Dreigemente sal Agrizzi nié stuit

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa. Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA

Die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek het Donderdag gehoor sekuriteit is opgeknap vir Angelo Agrizzi, fluitjieblaser en voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, nadat hy verskeie dreigemente ontvang het.

Agrizzi was Donderdag terug in die getuiebank voor die kommissie om verder te getuig oor die beweerde bedrog en korrupsie by dié maatskappy asook die invloed van sy uitvoerende beamptes op politici en staatsamptenare.

Volgens adv. Paul Pretorius, ʼn lid van die kommissie se regspan, “het die ondersoekbeamptes gisteraand [Woensdag] ʼn boodskap van ʼn baie senior polisiebeampte ontvang wat gesê het dat [Agrizzi] se lewe bedreig word”. Hy het na dié boodskap verwys as “betroubare inligting”.

Agrizzi het dié inligting bevestig en vertel dat hy glo voortdurend dreigemente ontvang, onder meer ook ʼn brief in Zoeloe wat op die voorruit van sy motor gelaat is. Pretorius het gesê dié brief, wat vertaal moes word, het na Agrizzi se ma verwys. Hy het ook gesê dat die brief daarop wys dat wie ook al dit geskryf het, presies geweet het met watter motor die voormalige bedryfshoof ry.

Agrizzi het vertel dat hy geleer het om dreigemente van dié aard gelate te aanvaar, maar om ook om meer ag daarop te slaan. Hy het wel gesê dat dié dreigemente hom nie sal verhoed om verdere onthullings oor Bosasa en diegene wat na bewering omgekoop is om regeringskontrakte vir die maatskappy, nou bekend as African Global Operations, te doen nie.

Adjunkregter Raymond Zondo het gesê hy wens mense wil ophou om getuienisse te ontmoedig.

“Daar is geen twyfel dat daar baie mense landwyd is wat nié wil hê hierdie kommissie moet slaag nie, maar daar is talle mense in die land wat wel die kommissie ondersteun. Ek glo laasgenoemde groep sal seëvier en dat almal van ons sal aanhou om die regte ding te doen,” het Zondo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann cb ·

Is Gavin Watson al arresteer vir sy beweerde aandeel in die bedrogspul?

marco polo ·

Nee man, dis n kommissie, nie n hofsaak nie. Hulle praat net.

Wonder ·

Vra dit, van die ander verskyn in die hof, maar Watson het blykbaar steeds aanklaers op sy pay roll. Of dalk het die Hwkas nog nie sy naam in die koerant raakgelees nie. Hulle benodig mos n kommissie om hulle werk vir hul te doen

Karolis ·

Daar is sekerlik genoeg geld iewers weggesteek wat wagte kan betaal om hom op te pas.

Bietjie baie ·

Daar is beslis meer mense in Suid Afrika wat die Zondo Kommissie se werk ondersteun as die korruptes wat dit in die wiele wil ry. Intimidasie is die woord. Dalk nog Jacob Zuma, Gigaba, Blade, Brown en Kie.

Sterk staan Adjunk Regter Zondo.
“Don’t blend in, stand out”

Die finale oorwinning vir die Suid Afrikaanse Economie sal wees as die arrestasies begin..

ne ·

Agrizzi maak baie anc kaders bang want hulle name mag dalk ook genoem word. Nou dreig hulle vir Agrizzi. Sal hom seker wil uithaal as hulle kan.
Kan nie wag om bekendes/berugtes in oranje pakkies te sien nie

Waarheid ·

Wonder of ramapaddapot – top 6 – almal gearresteer gaan word want die lot het mos almal omkoopgeld ontvang lees ek
Deur die bank korrup tot op die been die hele spul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.