Drankverbod word nie opgehef

(Argieffoto: Yutacar/Unsplash)

Die verkoop van alkohol bly verbode gedurende die algehele landwye afsondering.

Die staatsprokureur het Vrydag in ’n verklaring bevestig pres. Cyril Ramaphosa het besluit om nie die drankverbod gedurende die algehele landwye afsondering op te hef nie ten spyte daarvan dat die Gautengse Drankforum gedreig het om regsaksie te neem sou die verbod nie opgehef word nie.

Luidens die verklaring word die verkoop van drank nie as ’n noodsaaklike diens beskou nie en sal die drankverbod dus nie opgehef word nie.

Volgens die staatsprokureur hou die verkoop en gebruik van drank ook verband met ’n toename in gewelddadige misdaad, motorongelukke en mediese noodgevalle. Gevalle van dié aard plaas druk op hospitale wat nie bykomende druk gedurende die Covid-19-pandemie kan bekostig nie.

Maroela Media het vroeër berig die forum het oor die naweek ʼn griefskrif aan Ramaphosa gestuur rakende die drankverbod tydens die afsonderingstydperk en het die president aanvanklik tot Dinsdag gegee om daarop te reageer. Ramaphosa het egter uitstel tot Vrydag gevra om op die griefskrif te reageer.

Die president raai alkoholverkopers aan om aansoek om finansiële bystand by die regering se programme vir ekonomiese bystand te doen.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jessey ·

Wel, hulle noem dit “Lockdown” ek noem dit “Rehab”

Cherokee ·

Raymond, daar is reeds kopiereg op daai ene toegeken aan iemand anders.

Boortor ·

Nou moet julle begin keer! Hier kom n ding wat julle gedink het gaan nie gebeur nie. Hoop julle kom reg! Daar gaan meer dooies wees as van die gogga.

Cherokee ·

Ek dink die nie-opheffing is ‘n uitdaging deur ramasomething.
Die drankraad het gesê (en dit maak absoluut geen sin vir my) dat, as die verbod nie opgehef word, sal hulle die hooggeregshof betrek. Raaighto.. hulle neem dit na die hooggeregshof en wen die saak nà die afsonderings-tyd, wanneer die kroeg op die hoek buitendien ook oop mag wees.. .

Bekkie ·

In die meantime kry almal ontrekking simptome van geen alkohol of tabak nie. Rokers het eendag kans gehad om voor te berei nou as jy gelukkig os 90 rand n pakkie stuyvesants. Ja drank en rook het nadele ons almal is bewus van dit maar laat jou minder bekommer oor wat gaan gebeur of die situasie wat jy in is. Eks al oor die lockdown.

Jaco ·

Die probleem hier is, n ou kan sy eie drank stook, dis goedkoop en dien sommer ook as n nuwe stokperdjie om die verveeldheid hok te slaan, maar siggarette is nou n moeilike een. Teen die tyd wat ek uitgefigure het hoe om tabak te groei (dis ook as die klimaat waar ek woon dit toelaat) is die lockdown al verby of het ek hopenlik my lus vir rook al verloor :)

Willem ·

Dit slaan my dronk dat die Eric Mabuza ( prok) nie deur cyril se plan kon sien nie. Dis n ou ANC dink om tyd te wen. Nou sinneloos op hof toe tegaan oor drank verbod

twaalfboor ·

Ek hou ook van my biertjie en my whiskey…… maar magtag dit lyk vir my of party mense gaan vrek om sonder dit vir ñ ruk te gaan.

Boortor ·

Nou praat jy!! Ek het die ding sien kom so ek is mooi aan die gang met dit. Vat bietjie tyd in die begin. Selfs my nukkerige buurman is nou n boesemvriend. Wou nooit met my praat nie. Dis mos nou nasie bou. Een bottel ruil vir vyf pakkies sigarette. Nie te sleg nie ek dink!

Jan ·

Hou die stoor toe . Daar is wel n staats amptenaar wat hom sal oop breuk

Scalla ·

Een groot klug, ek kan nou vir jou kry wat jy ook al wil hê, tot die keuse van die brand, natuurlik@ n prys, gee goedgekeuring vir open van drankwinkels en verkoop van sigarette, staat verloor miljoene aan belasting.

Strandloper ·

Die vogies ding maak sin maar die twakies ding maak my kop seer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.