Dreigbrief oor TV-lisensie: Betaal R0,00 of word beboet …

(Foto: Unsplash)

Dís wat hy mis van Suid-Afrika, skerts Joe Stolley oor ʼn aanmaning vir sy agterstallige TV-lisensiegeld.

Die belaglikhede.

Stolley, wat in 2017 tydelik saam met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis het, het ʼn aanmaningsbrief van ʼn skuldinvorderaar wat namens die SAUK optree, gekry. Hierin word hy gewaarsku dat hy ʼn volle R0,00 agterstallig is en dat ʼn boete van R26,50 gehef gaan word vir elke maand wat hy dié geld nie vereffen nie.

“Ek het amper agteroor geval. Iemand het my nog nooit vantevore gejaag omdat ek hulle géén geld skuld nie.”

Stolley sê hy het, nadat die gesin na Nieu-Seeland verhuis het, aanvanklik steeds sy TV-lisensie betaal. Dit was net makliker, sê hy, want sy pogings om die SAUK destyds te oortuig dat hy landuit gaan en nie meer ʼn TV-lisensie wil hê nie, was nutteloos. Die SAUK was oor daai TV-lisensie soos die duiwel oor ʼn siel. As hy boonop nie finansieel ook emigreer nie, moes hy opdok, het die openbare uitsaaier volgens Stolley volgehou.

Joe Stolley en sy gesin woon tans in Nieu-Seeland. (Foto: Facebook)

Hy besit egter steeds eiendom in Suid-Afrika, sy familie woon nog hier en hy beoog om later vanjaar of aanstaande jaar met sy gesin na Suid-Afrika terug te keer. Stolley sê hy het dus nie deur dié proses van finansiële emigrasie gegaan nie.

In ʼn stadium het hy wel besluit hy gaan nie meer betaal vir ʼn lisensie in Suid-Afrika nie – en in dié tyd het hy nie ʼn enkele woord van die SAUK of sy skuldinvorderaars gehoor nie. Omdat die gesin beoog om weer na Suid-Afrika terug te keer, het Stolley egter besluit om die wetsgehoorsame ding te doen en maar weer te betaal vir ʼn TV-lisensie.

“Ek wou nou nie vir ʼn agterstallige TV-lisensie in hegtenis geneem word wanneer ek in Suid-Afrika op die lughawe land nie,” spot hy.

Hy het die lisensiegeld betaal – en toe kom die aanmaning. Die nul-rand moet betaal word, of anders gaan daar gevolge wees. Die aanmaning lui ook dat indien Stolley sukkel om al sy finansiële verpligtinge na te kom, kan ʼn “vriendelike konsultant” hom help om ʼn “bekostigbare terugbetalingsreëling” te tref.

“ʼn Mens kan net daaroor lag. Dít is ʼn nuwe ondervinding vir my.”

Stolley sê selfs al word die brief deur ʼn rekenaar gegenereer en uitgestuur, behoort die stelsel tog die een of ander waarskuwing te gee as die bedrag nul is.

“Oudpres. Jacob Zuma se syferkundigheid was skrikwekkend sleg, maar hierdie poging is selfs erger …”

Sosialemediagebruikers het heerlik saamgelag en met die aanmaning die spot gedryf.

Een het Stolley aangemoedig om maar die agterstallige geld te betaal om ʼn boete te vermy, terwyl ʼn ander vriend aangebied het om teen ʼn billike rentekoers ʼn paar rand vir Stolley te leen om sy skuld te delg.

Nog iemand het hom sterkte toegewens om die agterstallige bedrag bymekaar te probeer skraap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Swerwer ·

Mooi man. Onthou die ANC soek geld om hul rekening by SARS te kan betaal en vir die verkiesing. Hul moet darem vir oulaas “pocket” voor hul die son sien ondergaan.

Quina ·

ja nee kyk die land van ons is enige iets moontlik, ek het myne 2 jaar terug al gekanseleer maar steeds kry ek n rekening.

minnie muis ·

jip … jare terug het die balu vir ons kom kuier oor “ons lee erf” langs ons huis wat oorgroei is . hoe meer ons se maar dis nie ons sin nie maar municialiteit hoe meer word ons gedreig, einde van saak gaan man toe maar na die munisipaleit en vra vir brief om te se erf behoort aan hom, en hy het baie geduld en wag omtrent 2 ure … toe kom daar so wagelende eend uit en se sorry sir but the yard in question belong to ladybrand municipalietit ………!

Zacahara ·

Dalk moet hy reëlings tref om dit oor 24 maande af te betaal….!!!! Lol!!!

Pablo ·

Ja die ANC (African National Crooks) sirkus hou net nooit op nie. Geen wonder hulle het nie meer geld nie die ewe onbekwame skuldeisers vreet alles op.

Misky ·

Lekker vir die lagspiere. En hierdie is maar druppel in die emmer en Telkom is net so erg

Shakespeare ·

Die onnosele kaders vra nou al rente vooruit. ????????

Annelize ·

Prokureur klink net so onnosel soos die SAUK, seker ‘n tjommie van een van die Bestuurslede wat hulle “invorderingswerk” vir hulle doen, natuurlik teen hopelose inflated pryse.

Di ·

EISH ja, Wat meer kan mens verwag in die korrupte land en “our people”

Jannie van Niekerk ·

Genugtig, ek dink die man moet politieke assiel in Nkandala vra. Daar sal hy net Zeroty zero en zeroty rand hoef te betaal…

Althes ·

Never a dull moment in Suid-Afrika! Altyd iets om oor te grinnik en te lag.

Adelaide ·

Ons het ons lisensie in 2013 gekanselleer by die SAUK – kry nou die dag sms van prokureurs. Halooooo! Wat verstaan julle nie – ons het nie meer tv’s nie!!! Idiote

Nie Verbaas ·

Niemand het nodig om iets te sê nie. Alles verduidelik dit self van intellektuele vermoë.

casper ·

Aag — Ek kry nou al vir 6 jaar lank elke maand ‘n Telkom rekening vir R0.00. Na 4 keer hulle probeer vertel het ek op gegee.

Jr ·

Weet jy SA is net nog ‘n grap vir die wêreld. En soos Trump gêse het “just another s” *’ #@hole in Afrika

Annelize ·

My man is eenkeer oorgegee oor ‘n Tandartsrekening wat in KREDIET was!

Vrou bel op my selfoon, bitter ongeskik oor die rekening wat nou al so lank uitstaande is. Ek vra haar om my ‘n afskrif te stuur van die rekening wat sy ook toe doen, want ons dra geen kennis. Ek het onmiddelik gesien die rekening is in ‘n minus, en bel haar toe terug en vra haar maar waar het sy geleer om ‘n staat te lees, die rekening is dan in ‘n minus. Die vrou het haar bloediglik vir my vererg en sommer die foon in my oor neergegooi. Ek het my byna slap gelag. Nodeloos om te se, dit was die laaste van die storie.

Misky ·

Lekker gelag nou Annelize en jy moes haar eintlik gesê het jy is oppad om jou geld/krediet te gaan haal – ha ha ha ha

Chris ·

Nou kan n mens duidelik sien hoekom ons land in so gemors is. Wat n grap!!

Jacobus ·

Die enigste een wat al die pad bank toe lag hier, is die prokureur betaal deur n reeds bankrot SAUK.

Dup ·

Jy kan nie met onnosel argumenteer nie want jy gaan elke keer die argument verloor.Dit is waarom ons ou landjie se geldsake beroerd is en die geldjies so stil stil verdwyn.Want niemand is bekwaam genoeg om boek te hou nie.”A comedy of errors”.

melaney ·

Volgens iemand wat by SAUK werksaam is, betaal die meeste mense nie hul tv lisensies nie. Gedurende die afgelope paar maande was daar heelwat besprekenings hieroor en sover my kennis strek, is dit nie meer nodig om te betaal nie want SAUK gaan nou ‘n ander manier vind om die geld te verhaal. Indien iemand meer kennis hieroor het, luister ek graag.

Lourens CFG ·

Ek sal ook baie graag wil weet. My debietorder trek elke maand R28 af vir donkie jare al.
Hierdie maand trek hul R22 af.

Fred ·

Hulle wil mos nou almal wat slim fone het of wat n data konneksie of DSTV het ook laat TV lisensies betaal omdat hulle kan toegang kry tot SABC…

Magda G ·

Tipies v mense wat nie die werk kan doen nie
R0.00 en dan aanmaning. Onmoselheid

Werner ·

Ek wonder nou net…… Wat het dit hulle nie gekos om die brief deur die regsfirma te laat optrek en uit stuur nie?

Blikkies ·

Stuur hulle n bewys van n betaling vir R0.00. Onnosele goed.

Niklaas ·

Dis soos om te probeer argumenteer met ‘n uiters beskonke ou . Jy kan net lag en wegstap

Martie Smartie ·

Sjeim, die arme SABC probeer als in sy (on)vermoë om lisensiegeld in te samel, selfs nul balanse. ‘n Tjek vir R0.00 sou gepas gewees het, soos iemand meld, en die SABC sou dit seker gaan bank ook nog en R20.00 bankkostes betaal. En oor 5 jaar vir die man laat weet dat tjeks nie meer ‘n wettige betaalmiddel is nie, sy balans is nou R100. Die Prokureursorde behoort daardie regsfirma te ondersoek want hulle stuur ongegronde eisbriewe uit. Skrap hulle sommer.

appelm ·

Ek betaal inelkgeval nie myne nie, hulle is nie n “financial provider nie” en ek kyk ook nie SABC nie so ek skuld hul niks…lol

Danie ·

Hierdie belaglikheid terwyl tienduisende satellietskottels pryk op al wat shack is langs die hoofpaaie en die inwoners openlik geen lisensiegeld betaal nie.

Winnie ·

Net in Suid Afrika. Weer iemand met 2 breinselle en hulle hou nie handjies vas nie

NWT ·

In die reenboognasie is vele tricks…. SABC soek seker geld vir ANC om sy werkers te betaal. N Vriend van kry n aanmanings brief van n prokuruer dat hy n sekere selfoon maatskappy R3000 skuld en met sy koste by is dit R4200. N week later kry hy dieeselfde brief wat lui die koste is nou R12000. Ek wil nie eers dink wat die koste nou ksn wees nie. Ook n ander punt mens. Al is jou rekening by n winkel op R0 maar jy het hom nie gesluit nie gaan vind uit elke maand wat jy moet betaal. Daar is iets soos maandelike kaart fooi , rekening beskermings fooi, fasiliteits fooi as jy nie die rekening sluit nie. Ek betaal dit elke maand op rekening wat ek n R 0 balans het.

Jack ·

Net in SA sal seker as n rekenaarfout afgemaak word. Amptenare maak mos nie foute nie.

Karina ·

Dit klink soos die geval van my vriendin wat 3 jaar gelede afgetree het, was self by SARS en sy is meegedeel dat alles reg is, sy is nou klaar met SARS. Die week kry sy 2 x ‘n sms dat sy R0.03c skuld, en binne 40 dae moet betaal. Hoe betaal jy 3c as daar nie eers meer ‘n 1c muntstuk is nie? Sulke belaglikhede is ‘n mors van tyd en geld. Ek het ou 1c munte, vir haar vertel dat ons SARS toe moet ry, en aandring op ‘n kwitansie en met 3 x 1c muntstukke betaal, maar dit is nie die petrol geld werd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.