Drawwer kom op vrou se lyk af

Die polisie op die toneel. Foto: CERT

ʼn Centurion-inwoner het Dinsdagoggend op die liggaam van ʼn vrou afgekom toe sy gaan draf het.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 06:20 in Basheestraat in Doringkloof plaasgevind.

“ʼn Onbekende vrou, vermoedelik in haar 40’s en ʼn huiswerker, is dood toe sy met ʼn skerp voorwerp gesteek is,” het Miller gesê.

“ʼn Inwoner wat gaan draf het, het op haar liggaam afgekom en die polisie ontbied. Die motief vir die moord blyk in dié stadium ʼn straatrooftog te wees. Die polisie se forensiese eenheid is egter nog op die toneel en sal alle moontlikhede vir die aanval ondersoek.”

Miller het gesê voorlopige inligting dui daarop dat die vrou deur ʼn skraal man in donker klere aangeval is. Die man het vermoedelik in die rigting van Jeanlaan gevlug en die polisie het ʼn soektog na die verdagte van stapel gestuur.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Miller het ʼn beroep op die publiek gedoen om te alle tye wanneer hulle gaan stap van hul omgewing bewus te wees. “As jy vermoed iemand agtervolg jou of nader jou van voor af, steek die straat oor. As die persoon ook die straat oorsteek, roep dadelik om hulp,” het hy gesê.

Paramedici op die toneel. Foto: CERT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Danie ·

Tragies.
Ja jy moet altyd op jou hoede wees. Jy moet weet wat in ‘n radius van ‘n kilometer rondom jou aangaan. Dit sodat die polisie rustig in die stasie kan slaap.

Bok ·

Dit is net nie moontlik om elke sekon van die dag wees nie.
As God nie bewaar nie is dit ‘n verlore styd!!!

rollie ·

Is die vrou ‘n huiswerker of is ‘n vrou en ‘n huiswerker vermoor?

dr. Sakkie van der Merwe ·

Praat jy Danie, kom 2 weke gelede om 03:00 by ons polisiestasie – stilte – niks – niemand. Ongelukkig het die Bloulyn baie dun geword tussen ons en die skelms.

Francois ·

Ha…..Is dit jy Sakkie ?
Jy bedoel seker Parow polisie stasie.
Good luck broer

Spieeltjie ·

Ek bel een aand die polisie want ek hoor hoe breek hulle by die huis oorkant ons in. Die polisie se antwoord was: ” Hulle het net een voertuig en dis op die oomblik erens anderste besig. Hulle weet nie wanneer hulle by ons gaan uitkom nie.”

Liberaal ·

Ja maar moet nie dink julle mag self iets daaraan dan doen nie, dan moet julle opsy staan en die aanvaller se liberale regte respekteer (ek self bly darm in ‘n veiligheidskompleks so dit is nie soveel van toepassing op my nie).

GM ·

Ja nee kyk, die raad wat darem uitgedeel word agterna. Beveilig die land, dan hoef niemand oor hul skouer te loer as hul net wil gaan stap nie.

Estelle ·

My oorlede ma wat by ons gewoon het vertel my eendag toe ek van die werk af kom die volgende…Sy het toe sy in die waskamer besig was iemand in ons agterplaas gehoor. Ma het dadelik die polisie gebel en toe hul by ons huis opdaag sien hul n vrou besig om goed in ons vullisdrom te plaas. Ma het na die boonste verdieping gegaan en op die balkon gaan staan waar sy hoor hoe die een polisieman aan die ander vertel…aag dit is maar net n vrou laat haar gaan. Nou vra ek vir jul…wat is die verskil tussen n man en n vrou wat misdaad pleeg. Dit is mos ook diefstal. Toe ek gaan kyk waar ons drom is is dit sowaar weg dus moes die vrou weer teruggekom het. Iets drasties sal gedoen moet word om misdaad te bekamp maar dit kan alleenlik gedoen word as alle polisie hul werk doen. Ek het baie respek vir ons polisiemanne/vroue op wie ons regtig kan staatmaak.

JoeV ·

Sien nog dagliks dames wat alleen op straat loop of draf. Kan dit nie verstaan nie.

HD ·

Ek werk in die Doringkloof omgewing, naby die telkomkantore en weet daar is plakkers wat in die veld bly langs die N1 snelweg. Sal dalk ‘n goeie ding wees vir die polisie om daar te begin…

Afrikaanse Knaap ·

‘n Skraal man met donker hare? “That really narrows it down…”.
My meegevoel vir hierdie vrou se mense. Jammer julle.

Casper Labuschagne ·

Geen mens kan 100% van die tyd bewus wees nie. En hulle wag geduldig vir daardie oomblik wat hulle sien dat jou aandag elders is. Ek gaan stap laatmiddag, maar deesdae is dit reeds vroeg donker en ek moet boonop ‘n rivier oorsteek. Laas week was daar twee agter wat vinnig nader draf net toe ek in die brug ingaan, en ja daar steek twee aan die ander kant van die brug die pad oor om van voor af te kom. Ek het net weggekom deur ten spyte van die swaar verkeer op die geelstreep tussen die twee bane vir motors te loop en so die brug oor te steek terwyl hulle my aan weerskante volg.

M'lize ·

Ek sukkel regtigwaar om positief te bly. Daar is dae wat ek al die dankbaarheid en goedheid in die lewe kan omhels … maar dan kom daar dae wat ek regtig sukkel daarmee. (En nee, ek het geen “neigings” van enige aard nie – ek werk net met te veel trauma – sien te veel van die werklikheid).

Sonop ·

M’Lize
My skoonsus wat in platteland kliniek suster was
se stories het my oneindige respek vir die onbaatsugtige werk wat sy en nog 2 hulpverpleegsters verrig het gegee. So gewens sy
het boek geskryf. Hou onbeskaamd vas aan die
goeie en mooi in jou lewe dit is gekoop en betaal
met Jesus bloed. Vrees niks hier op aarde jy loop nooit alleen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.