Die Ekurhuleni-metro het kennisgewing gegee dat sy busdienste Dinsdag opgeskort gaan word weens dreigemente wat ontvang is in aanloop tot ʼn beplande taxi-staking.
Themba Gadebe, die metro se woordvoerder, het Maandag gesê die streek se taxibedryf het kennis gegee dat van sy lede reg oor Ekurhuleni gaan betoog.
“As gevolg van die verwagte protesaksie wil die metro inwoners in kennis stel dat sy busdienste as voorsorgmaatreël opgeskort sal word nadat dreigemente van geweld ontvang is,” het Gadebe gesê.
“Pendelaars word aangemoedig om Dinsdag alternatiewe vervoerreëlings te tref. Busdienste behoort weer teen Donderdag ten volle in werking te wees.”
Gadebe het verskoning gevra vir die ongerief en gesê dat pendelaars met ʼn gratis rit vergoed sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Niks is gratis nie, Gadebe. Die getroue belastingbetalers sal vir die rit betaal.
Walglik dat ń groep die hele stelsel omver gooi met dreigemente. Waar word daar dan nog wetstoepassing in SA gesien.
Laat hulle staak staak vir n jaar lank minstens sal die paaie veilig wees
Taxis ry die paaie stukkend …hou nie by die padreels nie …betaal niks tolgelde …betaal GEEN belasting …en as hy bots het hy nie versekering nie wat nog van n lesensie
Nou as SAPS en metro van dit weet wat gaan hulle doen?