Drawwer sterf ná taxi hom tref

Netcare 911-paramedici is vroegoggend na die toneel ontbied (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood toe ʼn minibustaxi hom in Cato Ridge tussen Durban en Pietermaritzburg raakgery het. Die man het glo ten tyde van die voorval gedraf.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is vroegoggend na die R603-pad in Cato Ridge ontbied.

“Volgens berigte het die man ʼn drafuitrusting aangehad en glo gedraf toe die minibustaxi hom getref het,” bevestig Herbst.

Paramedici het die man op die toneel probeer bybring, maar hy het aan sy beserings beswyk.

Maroela Media het navraag oor die voorval aan die polisie gerig, maar hulle het nie meer inligting gehad nie.

ʼn Swanger vrou is dieselfde oggend in die middestad van Durban deur ʼn motor getref.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is Donderdag vroegoggend na Anton Lembede- (Smith-)straat ontbied. Daar het hulle die swanger vrou, wat as ʼn munisipale werker geïdentifiseer is, in die pad aangetref.

“Volgens ooggetuies het die vrou roetine-skoonmaakwerk in die pad gedoen toe die voertuig haar getref het. Sy het matige beserings opgedoen,” sê Van Reenen.

“Paramedici het haar op die toneel gestabiliseer voordat sy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Dit is nog nie duidelik of haar ongebore baba ongedeerd van die voorval afgekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kaptein67 ·

Ek neem aan oom cele gaan nou aanbeveel dat geen voertuig meer vir privaat gebruik geregistreer mag word nie.

Pieter J ·

Alewig die taxis maar niemand wend ooit ń poging aan om iets daaraan te doen nie.

Dirk Mostert ·

Dis deesdae riskant om op ons paaie te draf of fiets te ry. Ons draf in die regterkantse geelbaan om aankomende verkeer te sien. Dit het egter meermale gebeur dat ‘n verbystekende voertuig van agter se windstroom my byna van my voete geruk het. Daarom het ek verskeie veldroetes (5 tot 10km) afgemeet om ons dorp en vermy die hoofpad.

Retha ·

Wat net so gevaarlik kan wees, want die onheil skuil in die afgeleë plek

Nico ·

Die taxi bestuurders is van die mees ongedissiplineerde wat op die pad is, dink mos die paaie behoort net aan hulle.

Co ·

Ek hol al 38 jaar en het al baie uit die pad gespring vir motors wat op my/ons afpyl. En dit is nie net taxi’s nie, mense stop nie meer by stoptekens nie, dit is vandag ‘n toegee teken. Vroue met klein kinders ry net stadiger en ry dan maar deur! Ek vra myself altyd af – “hoe maak julle jul kinders groot, as julle nie die basiese wette van die lewe kan toepas nie, en dit met jul kinders saam aan jul sy?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.