Drankwinkel-werker vas ná hy drank onwettig smous

Die drank waarop die polisie beslaggelê het. (Foto: Verskaf / SAPD)

’n 36-jarige werknemer van ’n drankwinkel in Prieska in die Noord-Kaap is Saterdag in hegtenis geneem op aanklagte dat hy alkohol onwettig verkoop het en dus rampbestuursregulasies onder vlak 4 van die nasionale inperking oortree het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag, ’n dag ná dié voorval, aangekondig dat drankverkope ná ’n vier week lange algehele verbod weer gedeeltelik toegelaat word. Dít sluit in dat alkoholverkope van Maandag tot Donderdag tussen 10:00 en 18:00 toegelaat word.

“Die verdagte is Saterdag op heter daad betrap waar hy alkohol aan lede van die publiek verkoop het.

“Polisiebeamptes het die middedorp gepatrolleer toe hulle verdagte aktiwiteite by ’n drankwinkel in Stewartstraat opgemerk het. Die man het ook kontant – vermoedelik die opbrengs van sy onwettige verkope – in sy besit gehad,” sê kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder.

Die drank waarop die polisie beslaggelê het. (Foto: Verskaf / SAPD)

Volgens Tawana het die man Maandag vlugtig in die Prieska-landdroshof verskyn.

Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die saak weer sal voorkom en of die verdagte verder vervolg gaan word nie.

Tawana het polisiebeamptes vir hulle paraatheid geloof.

Maroela Media het vroeër berig dat die huidige opheffing van die verbod op drankverkope ’n welkome verligting vir die drankbedryf is.

Die drankbedryf in Suid-Afrika het verskeie kere reeds beswaar teen die regering se verbod op drankverkope te midde van die Covid-19-pandemie aangeteken en ook gesê dat sodanige verbod onwettige handel stook.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Robert ·

En het kriminele gemaak van mense wat net wou besigheid doen.

Harley Davidson ·

Hierdie is belaglik,teiken persone wat drank verkoop en vergeet van regte misdaad,pleks teiken hulle die dwelm smouse of regte kriminele wat regte misdaad begaan.

Anna-Marie ·

Ons is moeg van swaar kry. Cyril maak alles oop sodat ons kan terug keer na ons werke. Ons in die drank bedryf kry die swaarste nou. Asseblief.

Misky ·

Die tronke sal vol wees as hulle dieselfde tyd in die townships spandeer.

Hennie J ·

Die siel sal die volle mag van die owerheid ondervind. Dis makliker en verg minder breinkrag om hom tot by oom Daantjie in die kalwerhok te vervolg as wat dit is om regte krimineel te vang.

Sêmanet ·

Dit is wel verkeerd wat hy gedoen het, maar dit was darem nie hierdie homemade gemors nie.

Sarel ·

Inperkimgsregulasies moet dien as versagtende omstandighede

Elinette ·

O wee, en waar gaan daardie drank waarop daar beslag gelê is, heen???????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.