Drankwinkeleienaar skiet rower met dié se wapen dood

Argieffoto: Kent Williamson

Een beweerde rower is doodgeskiet en twee ander in hegtenis geneem nadat hulle ʼn bottelstoor in Bloemfontein beroof het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdagaand plaasgevind.

“Vier mans het die winkel in Hangerstraat teen 20:20 binnegegaan en op almal geskree om op die grond te gaan lê,” het Mbambo verduidelik.

Volgens Mbambo het een man ʼn wapen gehad en die ander ʼn mes. “Hulle het die Chinese eienaar deursoek en sy selfoon en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevat. Iemand het die polisie in kennis gestel van die rooftog en die verdagtes het probeer weghardloop toe die polisie by die toneel opdaag,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo het die eienaar van die winkel na bewering agter die verdagtes aangehardloop en in die een wat die wapen gehad het vasgehardloop. “’n Struweling het plaasgevind en die verdagte het die wapen laat val. Die eienaar het dit na bewering opgetel en skote afgevuur,” het Mbambo gesê.

Twee verdagtes, 25 en 26 jaar oud is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die wapen waarvan die reeksnommer afgevyl is.

ʼn Saak van moord is teen die eienaar aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Die wortel van die probleem is Binnelandse Sake en dan die polisie en ons regstelsel. Wat dui hulle aan op die Binnelandse aansoek en die kundigheid wat hulle na die land bring? Of is daar dalk ‘n paar groen blare agter aan geheg soos die Guptas?

MissDemeanor ·

Praat jy van die rowers? Dit is dalk Suid Afrikaners.

Riaan ·

Hoop maar regtig hierdie klag is net n formaliteit en sterf gou n stille dood.

msp ·

10 uit 10 vir die Chinees asook die Boer wat in Witrivier se polisieselle toegesluit is. Julle het julle self beskerm teen die gruwelike aanvallers wat Suid Afrika daagliks tuister en sodoende gehelp om Suid Afrika ‘n klein bietjie veiliger te maak. Ons dink aan julle en bid vir julle met die hofsake wat voorle. Ons hoop ook dat Solidariteit en Afriform wat baie gekant is teen die geweld en rowe op onskuldige burgers in Suid Afrika betrokke sal raak en julle sal bystaan in die moeilike tyd. Vredevolle Suid Afrikaners is moeg vir die feit dat krimenele so te se die land al oorgeneem het en omdat hulle daagliks blootgestel is teen die daaglikse gevare.

EJ ·

Hoe belaglik. As die eienaar nou geskiet was. Die land is n sirkus.

Mike Kaapstad ·

Volgens Mbambo het die eienaar van die winkel na bewering agter die verdagtes aangehardloop en in die een wat die wapen gehad het vasgehardloop. ????? wonder hoe kry hy dit reg , seker ingehardloop ……………….

Adri ·

‘n Bottelstoor is ‘n bergplek vir bottels. Die winkel wat drank verkoop, is ‘n drankwinkel soos die opskrif lui.

Bottel ·

Ek gaan sommer nou dadelik bottelstoor toe en koop n kas Whiskey. Dalk n bottel rum en n bottel bier ook.

Johan Greeff ·

Die rower was ongewapen toe die Chinees die wapen by hom afgeneem het. Jy mag onder normale toestande nie ‘n ongewapende persoon doodskiet nie, want hy hou nie normaalweg ‘n lewensbedreiging in nie. Seker die spesifieke details sal uitkom.

Kopskud ·

Nou wonder ek……wat het geword van die voorneme dat die polisie eers ‘n GO (geregtelike doodsondersoek) dossier sal aanlê om te bepaal of iemand wel verantwoordelik gehou kan word in so geval voordat ‘n moord-dossier net eenvoudig oopgemaak word.

Swartkat ·

Die nuwe aangepasde Suid Afrikaanse Regstelsel waar die rower onskuldig is totdat die teendeel deur die staat bewys is en die slagoffer skuldig is en toegesluit word totdat hy bewys dat hy onskuldig is .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.