Drankverkope Maandag ‘soortgelyk aan Black Friday’

Mense staan in toue voor die drankwinkel in Pretoria (Foto: Verskaf)

Alkohol kon Maandag vir die eerste keer in twee maande in Suid-Afrika koop en verkoop word en honderde Suid-Afrikaners het in lang toue gestaan om hul dors te les.

Alkohol kan weer ondervlak 3 van die afsonderingsregulasies gekoop en verkoop word en eienaars van drankwinkels sê hul verkope het die hoogte ingeskiet.

Foto’s van ellelange rye buite drankwinkels is Maandag op sosiale media versprei.

Brian Leroni, die uitvoerende hoof van korporatiewe sake by die Suid-Afrikaanse kleinhandelsreus Massmart Holdings, sê klante het Maandag na drankwinkels gestroom om weer hul drankkabinette op te vul.

Leroni sê dié kleinhandelgroep, wat onder meer Makro besit, het verwag dat die aanvraag hoog gaan wees en het die afgelope vier weke saam met belangrike verskaffers gewerk om te verseker dat genoeg drankvoorraad aangeskaf word.

Mense staan in toue voor die drankwinkel (Foto: Verskaf)

“Die hoë aanvraag na drank by Makro-winkels landwyd kan vergelyk word met die aanvraag op ʼn Black Friday in dié winkels,” sê Leroni.

Dié kleinhandelsreus verwag dat drankverkope tot Woensdag nog hoog gaan wees, waar die winkels daarna weer na ʼn normale handelspatroon sal terugkeer.

Leroni meen die beperking op drankverkope van Vrydae tot Sondae kan grootliks bydra tot die stormloop van klante gedurende die week.

Leroni sê meer sekerheidspersoneel is ook by drankwinkels aangestel om die rye klante te reguleer. Sy sê rakke is ook vinnig weer gepak sodra dit begin leegloop het om enige onnodige paniekaankope onder klante te vermy.

ʼn Drankwinkel in Midstream digby Pretoria het omtrent R600 000 se drank Maandag verkoop. Dit is drie keer die drankverkope op ʼn Saterdag by dié drankwinkel, het ʼn werknemer aan Maroela Media gesê.

Die rye voor Ultra Liquors in Bloemfontein (Foto: Verskaf)

Die Gautengse drankforum (GLF) het die regering se besluit om drankverkope weer van vlak 3 van afsondering toe te laat, verwelkom.

Fanny Mokoena, die president van die GLF, sê die drankwinkels het Maandag hul verkope verantwoordelik en in ooreenstemming met die forum se gedragskode bedryf.

Mokoena sê die onwettige handeldryf in alkohol wat ten tyde van afsondering toegeneem het, is wel nog ʼn bekommernis. “As dié onwettige handeldryf voortgaan, sal baie drankwinkels hul deure later moet sluit,” sê hy.

Volgens die forum kon van die kleinsakeondernemings nie onmiddellik weer begin handel dryf nie weens ʼn gebrek aan fondse wat nodig is om die winkels voor te brei en voldoende voorraad aan te koop. Mokoena sê hulle doen ʼn beroep op alkoholvervaardigers om ondersteuning aan dié ondernemings te verleen om die bedryf te help om die huidige finansiële krisis te oorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Dit is elke persoon se eie keuse om drank te koop. Maar dan moet hulle nie op straat hoeke staan en kamstig “kripeer van ellende” nie.

Johann ·

Dit word baie meer verantwoordelik gedoen as kruideniers aankope.

Misky ·

Laasweek het meeste mense gehuil en het nie kos nie en soek hulp. Maandag was meeste van hulle voor in die ry by die drankwinkels!!

Martie Smartie ·

Hoe weet jy dis dieselfde mense? Jy suig mos nou ‘n opinie uit jou duim uit

Kobus ·

Nou Moet julle weet hoe lank gaan die toue wees as die mense weer mag siggies koop en wanneer die haarkappers weer oop maak!

Willem ·

Black friday ag asb dis onmoontlik die mense het nie geld .dus n mite.

JohanR ·

My laaste bier nek die 21 April nog uitgelek, soe daai twee Heiniken’s Maandag het soe lekker geproe. Moenie aan ‘n bier saam met 15 ander familie lede ZOL nie, of kans is goed dat almal Covid-19 sal kry!

BFJ ·

In die goeie ou dae was ‘n glasie koue gemmerbier en soetkoekies op die Oujaarsdans goed genoeg gewees. Nou wil mense groot kleurvolle bottels met allerhande duiwelsdinge in hê om hulle knettervrolik te maak en sommer elke dag word ‘n geleentheid gesoek om fees te vier en die lewe te geniet. In die ou dae was die Afrikaner mense baie stoere mense. Hulle was kuis en innig en hulle het selde geglimlag soos dit hoort en hulle het nooit gerinkink en jolyt gehou nie. In daardie dae sou mens nooit ‘n jong mesie met ‘n rooi pruilmond aan ‘n glas drank sien drink nie en niemand het ooit die kat geknyp in die donker nie. Kyk net hoe het die gister by die drankwinkels tekere gegaan en hoeveel katte is nie net gisteraand in die donker geknyp nie!!.

katerinadiekat ·

“Het selde geglimlag soos dit hoort” …So jy is van die opinie dat mense mislike suurknolle moet wees om ordentlik te wees? En wat is fout daarmee om gereeld geleenthede te soek om die lewe te geniet? Ek self is maar n huishen, hou nie juis van uitgaan nie, en alhoewel ek rook, drink ek nie. Maar liewe hemel ek gun ander hul plesiere in die lewe. Veral in hierdie land, is mens nooit seker of enige gegewe dag jou laaste is nie. So bly ek is nie jou vrou of kind nie!!

koos10 ·

BFJ, dis wat ons vooruitgang noem.
En jy sit so vroom op die internet en selfoon of rekenaar en tik.
In Amerika is daar ‘n gemeenskap waar jy wonderlik sal inpas.
En as dit dan duiwelsdinge is, hoekom sou die die eerste wonderwerk van Jesus gewees het????????
Behalwe as ek jou verkeerd verstaan het en jy dit met sarkasme bedoel het?

Wanda ·

Ag siestog kry vir jou n bier en knyp die kat in donker want jy klink maar droog en alleen

netekalleen ·

My lam gelag vir ou malamatjie wat.toys gegooi het oor net wit mense wat nou drank soek. Waar hy toe die lockdown net begin het op video gevang is met n dop in die hand.
Sal ook enige geraas maak net vir die feit van geraas maak

Corne123 ·

Ja kyk mens moet vinnig spring coor Zuma dit ook dalk stop weer soos met sig

Martie Smartie ·

Skok dit jou? Los die mense hulle spandeer mos hulle eie geld

Martie Smartie ·

Lekker laf. Ek was ‘n uur terug by Liquor City in Centurion en daar was geen ry nie, het net ingestap en gekry wat ek wou he. Nou vir wat sal jy vir ure so staan soos die klomp gister? Dis tog logies dat mens moet wag tot die storm verby is dan gaan dit stil wees.

Fedup ·

Looking at these photo’s makes me so damn mad i can pop a vein.
Why did we let this circus get such a stranglehold on us?
It really is sad and pathetic.

Mariska ·

I understand people’s frustration, but what else could they do? It’s one thing to rage against the government behind a computer, but another thing to do something about it. What were people supposed to do? Break into liquor stores that were closed? Loot? And then what? Get arrested?

Gawie ·

Dis regtig hartseer om te sien dat drank só ‘n belangrike rol in mense se lewens speel. Om só lank in toue te gaan staan vir iets wat nie noodsaaklik is nie, gaan my verstand te bowe. Was vandag by ons plaaslike winkelsentrum, en geen toue by die drankwinkels nie. Gister se ouens kon maar nog ‘n dag uitgehou het.

koos10 ·

Het iemand nie asb vir by ‘n R800.00 bottel lockdown brandewyn nie. Ek drink nie meer die cheap goed wat hulle in die drankwinkels verkoop nie!!!☺☺☺☺

Vrijburger ·

Jou grapgat! :)
Ek het baie duur drank gekoop om as geskenke saam te vat wanneer ons nou weer in SA gaan kuier. Maar met die grense wat gesluit is, is ons vlugte ook gekanseleer. Twee maande in die “korona-huisares” en ek het al die geskenke opgedrink.

marius ·

Onwettige handelaars gaan veroorsaak dat hul deure sluit? Soos onwettigge handelaars tabak handel in die grond in gedryf het ? Nee , ons weet presies wie en waarom dit gedoen is .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.