Drawwer sterf skielik

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Donderdag in Pinetown in KwaZulu-Natal dood toe hy gaan draf het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het die man in Entabeniweg gedraf toe hy skielik inmekaargesak het.

“Paramedici was teen 18:45 op die toneel. Inwoners was besig om noodhulp op die man toe te pas,” het Jamieson gesê.

Paramedici het by die inwoners oorgeneem, ʼn ventilator aan die man gekoppel en verder gepoog om hom by te bring.

“Ná sowat 30 minute het die pasiënt geen tekens van lewe gewys nie en is hy op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die man se dood is nie bekend nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elana ·

Daar is die bewys…. ek het altyd geweet draf is sleg vir jou!!!

Louise ·

Elana… Bly om te sien jy kan nog n grappie vertel na iemand se dood.
Maar dis hoe onsensitief mense al geword het teenoor die dood, want dis mos nie jou familie wat geraak word nie.
Sterkte aan die man se naasbestaandes!

Spokie ·

Dis baie hartseer. Dis moontlik dat hy die Miocarditis virus onder lede gehad het. Dit gebeur gewoonlik as mens ‘n griep of verkoue virus onder lede het en die virus tas jou hart aan. Dit is hoekom dokters se jy moet rus as jy griep het.

Ellisras ·

Dit is hoe die lewe werk. Die fikse ou met perfekte massa. Die handboek voorbeeld van gesondheid sal doodgaan. Die oor gewig ongesonde ou word 70. Daar is geen waarborg in die lewe nie

HPV ·

Daar sterf daagliks honderde onfikse mense Dit is so algemeen dat dit nie nuuswaardig is nie.

Mvn ·

HPV as dit nie nuss waardig is nie hoe weet jy van die honderde wat daagliks sterf weens onfiksheid? Ek vra maar net :)

HPV ·

Waarneming, kyk hoeveel mense wat jy ken of van hoor sterf aan byvoorbeeld hartverwante siektes. Minder fikses sterf ongeag hul ouderdom.

Lee ·

Ai dis verskriklik. Baie sterkte aan die man se familie in die moeilike tyd!

Afrikaanse Knaap ·

Ek kyk deesdae dokumentêre op Net se flieks, waar hulle praat oor die kos wat ons moderne samelewing eet, en dat die eerste tekens van wanwoeding, dikwels die dood is.
Baie sterkte aan hierdie man se naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.