‘Dreigemente’ om hospitaal tot stilstand te bring

Argieffoto

Stakers dreig glo om bedrywighede by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg Woensdag tot stilstand te bring.

“Ek is uiters bekommerd oor die dreigemente. Personeel en pasiënte het vir my gesê dat die dreigemente wyd in die hospitaal verkondig word en dit veroorsaak angstigheid,” het Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Dit volg nadat sommige stakende werkers by dié hospitaal verlede week vullis, insluitend mediese afval, in die gange van die hospitaal uitgegooi het.

Volgens Bloom is die meeste van die betogers lede van die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (Nehawu), insluitend verpleegsters, skoonmakers en portiere, maar daar was ook mense van buite betrokke.

Hy het gesê die protesaksies hou moontlik verband oor die niebetaling van oortydgeld en prestasiebonusse en die werkers beweer dat die bestuur nie met hulle oor dié kwessies kommunikeer nie.

“Die Gautengse departement van gesondheid moet effektief optree om die hofinterdik wat hy teen stakende werkers verkry het, af te dwing. Verdere ontwrigting by dié belangrike hospitaal sal ʼn verskriklike uitwerking op die welstand van pasiënte hê,” het hy bygevoeg.

Bloom het gesê alle pogings moet aangewend word om gesondheidsdienste te handhaaf en arbeidsgeskille vreedsaam en spoedig op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Spike ·

Watse prestasie bonusse. Staatsinstellings behaal geen prestasies in SA nie, maar betoog en breek nog meer af. Julle mense ly daaronder en julle hou van dit. Dit is normaal.

Maggie ·

Die SAPD is die peace keepers, so dan moet die Weermag kom skiet? Net n vraag…..

Vra net ·

Wat se weermag? Die wat nou in die weermag is is net so sleg – die goeie Ou Manne is lankal weg of naby aan aftrede. Kom ‘n mens by ‘n Militere hospitaal sit al wat ‘n weermag lid is op sy 6de rugwerwel en niks doen nie. Die onkruid staan hemel hoog om nie eens te praat van die rommel nie. Nee wat – ou weermag sou iets miskien kon uitrig maar ek twyfel baie sterk aan die weermag van vandag nie

Selfbeskikking ·

Hulle het absoluut geen morele probleem daarmee om mense in hulle sorg te laat sterf nie. Ons waardes is heeltemal onversoenbaar en ons kan nie n land deel nie, ons moet onsself regeer en ons eie hospitale hê. Laat ons daarvoor met die buiteland en ons regering onderhandel.

Selfbeskikking ·

Ons het nog grond, ons het nog ekonomiese mag, en internasionale reg en hulp aan ons kant. Ons is sterk innoverende mense, entrepreneurs, opbouers, terwyl die ANC aanhangers niks daarvan het Nie, hulle kan net vir social grants en huise wag wat inelkgeval van ons af kom.

Marietjie ·

Mense wat in hospitale en klinieke werk moet n verklaring teken wat stakings verbied . Dit noem ek wette.

Genade? ·

Ons vir jou Suid Afrika?
En so moet my man die Dermatoloog daar sien môre oggend.
Vat mens die kans en ry of hoe???

Arizona ·

Al is daar nie n staaking aan die gang by die hospitaal nie, lyk die plek altyd soos n varkhok. Daar is geen beheer by die Charlotte Maxeke hospitaal nie

Daan ·

Sulke dinge by ‘n hospitaal aanvang!? Gewetenlose tiepe mens. Despicable!!

Reguit ·

Hierdie toedrag van sake is ‘n voorbeeld van die direkte gevolge van liberale ideologie en linkse denke.

Johanna Botha ·

Die hospitale is reeds byna tot stilstand so dit gaan dalk nie eers n ontwrigting wees nie

Oom Kalahari ·

Om ‘n ordentlike Staatshospitaal met goeie en uitstekende publieke diens te kan kry gaan jy baie ver soek. Dalk een uit elke vyftig. Kan net nie verstaan hoe hierdie noodsaaklike Staatsdiens instelling kan staak nie en dit was nooit so nie.

m.d.r ·

Dis jou grondwetlike REG, om te protesteer teen wat jy ookal meen jou werkgewer verkeerd teen jou gedoen het …..

Dis NIE jou reg om jou na saakbeskadiging, geweld teen onskuldige partye te wend nie.

Dis tyd dat die regime sy eie grondwet tot die letter begin gehoorsaam…
Dank hierdie mense summier af…daar is baie watbitter graag daar sou wou werk.

Ongelukkig is daar twee dinge in die drinkwater—-Regstellende Aksie en die CCMA….
Beide skeppings van die ANC……..!!

wilma ·

Die firma waar my dogter werk, betaal die afgelope vyf jaar geen bonusse nie en hulle is ook meegedeel dat daar geen verhogings sal wees nie. Die keuse vir die werknemers – hou jou mond en wees dankbaar jy het nog werk of gaan soek groener weiveld!

RH ·

Ja! Dis wat gebeur wanneer jy mense MOET aanstel volgens ras en nie kwalifikasies nie! Die kwalifikasies is lankal nie meer deel van die verwagtinge nie! Julle het mense in diens geneem met beloftes destyds! kom dit nou na of gee hulle vuurhoudtjies om alles af te brand en klaar te kry want AFDANK/FIRE gaan julle nie reg kry nie! Lankal nie meer nie! Los laat hulle alles uit mekaar uit haal, afbrand en breek. Waar daar nie n gebou staan nie is daar nie werk nie! Ek wil sien hoe lank gaan die land der-duisende mense salaris betaal wat nie werk nie! Inteen deel, sal daar dan genoeg staff wees om ander hospitale vol te maak wat te kort aan staff is! En as dit weer gebeur, is dit nogsteeds hul eie skuld want hulle het beloftes gemaak en verwagtinge is geskep!! pasop!!! julle moes daai tyd hieraan gedink het maar so leer ons almal op n later ouerDOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.