is , nou word alles op die winkel rakke ook duurder. Hierdie regering melk die laaste bietjie uit ons uit.

Pannies ·

Ja dit begin alles by n regering wat nie bevoeg is om n land se sake reg te bestuur nie.
En dan betaal die landsburgers die prys, maar die gepeupel besef dit nie en stem weer vir hulle.

Valhz ·

Goeiedag. Kan iemand asb vir my verduidelik wat het die prys van gas met die petrolprys te doen. Ek kan nog verstaan hoekom die brandstofprys sou klim gegewe die prys van ru-olie, ens. maar dat die prys van gas so drasties klim asof dit direk en dermate geraak word, wil nie vir my sin maak nie.

August ·

Dit is ook n produk wat duur SASOL gemaak word teen n hoor prys as in voer prys van Moz af.

Zoey ·

Hulle jaag nou alles op om net voor die verkiesing alles te laat sak vir meer stemme. Ek weet nie meer hoe ons vorentoe moet gaan nie. En ek kan myself indink hoe die taxi bestuurders die mense wat van hulle gebruik moet maak, gaan bevark met nog hoër pryse.

George ·

Taxi’s voel nie die verhogings nie, hulle is exempt. Maar hulle gaan beslis nogsteeds prys opstoot vir meer wins.

Brandt ·

Die olie word ver onder die mark prys aangekoop by Rusland en dan aan ons verkoop teen n groot wins.

Petoors ·

Smaak my ons finansier al weer een of ander funksie vd ANC!. Soos bv die verkiesing van vogende jaar!!!

Papsak ·

Wonder wie maak vet geld uit petrol pryse ook dit net SA wat so pateties geword het om sulke belaglike prtse te maak nou kry rand die skuld iets moet blaam dra net nie regering hulle engeltjies shame

TrueMan ·

Snaaks hoe die verhoging in brandstof / diesel prys sommer so saam met fase ses gaan. Dit is duister

George ·

en hoeveel van die prys is belasting op die petrol en road accident fund? Seker al 60%

August ·

Die prys verhooging is kunsmatig, dit word aan gevuur duer die tekort van inkomste van belasting,, vir elke lieter wat in gegooi word gaan +- 45% na die staats kas. Dink dit is tyd om die regering in die rug te skop.
Die staat het nie geld nie dit is BELASTING GELD en dit kom van ons af die burgers van die land, en die stat is aan gestel om dit te bestee nie te vermors nie, en al wat gebeur is vermorsing en self ver ryking.

Manie ·

Die land is bankrot en die inwoners betaal die prys vir die regering se plundering.

Blikkies ·

Die ekonomie sal nooit groei met die ANC nie, en die inflasie sal nooit daal met die ANC nie, ons gaan dus net meer en meer moet opdok vir alles wat ons moet koop, nie net brandstof nie, deur hulle onvermoeë om enige iets positief te bestuur.

Impact ·

Ek sien in Lynnwoodweg skuins oorkant Engen, het die betrokke garage sommer die pryse opgesit na R27.49 vir 93 unleaded. Lekker man !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.