Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is saam met die brandweerdienste en ʼn reddingspan na die toneel ontbied. Hulle het die 19-jarige vrou gesien waar sy aan die onderkant van ʼn krans lê waar sy vroeër gehardloop het.
“Reddingswerkers moes spesialis-toerusting gebruik om in die ravyn af te beweeg na waar die vrou was. Sy is daar op ʼn spesiale draagbaar geplaas en teruggebring na die pad aan die bokant van die ravyn,” het Meiring gesê.
Hy het gesê die vrou het glo gereeld in die gebied gaan draf en het die dag glo gegly en in die ravyn geval. Sy is na die Hillcrest-hospitaal gehaas.
Wat is ‘n ravyn.
Letterlik ‘n skeur in die aarde.
Dankie dat jy geva het, Eddie. Nou weet ek ook.
Ek praat onder korreksie, maar ek dink dis n kloof. Dalk effens anders, maar dis hoe ek dit verstaan.
@Eddie (en ander) – ‘n ravyn (Eng.: “ravine”) is ‘n kloof – letterlik ‘n opening in rots – dikwels deur water (rivier) weggekalf wat breed bo begin en al hoe nouer afloop na onder.
Eddie,dit is nog n voorbeeld van hoe ons taal deur swak taalgebruik verkrag word. Dit is n direkte vertaling van die woord ravine, wat eintlik n diep kloof is. Nou gaan dit weer vir my gesê word dit is n erkende afrikaanse woord. Sies Maroela!
Dagsê Rowan
Die woord “ravyn” kom via Frans oorspronklik uit Latyn rapere (“gryp”). Dit is ‘n smal, nou kloof met skerp kante, gewoonlik deur water ingevreet. (Uit: Handwoordeboek vir die Afrikaanse Taal). Dit is die Afrikaanse vertaling van “gorge”.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Afrikaanse woord vir ‘gorge’