Dreigemente ontvang voor taxi-staking

Argieffoto ter illustrasie (Quantum-minibus)

Die Ekurhuleni-metro het kennisgewing gegee dat sy busdienste Dinsdag opgeskort gaan word weens dreigemente wat ontvang is in aanloop tot ʼn beplande taxi-staking.

Themba Gadebe, die metro se woordvoerder, het Maandag gesê die streek se taxibedryf het kennis gegee dat van sy lede reg oor Ekurhuleni gaan betoog.

“As gevolg van die verwagte protesaksie wil die metro inwoners in kennis stel dat sy busdienste as voorsorgmaatreël opgeskort sal word nadat dreigemente van geweld ontvang is,” het Gadebe gesê.

“Pendelaars word aangemoedig om Dinsdag alternatiewe vervoerreëlings te tref. Busdienste behoort weer teen Donderdag ten volle in werking te wees.”

Gadebe het verskoning gevra vir die ongerief en gesê dat pendelaars met ʼn gratis rit vergoed sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Niks is gratis nie, Gadebe. Die getroue belastingbetalers sal vir die rit betaal.

TS ·

Walglik dat ń groep die hele stelsel omver gooi met dreigemente. Waar word daar dan nog wetstoepassing in SA gesien.

Michael ·

Laat hulle staak staak vir n jaar lank minstens sal die paaie veilig wees

Johanna Botha ·

Taxis ry die paaie stukkend …hou nie by die padreels nie …betaal niks tolgelde …betaal GEEN belasting …en as hy bots het hy nie versekering nie wat nog van n lesensie

Johannes ·

Ek is verby GATVOL vir hierdie gemors aan wie ons land deur verraad weggegee is en wat ons nou regeer…. God help ons!

Spark Plug ·

Ek verwelkom die staking…dan is die pad meer veiliger. Nou wonder ek, as hulle staak, wie sukkel om by die werk te kom. Dis om n gat te grawe net om self daarna daarin te val

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.