Drankraad verander van plan oor ‘naweekpas’

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse Drankraad het van sy plan, om handelstye vir drank tydens die komende naweek se ANC-vieringe te verleng, afgesien nadat die besluit wyd kritiek ontlok het.

Die drankraad het in ʼn verklaring gesê hy is vroeër oorval met versoeke dat die handelstye vir drank hierdie naweek verleng word en het besluit om wel die reëls hieroor vir die naweek te verslap. Volgens die raad is die besluit geneem om plaaslike toerisme en gasvryheid te bevorder.

“Nadat terugvoer van die publiek en ander sleutelrolspelers egter oorweeg is en daar met Lebogang Maile, LUR vir ekonomiese ontwikkeling in Gauteng, vergader is, het die drankraad besluit om nie meer die handelstye vir die komende naweek te verleng nie. Daar sal van alle alkoholhandelaars verwag word om by hul gewone handelsure te hou en wetstoepassers word versoek om die wet in ooreenstemming met hierdie tye toe te pas,” het die raad in die verklaring gesê.

Fhedzisani Pandelani, die voorsitter van die Gautengse Drankraad, het gesê die raad meen dit is in die beste belang van almal wat betrokke is om hul vorige besluit oor die handelstye terug te trek. Volgens Pandelani is daar wel genoeg oortuigende redes waarom die reëls oor drankverkope vir die naweek verslap moet word, maar die raad is bang ʼn verkeerde boodskap word uitgestuur dat die raad alkoholmisbruik aanmoedig.

“As die Gautengse Drankraad, glo ons in verantwoordelike alkoholverkope en ondersteun ons inisiatiewe wat daarop gerig is om alkoholmisbruik te beperk. Ons het ʼn verantwoordelikheid om toe te sien dat ons besluit nie alkoholmisbruik of toenemende alkoholgebruik aanmoedig nie en het daarom vinnig ons besluit hersien om sulke wanpersepsies reg te stel,” het Pandelani gesê.

Maile, wat vroeër die drankraad se besluit om die handelstye te verleng verwelkom het, het die raad weer geloof vir hul reaksie op die publiek se kommer en kritiek oor die besluit. “Ons regering is gerig op mense. Omdat ons ʼn regering is wat omgee, neem ons altyd die publiek se insette in ag en tree daarvolgens op. Selfs al het ons in die korrektheid van ons besluit geglo, is ons moreel verplig om gehoor te gee aan die reaksie van die publiek wat ons dien en om ons besluit dienooreenkomstig aan te pas,” het hy gesê.

Duisende mense sal na verwagting hierdie naweek na Gauteng reis om die ANC se 105de verjaardagvieringe in Orlando, Soweto mee te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lance ·

SO tipies van die mense ….die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie …WEER eier op die gesig !

pieter ·

Regering wat omgee ASB help tot die ANC hulle dink net aan hulle self net niemand anders nie nie eers hulle eie mense nie .

Chris ·

Smoke and Mirrors.
Hulle doen net wat hulle wil.
Drankverkoope gaan voort gaan maak nie saak wie wat se nie.

julius ·

Ongeag hulle hersiening van die besluit, gaan daar steeds baie drank verbruik/misbruik wees omdat shebeens hulle nie steur aan die drankwet nie.

suipgat ·

Ag nee, nou moet ek weer ‘n klomp brandewyn en coke saterdag koop vir my dors! sjjjjjjj

Johann ·

Oops. Terug na die kospakkie omkoop strategie van die ANC noudat do0 nie mee mildelik gegee mag word nie…MAAARRRR dan is dit ook weer die ANC so kyk hoe parteee en celobrhate hulle oor wat hul al gevat en verwoes het en nog gaan doen…Ok…n sober skare wat na Zumpie lyister?

popeye ·

Daai shebeen in Saxonwold waar Brian Molefe altyd gekoop het sal wel oop wees…24/7!

Marietjie ·

Die ergste vir my is dat besluite saam met ‘n paar drankies in die lyf geneem word. Nou verklaar dit die gemors waarin ons is.

bendons ·

Jy is in die kol. Dit kom voor Hulle het sover altoos besope besluite

jo-anli ·

Goed so Waarom moet altyd gedrink wod. TEE EN KOFFIEE koeldrank en Mek en water is nog lekkerder en kan feesvieringe met dit ook lekker gehou word.

Gideon ·

Jo-Anli nie vir die ANC nie…vir hulle net die duurste Johnny Walker!

Olga ·

ek begin al hoe meer dink, die ANC se op die media die goed want hulle weet almal gaan nou oortree, dis hoe hulle, hulle eie mense op stook……….

Natalie ·

So hoekom moes die Wet verslap word oordat die ANC wil partytjie hou? Is dit dan nie ‘n duidelike teken dat hulle dinge (die WET!!!) sal verander soos dit hulle pas nie? Koeldrank werk ook lekker by partytjies in elk geval…

Tammy ·

Nou wil ons die hele land se verkeersbeamptes aan diens he sodat alle bestuurders op die pad hierdie naweek getoets word vir alkhol gedrink. Dit sal die regte ding wees om te doen. Niemand is verhewe bo ander nie so niemand het toestemming om dronk te bestuur nie. Haal hulle uit ASSEBLIEF!!!!!!

Tom Weys ·

Dankbaar oor d drankraad se finale besluit Dit is in belang v veiligheid Baie dankie v almal se insette

Willem ·

Om toerisme ens ens tebevorder so met ander woorde mense oor see gaan nou vliegtuig kaartjies koop suid afrika toe vlieg vir n dop ASB KRY BETER VERSKONINGS en ek stem saam dit maak geen verskil want orals is plekke wat drank verkoop na wetige ure tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.