Dreigemente teen elektrisiteitkontrakteurs raak dienslewering

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die Stad Kaapstad het gesê hy is teleurgesteld om aan te meld dat kontrakteurs, wat in Gugulethu aan elektrisiteitsinfrastruktuur werk, weer bedreig word en deur plaaslike kontrakteurs verhoed word om hul werk te kan doen.

Burgemeesterskomiteelid Siyabulela Mamkeli het in ʼn verklaring gesê die plaaslike kontrakteurs eis dat alle kontrakwerk eksklusief aan hulle toegeken word.

“Die stad veroordeel hierdie optrede ten sterkste,” het Mamkeli bygevoeg. “Alhoewel die Stad fokus op plaaslike arbeidskomponente in al sy kontrakte, kan eise, dat tenders eksklusief toegeken moet word aan een groep kontrakteurs, nie aanvaar word nie. Om kontrakteurs te verhoed om werk in die gebied te doen, beïnvloed ook reaksietye en kan daartoe lei dat meer as 10 000 gebruikers sonder elektrisiteit sit as ʼn grootskaalse kragonderbreking ondervind word.”

Mamkeli het gesê die stad vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word aan inwoners in die gebied wat wag dat diensleweringsprobleme opgelos moet word. Die Stad Kaapstad doen alles in sy vermoë om seker te maak die saak word opgelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Ons weet almal hoekom hierdie eis gestel word… te lekker gratis-konneksies en ever-ever-lekker… Daai lekker drade wat die lug so deurkruis en kinders doodskok…. maar moenie worry nie… ons het redes nodig om op te ruk teen die sisteem en die wrede, wrede munisipaliteit wat nooit… ooit…. Ons betaal ook nie vir water nie… gratis…. gratis…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.