Drankrekening nog steeds nie betaal nie

whiskyDie ANC-jeugliga het nog steeds nie ʼn restaurantrekening van R83 000 by die Velvet Lounge-nagklub in Durban vereffen nie.

The Witness het Vrydag berig Emmanuel Bongumusa Gumede en Themba Dlomo, wat die twee dae lange partytjie in April gereël het, het glo nie die rekening betaal nie, al het Gumede dit destyds afgeteken. Daar is glo onder andere R24 000 op whiskey spandeer, en R10 000 op sjampanje.

Die ANC het hulself intussen van Gumede en Dlomo gedistansieer.

Die saak is by die polisie aanhangig gemaak, maar die ondersoek het glo tot ʼn stilstand gekom.

“Ek het die geleentheid gereël, maar ek was nooit verantwoordelik om daarvoor te betaal nie,” het Dlomo aan die koerant gesê.

Gumede is glo die direkteur van vier maatskappye wat almal in verskeie fases van likwidasie is. Dlomo het glo bande met die welgestelde ANC-sakeman, PG Mavundla.

Sboniso Duma, die provinsiale adjunksekretaris van ANC-jeugliga, was nie vir kommentaar beskikbaar nie. – SAPA

Lees ook:
ANC-jeugliga-lid kap restaurant-eienaar
ANC-jeugliga betaal glo nie R83 000-restaurantrekening nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Jammer meneer die restauranteienaar. U moes meer wysheid aan die dag gele het om sulke mense te vertrou. Nouja, as n mens n slag wil slaan dan dink n mens nie altyd so deurdag nie. Die hofkostes gaan ook nog n paar 1000 kos. Jammer maar leer tog nou maar!!!!!!!!!

Trippie ·

Duur skoolgeld vir hom.

NS: Dag dis net die liefde wat blind is. ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.