Drawwer sterf ná motor hom tref

Inligting oor die voorval en foto’s van die man se besittings is sedert Woensdag op sosialemediaplatorms versprei om die man se familie te probeer opspoor (Foto: Concerned Citizens South Africa, Facebook)

’n Drawwer wat Woensdagmiddag deur ’n voertuig in Pretoria getref is, het ’n dag later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die man kon sedertdien nog nie geïdentifiseer word nie omdat hy geen identifikasie by hom gehad het nie.

Die voorval het omstreeks 17:00 op die Solomon Mahlangu-rylaan tussen Old Farm- en Petrick-weg in Faerie Glen plaasgevind.

Volgens Casper Visser, woordvoerder van Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU), het die drawwer, ʼn wit man in sy 40’s, ernstige kopbeserings opgedoen en is per ambulans na die Steve Biko-hospitaal geneem.

Die horlosie wat op die toneel gevind is – waarop inligting moontlik kon wees – is tydens die ongeluk beskadig (Foto: Concerned Citizens South Africa, Facebook)

Die man het Donderdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Inligting oor die voorval en foto’s van die man se horlosie, tekkies en sleutels is sedert Woensdag op sosialemediaplatorms versprei om die man se familie te probeer opspoor.

Die man kon teen Donderdag nog nie geïdentifiseer word nie omdat hy nie ’n selfoon of enige vorm van identiteit by hom gehad het nie. Die horlosie wat op die toneel gevind is – waarop inligting moontlik kon wees – is tydens die ongeluk beskadig.

“Iemand het my Vrydagoggend geskakel en beweer dat hulle familie van die drawwer is, maar dit moet nog bevestig word,” het Visser gesê.

Maroela Media het navraag oor die voorval aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leonard ·

Drawwers MÓÉT VERBIED word om op paaie te draf waar dáár VERKEER is!
Dan SOEK jý vír ‘n ONGELUK om té gebeur!

Nella ·

Nee, bestuurders moet eerder leer om hul oe oop te maak terwyl hul bestuur. Meeste is nog op die selfoon. Waarvoor is ‘n sypaadjie daar? As jy in jou baan hou, dan is dit nie nodig om iemand langs die pad raak te ry nie. RIV

saggiespraat ·

Ek stem saam fiets ryers ook, hulle vat die hele pad op n klein din dubble pad
dan moet jy ver verby hulle ry in aankomende verkeer terwyl die aan koomende verkeer
op hulle selfoon sit en klaar oor die wit lyn ry …. EK WENS MENSE KAN NET Verstaan ons betaal lic om in die pad te ry daar is nerens anders om te gaan as die pad nie a
sypaatie het waar hulle kan ry of hardloop so dus maar die Government se skuld ook
almal het nie karre waar moet jy dan loop. en ry jy die mense om dan is jy in so groot moeilikheid en die aankoomende verkeer wat dit dalk veroorsaak het ry weg en los
jou met die gemors

Perdeby ·

Ek stem 100% saam met jou. Dit geld vir al die fietsryers ook. Kry ‘n geldige lisensie om daar te draf of fiets te ry dan is hulle dalk welkom.

Misky ·

Hoe tragies en baie bestuurders ry soos maniake en vat vet kanse. En hoe erg vir familie as hulle van sy besittings op sosiale media herken en so te wete van sy afsterwe kom. RIV

Kokkie ·

‘n Wit man ???? Hier by ons is iemand deur ‘n man vermoor. Raai wat……….

Misky ·

Ek dink hulle soek moontlik steeds sy familie en die inligting sal help

Kattebol ·

My man is daar verby terwyl die paramedic met die beseerde besig was op die sypaadjie. Daar het ‘n taxi ook gestaan.

Perdeby ·

Ek se nog altyd as jy wil draf gaan draf waar daar nie verkeer is nie, en behoorlike geriewe vir drawwers is, en dit geld vir al die fietsryers ook. Ons wat ons voertuie ry betaal ‘n lisensiefooi elke jaar om daar te kan ry. Betaal dan kan jy ook daar draf of fiets ry.

Kobus ·

@Toetie, ja want alle drawwers en fietsryers het geen voertuie nie en betaal geen fooie vir die gebruik van paaie nie. Asook geen belastings gelde word deur hulle betaal nie.

Chantel ·

Die polisie kan sy Wahoo hartmonitor na CycleLab vat, van hulle tegniese ouens sal op sy rekening kan sien wie hy is en ook op sy horlosie.

Ansie ·

RIV Vreemdeling. Innige simpatie met en sterkte vir sy geliefdes. Dis ‘n aaklige manier om só van ‘n familielid/vriend se dood te verneem.

Johan ·

Motoriste stop blatant op sypaadjies, en ry soos mal goed, waar moet mense stap/draf. Motoriste is uiters arrogant.

Johan ·

As drawers en fietse nie in die pad mag draf nie mag jy ook nie op die sypaadjies stop of dit blokkeer met jul bou rommel en tuine nie, en motoriste is almal skuldig daaraan. Motoriste stop blatant op sypaadjies, en ry soos mal goed, waar moet mense stap/draf/fietsry! MIEMAND stop by voet oorgange nie, meeste stop by verkeersligte bo-oor die voetganger baan. Kyk bietjie hoe maak mense tuin maak op sypaadjies. En terloops, as jy in die dorp bly betaal almal belasting om die pad en sypaadjies te gebruik, definitief nie net motoriste nie. Nee wat, motoriste is uiters arrogant.

Dirk Mostert ·

Na verskeie noue ontkomings langs die hoofpad draf ek nou hoofsaaklik op veldpaadjies buite ons dorp. (Drafskoene hou ook langer) Die grootste gevaar is altyd motoriste wat verbysteek langs ‘n drawwer. Daar is ook moedswillige bestuurders wat op jou afry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.