Drawwer (59) sterf ná hy inmekaar sak

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik 59, is Saterdagoggend dood ná hy inmekaar gesak het terwyl hy gedraf het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 08:20 naby Arbourweg in George plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het die man geen reaksie of oënskynlik opvallende tekens van lewe getoon nie,” het Siddall gesê.

Paramedici het vir nagenoeg 30 minute kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas.

“Die man is ongelukkig op die toneel dood verklaar; daar was niks wat ons vir hom kon doen nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boet Fasie ·

MM dit moet seker Saterdagoggend wees en nie Sondagoggend nie

Landi Slatter ·

Dagsê Boet Fasie

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reed gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

FM ·

Seker n dom vraag: as n man draf en hy sak inmekaar en pramedici verklaar hom dood. EN nou ondersoek die polisie die voorval!!! Kan iemand die voorval asb verduidelik

Poppie ·

Die polisie moet voorval ondersoek om te kyk of daar nie vuilspel was nie en wat tot sy dood gelei het. Net normale hartaanval of n storie agter die storie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.