Drawwer beroof, bewusteloos in rivier gegooi

(Argieffoto)

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het ʼn dringende beroep op die polisie gedoen om diegene betrokke by die aanval op ʼn vrouedrawwer verlede week, aan die pen te laat ry.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die vrou het omstreeks 05:45 op die pad tussen Mataffin en Sabie gaan draf toe sy aangerand, van haar drafhorlosie beroof en glo bewusteloos in die Krokodilrivier gegooi is.

Die vrou het kort daarna haar bewussyn herwin, kon na die oewer swem en hulp ontbied.

“Die polisie moet die oortreders agternasit en dringend alle leidrade opvolg, want die verdagtes gaan nie na die polisie toe kom nie,” sê LUR Vusi Shongwe.

“Indien ons die oortreders suksesvol straf, gaan ons gemeenskappe saamwerk in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.”

Shongwe het die voorval nie net as ʼn aanval op die slagoffer bestempel nie, maar as ʼn voortgesette aanslag op veral vroue en kinders. “Ons moet almal saamwerk om die vlaag van geslagsgebaseerde geweld te stuit sodat vroue en kinders in vrede en sonder vrees dat hulle aangeval kan word, kan leef.”

Hy het ook die polisie gevra om dié en ander voorvalle van geslagsgebaseerde geweld met ʼn groter sin vir dringendheid te ondersoek en te verseker oortreders het nie wegkomkans nie.

Shongwe het ook ʼn beroep op drawwers gedoen om nie alleen in afgeleë gebiede te stap of te draf nie, veral nie in die donker nie, maar dit eerder in groepe te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

tweeling ·

Hou op om mense te waarsku, begin om ‘n vrees en respek by mense te ontwikkel as hulle met die polisie te doen het en leer die polisie om hulle werk te doen.

Deon ·

PRESIES!! Probleme moet op die regte plekke gesoek word,, erken word,, opgelos word

Korrelkop ·

Neem peper sprei met jou saam as jy gaan draf. Jy kan dit selfs teen ‘n hondeaanval gebruik.

Eugene ·

Dit is jammer om dit te sê maar vir sommige mense is vrouens en kinder net nog n klomp ‘consumables’ wat gebruik en dan weggegooi word. Die polisue blyk glad nie in staat om dit te keer nie en die regering en veral justisie doen te min aan die vlaag van misdadigheid in die land

melaney ·

Misdaad in Suid Afrika het totaal handuit geruk. Howe is oorvol met te min mannekrag. SAP sal jy raakloop by enige KFC. Hulle stel doodeenvoudig nie meer belang nie. Die veiligste manier om jouself en jou geliefdes te beskerm is om vooruit te dink. maw MOENIE MOENIE jouself/geliefdes in ‘n penarie plaas en dan dink jy kan op die SAP staatmaak nie. JY KAN NIE.

Anthony ·

“Die polisie moet die oortreders agternasit en dringend alle leidrade opvolg, want die verdagtes gaan nie na die polisie toe kom nie,” sê LUR Vusi Shongwe………HOW INSIGHTFULL ??! That’s why she /he gets paid the big bucks…

isabelle ·

kan nie eers meer toe oe slaap in jou eie huis sonder vrees nie
so draf of alleen stap sal ek ook nie eers wil probeer nie :(

Dup ·

So gaan dit elke dag oral in SA.Misdaad het hierdie land oorgeneem.

Chris dupreez ·

Die polisie is die groot oortreders hier, en moet beslis ontslaan word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.