Dranklisensie tydelik opgeskort ná agt se dood

Die voorval het by Osi's Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die voorval het by Osi’s Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die dranklisensie van ʼn kuierplek in Khayelitsha, waar agt jong vroue dood is nadat ʼn trapreling meegegee en ʼn stormloop gevolg het, is Donderdag tydelik opgeskort.

Die Wes-Kaapse dranklisensiëringstribunaal het die tydelike opskorting bekragtig nadat die eienaar van Osi’s Place, Phumlani Abraham, daartoe ingestem het hangende die uitslag van ʼn verhoor wat sal bepaal of sy lisensie herroep moet word. Die verhoor is op 17 Augustus.

Die Wes-Kaapse drankowerheid het die aansoek vir die tydelike opskorting gebring. Philip Prinsloo, woordvoerder van die owerheid, wou nie meer sê oor die fyner besonderhede nie aangesien hulle nog bewyse by die verhoor in Augustus moet voorlê. Hy meen wel daar is rede tot kommer omdat minderjariges glo in die kroeg toegelaat was.

Maroela Media het vroeër berig ses vroue is dood nadat ʼn trapreling meegegee het. Twee beseerdes het op pad na die hospitaal gesterf toe hulle in ʼn motorongeluk betrokke was. Volgens die polisie was al die vroue tussen 15 en 23 jaar oud.

Kort na die voorval het inspekteurs Osi’s Place besoek en dit tydelik gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Jong vroue word in die berig gemeld, volgens my was dit minderjarige tieners wat daar was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.