ʼn Middeljarige man is laat Woensdagmiddag dood toe hy oudergewoonte gaan draf het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 het gesê die voorval het omstreeks 17:33 in Hillsidelaan in KwaZulu-Natal plaasgevind. Volgens Botha is die man in sy vyftigs.
“Dit blyk die man het net inmekaar gesak toe hy gaan draf het. Mense het hom gekry, ons gebel en dadelik met hartmassering begin,” het Botha gesê.
Volgens Botha is die man op die toneel op ʼn ventilator geplaas en het hulle hom 30 minute lank probeer bybring.
Die man is egter op die toneel dood verklaar.
Botha het drawwers gemaan om nie te oefen indien hulle siek is nie, veral nou vir die Comrades-marathon.
Ek dink dat 100% , nee, wees konserwatief maak dit 95%van mense van mense wat sterf ONVERWAGS is?