‘Drankdief’ doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Jong man, wat glo besig was om drank te steel, is in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdag omstreeks in 13:00 in Willowvale plaasgevind.

“ʼn 23-jarige man het drank agter uit ʼn oop bakkie gesteel. Iemand het hom gesien en omstanders se aandag daarop gevestig. Die man het in die rigting van die Willowvale-informele nedersetting gevlug, waar hy sowat 100 meter verder deur ʼn groep gemeenskapslede aangekeer is,” het Manatha gesê.

Volgens Manatha het die man ʼn mes uitgepluk toe hy besef het hy word aangekeer.

“ʼn 23-jarige man, wat een van die voorbokke in die groep was, het sy vuurwapen uitgehaal en die verdagte in die bolyf geskiet. Hy is op slag dood.”

Die Willowvale-polisie het onder meer ʼn saak van moord aanhangig gemaak. Die 23-jarige skieter het homself aan die polisie oorgegee en sy gelisensieerde vuurwapen ingehandig.

Hy moet Donderdag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

Manatha het gesê die oorledene se naam kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien van sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lag net ·

Jip, hulle moet mekaar maar uisorteer. Hulle is ook al moeg vir hulle eie makkers wat so aanjaag….

Carel ·

Hy kan net homself blameer, hy het gekry wat hy gesoek het. Ons wil graag meer van sulke gevalle hoor.

Wim ·

So, as hy nie gesteel het en toe ‘n mes uitgepluk het to hy gekonfronteer word nie het hy nog geleef.

Anoniem ·

Ek hoop ek is reg as ek raai die dief en skieter is van dieselfde ras, want dan kan hierdie geval nie opgeblaas word as wit-op-swart geweld nie. Die gebeure plaas wel die vergrootglas op ‘n slagoffer se onmag wanneer dsy besittings gesteel word. (Ek besef die skieter wou die dief keer, al was dit nie sy goed wat gesteel is nie.) Teoreties mag ‘n slagoffer nie ‘n boef skiet wat met sy goed weghardloop nie. Hoe mag jy mens ‘n dief stop wat met jou goed weghardloop? Hom inhardloop en platduik? Ons is moeg om nie ons besittings te mag beskerm teen diewe nie. Die beste wat die skietet sal kom doen is om te sê hy het uit selfverdediging geskiet. Selfs dit is problematies, want dit is mes teen vuurwapen.

Petrus ·

Mes teen vuurwapen , moes hy eers iewers ook n mes gesoek het om homself te verdedig? Albei is n wapen dus kon hy skiet om homself en andere te beskerm.

Ouvrou ·

En dan se hulle dis oor hulle honger is dat hulle misdade pleeg. Seker dan ook dors of hoe?

lettie ·

Sy verdiende loon! Sat vir mense wat meen jou goed is hul eiendom!

Skutter ·

As iemand weet wat hy doen is ‘n mes (op kort afstand) meer dodelik as ‘n vuurwapen, ek reken die ou wat geskiet het het darem ‘n redelike saak om te verdedig. Vir die wat belangstel, google gerus die “Teuller Drill”. Op ‘n afstand van omtrent 7m of korter het ‘n aanvaller met ‘n mes ‘n voordeel bo ‘n persoon met ‘n vuurwapen in ‘n holster omdat hy vinniger kan hardloop en dan steek/sny – so 1,5 sekonders – as wat die gemiddelde skut kan uithaal en skiet.

Trots ·

Gemeenskapslede wat ingryp, Ek is baie trots op julle. Die polisie sou NIKS doen nie.

Andre ·

Vir my is daar nie ‘n kwessie van ‘hulle’ nie. Hy is ‘n krimineel. Hy het gesteel en ander se mense regte ontneem. Hy moet gestraf word. Was dit regverdig regtig om hom dood te skiet, glo darm nie. Maar in hedendagse S.A., wie is bereid om die kans te waag. Mense word vermoor teen ‘n erwarrende spoed. Mens kan nie meer kans vat nie. Die man wat die sneller gedruk het het ‘n besluit gemaak. Tot die presiese omstandighede navore kom, het hy sy en ander se lewens probeer beskerm…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.